Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

10.6.26

Kruie vir kwale: Diabetes

In die Oos-Kaap word 'n aftreksel van die vrugte van suurvye gebruik om diabetes te behandel.

♦♦♦

Die kanniedood (Catharanthus roseus) word in ander dele van die wêreld gebruik vir die behandeling van diabetes. Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.

♦♦♦

Sitroengras kan help om bloedsuikervlakke te beheer, wat belangrik is vir die voorkoming van diabetiese niersiekte.
Hoe om te gebruik:
Tee: Week 1-2 teelepels gedroogde sitroengras in warm water vir 5-10 minute. Beperk tot 1-2 koppies daagliks.

♦♦♦

Boegoe kan bydra tot die handhawing van gesonde bloedsuikervlakke.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir diabetes.

♦♦♦

Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik. Mense gebruik dit vir diabetes, maar daar is geen goeie wetenskaplike bewyse om hierdie gebruike te ondersteun nie.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir diabetes.

♦♦♦

Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir diabetes.

♦♦♦

So min soos 1 gram borrie saam met ontbyt help om die geheue te verbeter van persone wat in die vroeë fase van die ontwikkeling van diabetes is.

♦♦♦

Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir diabetes.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

9.6.26

Kruie vir kwale: Spysvertering

Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.

♦♦♦

’n Aftreksel van die bas van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van slegte spysvertering. Week die bas 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van slegte spysvertering.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir spysvertering. Die bitter smaak van die tee help ook om die aptyt aan te wakker.

♦♦♦

Vir probleme met spysvertering. Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦

Die blare en wortels van die kaneelbol word gebruik om ’n tee te maak vir die behandeling van probleme met spysvertering.
Sny ’n stuk wortel van 1 cm skoon en 2 teelepels gekapte blare. Laat dit trek in ’n koppie kookwater vir 5 minute en gooi deur ’n sif voor jy dit drink.

♦♦♦

Kou ’n paar groenment-blare vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning. Drink dit vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir spysvertering.

♦♦♦

Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy hulp nodig het met spysvertering.

♦♦♦

Maak tee met pietersielie vir hulp met die spysvertering.

♦♦♦

Tee van origanum help dit met spysvertering.

♦♦♦

Tee van marjolein help met spysvertering.

♦♦♦

Kruisementtee help vir spysvertering.

♦♦♦

Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Gebruik pietersielie by jou kos as jy ly aan slegte spysvertering.

♦♦♦

Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld slegte spysvertering.

♦♦♦

Drink vinkeltee.

♦♦♦

Vars basielkruid help die liggaam om kos beter te verteer.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars groenment-blare. Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee drink.
Drink dit vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Aalwyn kan vertering bevorder deur maagsappe te stimuleer en absorpsie te verbeter.
Neem 1–2 eetlepels (≈30–60 ml) aalwynsap daagliks, voor ete.
Gebruik slegs gesuiwerde aalwynsap.

Vermy indien:
Swanger of borsvoed (kan baarmoeder kontraksies stimuleer).
Diuretika, lakseermiddels of hartmedikasie neem (risiko van interaksies).
Nierprobleme het of inflammatoriese dermprobleme soos Crohn se siekte.
Korttermyn gebruik aanbeveel: Terwyl korttermyn gebruik veilig lyk vir die meeste volwassenes, is daar te min inligting beskikbaar oor langtermyn gebruik.

Begin laag: Begin met minder as 2 eetlepels daagliks om toleransie te bepaal voordat dit verhoog word.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.6.26

Wat help vir kouekoors / koue koors?

Wat is kouekoors?

Kouekoors word gewoonlik veroorsaak wanneer ’n siekte die liggaam se temperatuur beïnvloed. Jou liggaam voel dat die temperatuur moet hoër wees en dit laat jou voel asof jy koud kry.
Dit word gewoonlik meegebring deur virale of bakteriële infeksies. Bakteriële infeksies word met antibiotika behandel, virale infeksies moet hul gang gaan.

Wat help vir kouekoors?

Daar is ’n paar dinge wat jy kan doen om jou simptome te verlig en beter te voel:
Bly gehidreer: Drink baie vloeistowwe, soos water, kruietee of warm sop, om te help om jou liggaam gehidreer te hou.
Rus: Kry baie rus om jou liggaam te help om die infeksie te beveg en energie te bespaar.
Oor-die-toonbank medikasie: Oor-die-toonbank pynstillers soos ibuprofen kan help om koors en ander simptome te verlig.
Stoom inaseming: As jy stoom uit ’n bak warm water of ’n warm stort inasem, kan dit help om benoudheid te verlig en asemhaling te vergemaklik.
Gorrel: Gorrel met warm soutwater. Dit kan help om 'n seer keel te verlig.
Bly warm: Hou jouself warm en gemaklik deur warm klere te dra en jouself met komberse toe te maak.
Vermy die verspreiding van die infeksie: Bedek jou mond en neus wanneer jy hoes of nies, en was jou hande gereeld om te verhoed dat die virus na ander versprei word.

As die volwassene se koors onder 38ºC bly hoef jy nie bekommerd te wees nie. Kinders kan egter koorsstuipe kry by hierdie temperatuur.
Kry mediese hulp indien die koors gepaard gaan met ernstige bewing, rukbewegings, klappertand of indien dit wissel tussen kouekoors en sweetaanvalle.



(Foto: Alex Greene)

5.6.26

Wintershande en -voete / Pernio

Wintershande en -voete (pernio) is die brandende, jeukende geswel van hande en / of voete as gevolg van blootstelling aan koue.

Die koue veroorsaak dat die bloedtoevoer ingekort word.

Oefening help om die bloedsomloop te verbeter.

Boereraat:
Spyker balsem, waarvan die hoofbestanddeel terpentynolie is, kan gebruik word vir wintershande en-voete.

♦♦♦

’n Mengsel wat jy kan voorberei vir wintershande, -voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem:
1 kg room met ’n waterbasis
50 mℓ gliserien,
1 klein potjie wit Vaseline (reukloos)
100g Johnson's babapoeier.

Meng alles saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele.

♦♦♦

Meng helfte kerswas en helfte paraffien en smeer soggens en saans aan. Dit help ook vir gebarste voete in warm weer.

♦♦♦

Hou jou voete in warm water waarin paraffien is.

♦♦♦

Vryf geweerolie aan jou voete.

♦♦♦

Sit in die son en vryf paraffien aan jou voete.

♦♦♦

Smeer terpentyn aan wintervoete.

♦♦♦

Maak 1 eetlepel kalk aan met 1 bottel kookwater. Laat staan vir 24 uur voor dit afgegooi word. Gooi ´n eetlepel kalkwater oor elke bord kos wat jy eet.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



Soekgids aanwysers: winters voete, wintersvoete

4.6.26

Floute

’n Floute is ’n kort verlies van bewussyn – wat gewoonlik slegs ’n paar minute duur. Dit word veroorsaak deur ’n tydelike vermindering van die vloei van bloed na die brein. Herstel is gou en volledig.

Dit kan ’n senuweeagtige reaksie op pyn of skrik wees; of die gevolg van ’n emosionele gebeurtenis, moegheid of gebrek aan kos. Dit is egter meer algemeen na lang tydperke van geen fisiese aktiwiteit, waar gebrek aan spieraktiwiteit veroorsaak dat ’n groot volume bloed in die onderste dele van die liggaam en bene versamel en dus die hoeveelheid bloed verminder wat vir sirkulasie beskikbaar is.

Simptome en tekens
Die simptome en tekens is baie dieselfde as vir skok, maar:
• Die pols sal STADIG en swak wees – dit is ’n belangrike teken
• Die persoon sal bleek wees

3.6.26

Kruie vir kwale: Prikkelbare-dermsindroom

Die eerste stap om jou gesondheid te verbeter is altyd ’n drastiese leefstylaanpassing. ’n Gesonde dieet en oefening moet deel van jou weeklikse roetine word. Medikasie en ander behandeling is net tydelike oplossings.
Neem 1–2 eetlepels (≈30–60 ml) aalwynsap daagliks, voor ete.
Gebruik slegs gesuiwerde aalwynsap.

Vermy indien:
Swanger of borsvoed (kan baarmoeder kontraksies stimuleer).
Diuretika, lakseermiddels of hartmedikasie neem (risiko van interaksies).
Nierprobleme het of inflammatoriese dermprobleme soos Crohn se siekte.
Korttermyn gebruik aanbeveel: Terwyl korttermyn gebruik veilig lyk vir die meeste volwassenes, is daar te min inligting beskikbaar oor langtermyn gebruik.

Begin laag: Begin met minder as 2 eetlepels daagliks om toleransie te bepaal voordat dit verhoog word.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2.6.26

Asma by volwassenes

Baie mense weet wat die algemene simptome van asma is, soos kortasem, maar weet nie van ander gevaartekens soos slapeloosheid, borspyn en ’n aanhoudende hoes nie.

Heelwat volwassenes sal later in hul lewe asma ontwikkel en sal lank daarmee sukkel voor hulle weet wat fout is. Die rede is dat hulle nie die tradisionele simptome het wat kinders gewoonlik het nie. Dit is dus belangrik dat ’n spesialis jou diagnoseer.

1 uit elke 200 volwassenes wat nog nooit in hul lewe asma gehad het nie gaan dit later in hul lewe kry. Volwassenes het gewoonlik die volgende simptome: (Die persentasie dui aan hoe algemeen dit voorkom. Die syfers is gebaseer op onlangse navorsing.)

Kortasem (89%)
Hyg na asem (85%)
Aanhoudende hoes (65%)
Borspyn (54%)
Slapeloosheid (51%)

Asma by volwassenes kan baie goed beheer word. Praat met jou dokter hieroor as jy vermoed jy het dit onder lede.