Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



18.7.16

Asma by volwassenes

Baie mense weet wat die algemene simptome van asma is, soos kortasem, maar weet nie van ander gevaartekens soos slapeloosheid, borspyn en ’n aanhoudende hoes nie.

Heelwat volwassenes sal later in hul lewe asma ontwikkel en sal lank daarmee sukkel voor hulle weet wat fout is. Die rede is dat hulle nie die tradisionele simptome het wat kinders gewoonlik het nie. Dit is dus belangrik dat ’n spesialis jou diagnoseer.

1 uit elke 200 volwassenes wat nog nooit in hul lewe asma gehad het nie gaan dit later in hul lewe kry. Volwassenes het gewoonlik die volgende simptome: (Die persentasie dui aan hoe algemeen dit voorkom. Die syfers is gebaseer op onlangse navorsing.)

Kortasem (89%)
Hyg na asem (85%)
Aanhoudende hoes (65%)
Borspyn (54%)
Slapeloosheid (51%)

Asma by volwassenes kan baie goed beheer word. Praat met jou dokter hieroor as jy vermoed jy het dit onder lede.

No comments :

Post a Comment