Aalwyn kan vertering bevorder deur maagsappe te stimuleer en absorpsie te verbeter.
Neem 1–2 eetlepels (≈30–60 ml) aalwynsap daagliks, voor ete.
Gebruik slegs gesuiwerde aalwynsap.
Vermy indien:
Swanger of borsvoed (kan baarmoeder kontraksies stimuleer).
Diuretika, lakseermiddels of hartmedikasie neem (risiko van interaksies).
Nierprobleme het of inflammatoriese dermprobleme soos Crohn se siekte.
Korttermyn gebruik aanbeveel: Terwyl korttermyn gebruik veilig lyk vir die meeste volwassenes, is daar te min inligting beskikbaar oor langtermyn gebruik.
Begin laag: Begin met minder as 2 eetlepels daagliks om toleransie te bepaal voordat dit verhoog word.
♦♦♦
'n Ou en skynbaar baie kragtige middel vir hardlywigheid is om suurvy vrugte te eet en dan brakwater te drink. Stroop wat van die vrugte gemaak word, het glo lakseermiddeleienskappe.
♦♦♦
Senna is ‘n plant waarvan ’n ekstrak of die blare as ’n sterk purgeermiddel gebruik word vir die verligting van hardlywigheid en word ook deur medici voorgeskryf om die kolon skoon te maak voor prosedures soos ’n kolonoskopie.
♦♦♦
’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir ’n lakseermiddel.
♦♦♦
Gooi 1 eetlepel lynsaad in ’n glas water en laat staan dit oornag.
Gooi die water af en gooi die lynseed oor jou ontbytpap. Dit sal help indien dit gereeld gebruik word.
14.5.26
13.5.26
Hoe om 'n 3-jarige van die bors te kry
Begin deur een borsvoeding te vermy elke paar dae. Probeer om ook nie intussen te verwys na borsvoeding nie. As hulle vra, probeer hulle aandag aftrek met iets anders. As hulle aanhou kan jy hulle ‘n kort tydjie laat drink.
Indien jy ’n roetine het vir borsvoed, probeer dit vermy. Probeer die voeding vervang met iets soos peuselhappies, ’n spesiale drankie of ’n aktiwiteit soos om 'n boek te lees of 'n speletjie te speel.
Indien daar nog ’n ouer in die huis is, laat hulle saans slaaptyd en ander aktiwiteite hanteer. Die kind sal minder geneig wees om op borsvoeding te fokus.
Gebruik duidelike taal om aan hulle te verduidelik dat hulle grootword en borsvoeding stop. Stel hulle gerus met ekstra drukkies en aandag.
Wees geduldig: Op drie gaan borsvoeding meer oor emosionele gemak as voeding.
(foto: Yenny Wu)

12.5.26
Kruie vir kwale: Hoë bloeddruk
'n Tradisionele behandeling is om die jellie van aalwynblare aan die lyf te smeer vir verligting.
♦♦♦
Sluit die goeie ou aartappel in my jou dieet om te help om jou bloeddruk af te bring.
♦♦♦
Boegoe kan help met die verlaging van bloeddruk.
♦♦♦
Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.
♦♦♦
Grondboontjiebotter kan help om lae bloeddruk te verlig weens die inhoud van gesonde vette, proteïene en minerale soos magnesium en kalium, wat bydra tot die regulering van bloeddrukvlakke. Studies het getoon dat gereelde verbruik grondboontjie kan help om bloeddruk te verlaag, selfs by individue met hoë bloeddruk.
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van hoë bloeddruk.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.
(Cock, IE & Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. Journal of Ethnopharmacology. 2020)
♦♦♦
Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir hoë bloeddruk.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
Maak tee met pietersielie vir hulp met bloeddruk.
♦♦♦
Maak tee met komkommerkruid om jou bloedsomloop te verbeter.
♦♦♦
Grasuie kan help om hoë bloeddruk te verlaag. Dit bevat ook vitamien A, C en foeliensuur, kalium, kalsium en yster. Eet gereeld hiervan.
♦♦♦
Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
’n Paar blare wilde roosmaryn, kankerbossie, laventel en boegoe saamgetrek as tee vir 5 minute. Dit help vir hoë bloeddruk, stres en moegheid.
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir hoë bloeddruk.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

6.5.26
Kruie vir kwale: Ekseem
Vir uitwendige gebruik: Smeer die binnekant van ‘n aalwynblaar aan die geaffekteerde area.
♦♦♦
Vanweë boegoe antiseptiese en antibakteriële eienskappe kan boegoe-olie gebruik word om ekseem te behandel.
♦♦♦
Sommige mense maak ’n eksterne wasmiddel met kankerbossie vir ekseem. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit.
♦♦♦
Teeboom-olie (tea tree oil) help vir ekseem. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.
♦♦♦
Laventel-olie help vir ekseem. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.
♦♦♦
Rooibostee is ’n tradisionele teenvoeter vir ekseem. Maak ’n sterk pot rooibostee en voeg dit by jou badwater. Dit is ook geskik vir baba’s.
Jy kan die tee ook laat afkoel en dit op jou vel spat of jou vel daarmee afspoel. Of gebruik sommer n rooibos teesakkie en spons jou vel daarmee.
♦♦♦
Gousblom-tee help om ekseem en ander allergiese reaksies te verlig.
♦♦♦
Maak ’n tee met brandnetel en drink dit om jou allergiese reaksie te verlig.
♦♦♦
Meng 30 mℓ kremetart, 30 mℓ blomswael en 30 mℓ milk of magnesia met ’n potjie ongegeurde room (aquas cream). Smeer soggens en saans ’n bietjie aan die uitslag op jou vel. Dit is ook geskik vir kinders.
♦♦♦
Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir ekseem.
♦♦♦
Voeg 'n paar takkies van ´n wilde daggaplant by jou badwater om ekseem te verlig.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye word gebruik as 'n strelende velmiddel vir ekseem.

29.4.26
Kruie vir kwale: Lippe
Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op droë lippe gesmeer word.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye kan gebruik word as 'n strelende velmiddel vir gekraakte lippe.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye kan gebruik word as 'n strelende velmiddel vir gekraakte lippe.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Lippe
28.4.26
Kruie vir Kwale: Artritis
Vir uitwendige gebruik: Smeer die binnekant van ‘n aalwynblaar aan die geaffekteerde area.
♦♦♦
Vir uitwendige gebruik: meng soetolie en kajapoetolie. Dit verlig gewrigs- en lende pyne.
♦♦♦
Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.
♦♦♦
Rastafariërs eet wildeknoffel saam met rissie wanneer hulle enige skete en pyne onder lede het. Hulle gebruik ook ’n aftreksel van die bolle en blare in hul badwater vir artritis. Die aftreksel word gemaak deur een plant se bol en blare in koue water te week vir ’n dag lank. Die hele liggaam moet dan met die aftreksel gewas word.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar blare van die medisynebossie en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hoes, verkoue en artritis.
♦♦♦
Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.
♦♦♦
Meng 1 houer Camphor-room met 10 Grandpa-poeiers en smeer gereeld waar dit pyn.
♦♦♦
Neem 'n 2 liter bottel water en meng met 6 eetlepels engelse sout en die sap van 10 suurlemoene – drink 3 per dag.
♦♦♦
Meng 'n 2 liter bottel water met 2 eetlepels heuning en 2 eetlepels kaneel, 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer en drink 3 maal per dag (hou in yskas).
♦♦♦
Duiwelsklou-tee help vir artritis.
♦♦♦
Probeer 'n kombinasie van selderysaad en aloe vera (aalwyn)tablette.
♦♦♦
Smeer die pynlike areas in met arnikaolie.
♦♦♦
Gooi jenewer en laventelolie in warm water - twee druppels elk. Neem 'n waslap en trek oor die oppervlak sodat die olielagie op die waslap kom. Plaas oor hande met 'n handdoek oor en 'n warmwaterbottel bo- op vir 30 minute.
♦♦♦
Kamille en laventel kan verligting bied van artritis. Week jou hande in louwarm water met 2 druppels kamille-olie en 2 druppels laventelolie by.
♦♦♦
Meng 'n paar druppels jenewer- en sipresolie en vryf geswelde areas daarmee in vir verligting.
♦♦♦
Maak 'n smeermiddel van twee druppels elk jenewer, swartpeper en kamille olie, vyf druppels laventel en tien teelepels olyfolie.
♦♦♦
Die Tswana-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang. Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan die rug en polse om dit te help herstel.

23.4.26
Kruie vir kwale: Koorsblare
Vir koorsblare in die mond gebruik suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit aan tot ’n pasta en doop jou tandeborsel daarin. Borsel
jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer lekker skoon. Dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk
beter as tandepasta.
♦♦♦
Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op koorsblare gesmeer word.
♦♦♦
Vanielje essens word al jare gebruik om koorsblare mee weg te werk. Wend aan sodra jy voel daar kom een. Wend elke halfuur aan met ´n stukkie watte.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye kan gebruik word as 'n strelende velmiddel vir koorsblare.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)