Teeboom-olie (tea tree oil) help vir ekseem. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.
♦♦♦
Laventel-olie help vir ekseem. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.
♦♦♦
Rooibostee is ’n tradisionele teenvoeter vir ekseem. Maak ’n sterk pot rooibostee en voeg dit by jou badwater. Dit is ook geskik vir baba’s.
Jy kan die tee ook laat afkoel en dit op jou vel spat of jou vel daarmee afspoel. Of gebruik sommer n rooibos teesakkie en spons jou vel daarmee.
♦♦♦
Gousblom-tee help om ekseem en ander allergiese reaksies te verlig.
♦♦♦
Maak ’n tee met brandnetel en drink dit om jou allergiese reaksie te verlig.
♦♦♦
Meng 30 mℓ kremetart, 30 mℓ blomswael en 30 mℓ milk of magnesia met ’n potjie ongegeurde room (aquas cream). Smeer soggens en saans ’n bietjie aan die uitslag op jou vel. Dit is ook geskik vir kinders.
♦♦♦
Voeg 'n paar takkies van ´n wilde daggaplant by jou badwater om ekseem te verlig.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Hi, ek het my 2 jarrige dogtertjie se hare met "no-lice" gewas, dit lyk nou of dit haar kopvelletjie gebrand het, lyk soos ekseem nou, sy krap erg baie en het n baie sensitiewe vel. Wat kan ek gebruik?
ReplyDeleteek het ook en wat kan ek ge bryk net hop my gisig en arems
Delete������
Al die bo genoemde probeer oor 14 dae en al presies van rak salf tot dr voorskrifte probeer en dermatoloog wat is volgende
ReplyDeleteDie meeste ekseme het 'n oorsprong in òf die lewer, òf die ingewande. Sommige naturopate skryf dit toe aan inwendige parasiete. Oorweeg 'n goeie detoks , of Rife behandeling , of selfs 'n okkerneut dop tinktuur(Black Whallnut tincture) on dit inwendig te behandel. Uitwendig is my persoonlike ondervinding - gewone colloidal silver. Gooi in 'n spuitbottel en spuit die ge-affekteerde area gereeld daarmee. Hoewel lank terug behoort dit vir Johann Pool se dogtertjie ook gehelp het.
ReplyDeleteHi ek sukkel met ekseem my al stukkend gekrap onder my arms en onder my borste en nou begin dit op my bors en nek uitslag die gejeuk maak my mal slaap glad nie saans nie gee raad asb
ReplyDeleteHi ek sukkel met ekseem my al stukkend gekrap onder my arms en onder my borste en nou begin dit op my bors en nek uitslag die gejeuk maak my mal slaap glad nie saans nie gee raad asb
ReplyDeleteMy baba is 8maande en ons sukkel met ekseem. Wat kan ek vir hom gebruik. Hy sukkel om te slaal saans omdat hy aanhoudend jik.
ReplyDeleteMy baba is 8maande en ons sukkel met ekseem. Wat kan ek vir hom gebruik. Hy sukkel om te slaal saans omdat hy aanhoudend jik.
ReplyDelete