Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.8.23

Kruie vir kwale: Ekseem

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir ekseem. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Laventel-olie help vir ekseem. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Rooibostee is ’n tradisionele teenvoeter vir ekseem. Maak ’n sterk pot rooibostee en voeg dit by jou badwater. Dit is ook geskik vir baba’s.

Jy kan die tee ook laat afkoel en dit op jou vel spat of jou vel daarmee afspoel. Of gebruik sommer n rooibos teesakkie en spons jou vel daarmee.

♦♦♦

Gousblom-tee help om ekseem en ander allergiese reaksies te verlig.

♦♦♦

Maak ’n tee met brandnetel en drink dit om jou allergiese reaksie te verlig.

♦♦♦

Meng 30 mℓ kremetart, 30 mℓ blomswael en 30 mℓ milk of magnesia met ’n potjie ongegeurde room (aquas cream). Smeer soggens en saans ’n bietjie aan die uitslag op jou vel. Dit is ook geskik vir kinders.

♦♦♦

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir ekseem.

♦♦♦

Voeg 'n paar takkies van ´n wilde daggaplant by jou badwater om ekseem te verlig.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17 comments :

  1. Hi, ek het my 2 jarrige dogtertjie se hare met "no-lice" gewas, dit lyk nou of dit haar kopvelletjie gebrand het, lyk soos ekseem nou, sy krap erg baie en het n baie sensitiewe vel. Wat kan ek gebruik?

    ReplyDelete
    Replies
    1. ek het ook en wat kan ek ge bryk net hop my gisig en arems
      ������

      Delete
  2. Al die bo genoemde probeer oor 14 dae en al presies van rak salf tot dr voorskrifte probeer en dermatoloog wat is volgende

    ReplyDelete
  3. Die meeste ekseme het 'n oorsprong in òf die lewer, òf die ingewande. Sommige naturopate skryf dit toe aan inwendige parasiete. Oorweeg 'n goeie detoks , of Rife behandeling , of selfs 'n okkerneut dop tinktuur(Black Whallnut tincture) on dit inwendig te behandel. Uitwendig is my persoonlike ondervinding - gewone colloidal silver. Gooi in 'n spuitbottel en spuit die ge-affekteerde area gereeld daarmee. Hoewel lank terug behoort dit vir Johann Pool se dogtertjie ook gehelp het.

    ReplyDelete
  4. Hi ek sukkel met ekseem my al stukkend gekrap onder my arms en onder my borste en nou begin dit op my bors en nek uitslag die gejeuk maak my mal slaap glad nie saans nie gee raad asb

    ReplyDelete
  5. Hi ek sukkel met ekseem my al stukkend gekrap onder my arms en onder my borste en nou begin dit op my bors en nek uitslag die gejeuk maak my mal slaap glad nie saans nie gee raad asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi ...ek het raad.. koop vir jou lifeboy se charcial en mint seep...help baie

      Delete
    2. Anonymous6/1/23 12:45

      weet ek goeie dinge gesien met blomswael net om te leer gewone garlic olie werk net so goed

      Delete
  6. My baba is 8maande en ons sukkel met ekseem. Wat kan ek vir hom gebruik. Hy sukkel om te slaal saans omdat hy aanhoudend jik.

    ReplyDelete
  7. My baba is 8maande en ons sukkel met ekseem. Wat kan ek vir hom gebruik. Hy sukkel om te slaal saans omdat hy aanhoudend jik.

    ReplyDelete
  8. Hello my dogtertjie 2jr oud Se ekseem is so erg dit veroorsaak blase op haar bene dr in en uit die hulle gee net Elke Kerr ncroom wat is daar wat Ek dalk Vir haar Kan gebruik on haar gejeuk te verlig haar vel is uitgedroog dit lyk Soos omlope veral haar bene

    ReplyDelete
  9. Anonymous27/7/22 20:32

    Ek jeuk so krap my dat bloed loop is al moedeloos

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/8/22 09:30

      Probeer 'n room met 'n waterbasis om die gejeuk te verwyder.

      Delete
  10. Anonymous16/9/22 11:18

    Ek kry ekseem Elke Jaar ma die een vrou het vir my gese Ek Moet hotnotsvy gereeld op sit en dit Kyk baie beter en die gejeuk raak minder

    ReplyDelete
  11. Anonymous16/9/22 11:19

    Ek wil weet of hotnotsvy help vir ekseem Soos Mense se

    ReplyDelete
  12. Anonymous25/9/23 11:55

    Ek jeuk baie kan ook nie slaap nie soek asb help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous26/9/23 08:16

      Ekseem kan die gevolg wees van ´n allergiese reaksie en word ook soms verbind met asma en hooikoors. Probeer uitvind wat jou reaksie veroorsaak. Gebruik dan iets vir die allergie. Moet NIE krap nie, dit vererger as jy dit krap.

      Twee eetlepels koeksoda in jou badwater kan jou vel help herstel. Gebruik ongegeurde seep en probeer hou by katoenklere.

      Delete