Koors is ’n styging in liggaamstemperatuur. Dit is ’n simptoom en nie ’n siekte nie. Koors help die liggaam om op die verdediging te gaan deur die aktiwiteit van die immuniteitstelsel te verhoog en meer witbloedliggaampies word gevorm wat die infeksie kan aanval. Jy hoef jou nie veel te bekommer oor koors onder 38ºC nie, maar kinders kan wel koorsstuipe kry by hierdie temperatuur. Bly in die bed as jy koors het.
Gebruik ’n koue, nat kompres met suurlemoen of appelasyn om ´n hoë koors te beheer, maar nie as die pasiënt koud kry nie. Drink baie vloeistowwe en ’n louwarm sponsbad kan ook help.
Spreek jou dokter indien dit gepaard gaan met ernstige bewing, rukbewegings, klappertand of indien dit wissel tussen kouekoors en sweetaanvalle.
bydrae: Barbara Pelser
Boereraat:
Volwassenes kan 10 tot 30 druppels antimoonwyn in kanferwater gegee word 3 of 4 keer per dag. Die laaste dosis met slaaptyd. Kinders kan ’n dosis van 5 tot 10 druppels gegee word.
♦♦♦
Drink suikerwater vir kouekoors.
♦♦♦
Laat die persoon bad in louwarm water met 2 koppies asyn by.
♦♦♦
Maak ’n handdoek nat met ’n mengsel van louwarm water en asyn. Plaas die handdoek/e op die persoon se lyf en kop. Herhaal die proses wanneer die handdoek koud is.
♦♦♦
Meng 15 mℓ brandewyn, 30 mℓ kookwater en ’n mespunt sout. Gee 20 mℓ elke 15 minute – slegs vir volwassenes.
♦♦♦
Om ’n kind se koors te breek, gooi twee koppies bruin asyn in baie lou badwater en spons die kind aanhoudend af. Dit kan net so effektief wees om mee te sponsbad in die bed as die kind te siek is om in die bad te sit.
9.12.24
5.12.24
Sonbrand
Te lang blootstelling aan die son se strale kan rooiheid, gejeuk en teerheid van die vel veroorsaak. Onder sekere omstandighede kan dit ernstig wees.
Simptome en tekens
• Die vel is rooi, teer en opgeswel met moontlike blase.
• Die vel sal warm voel.
Behandeling
1. Sorg dat die persoon in die koelte is en spons die vel liggies af met koue water.
2. Gee die persoon gereeld slukkies koue water.
3. Kry mediese hulp indien die blase ernstig lyk.
Boereraat:
Melk of jogurt kan aangesmeer word. Smeer kort-kort aan tot die brand weg is.
♦♦♦
Jy kan ’n pasta maak van koeksoda en sonbrand daarmee behandel.
♦♦♦
Bad in koue water met ’n bietjie koeksoda in – so koud moontlik.
♦♦♦
As jy oor jou hele liggaam deur die son gebrand is kan jy koel bad neem waarby jy een koppie asyn gevoeg het. Dit verlig die brandgevoel
Kruie vir kwale: Sonbrand
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Etikette:
Brandwonde
,
Sonbrand
,
Wond
3.12.24
Kruie vir kwale: Seksueel oordraagbare siektes
’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van seksueel oordraagbare siektes.
Week die wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.
(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)

Seks
27.11.24
Buikswelling
Buikswelling gebeur wanneer gasse in die maag en ingewande opbou. Dit is in meeste gevalle pynlik.
Die hoofoorsaak is normaalweg vetterige kosse. Vet veroorsaak dat kos stadiger verteer en dit laat jou vol voel.
Buikswelling kan ook veroorsaak word deur stres of angs, 'n blokkasie in jou ingewande of waar jou ingewande sukkel om sekere soorte kosse of dele daarvan te verteer.
Vermy vetterige kos en kos wat bekend is daarvoor dat dit gasse laat opbou. Onder laasgenoemde tel brokkoli, bone, kool, blomkool, slaai, gaskoeldrank, kougom en harde lekkers.
Spreek jou dokter indien jy alles probeer, maar sonder enige verligting.

25.11.24
Kruie vir kwale: Malaria
’n Aftreksel van die bas van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van malaria.
Week die bas 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.
(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)
(foto: Pragyan Bezbaruah)

21.11.24
Alkoholmisbruik
Die volgende is tekens van alkoholmisbruik:
• Beheptheid met alkohol
• Angstig oor alkohol
• Vertel leuens
• Spog oor die hoeveelheid wat hy drink
• Asem ruik na drank
• Drankies word vinnig gedrink
• Dink aan verskonings om te drink
• Ontken drankprobleem
• Skuldgevoelens oor drank
• Gebruik asemverfrissers
• Lei aan naarheid, eetverlies en vomering
• Oggendhoofpyne
bydrae: Karen

18.11.24
Kruie vir kwale: Spysvertering
Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.
♦♦♦
’n Aftreksel van die bas van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van slegte spysvertering. Week die bas 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van slegte spysvertering.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.
♦♦♦
Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir spysvertering. Die bitter smaak van die tee help ook om die aptyt aan te wakker.
♦♦♦
Vir probleme met spysvertering. Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.
♦♦♦
Die blare en wortels van die kaneelbol word gebruik om ’n tee te maak vir die behandeling van probleme met spysvertering.
Sny ’n stuk wortel van 1 cm skoon en 2 teelepels gekapte blare. Laat dit trek in ’n koppie kookwater vir 5 minute en gooi deur ’n sif voor jy dit drink.
♦♦♦
Kou ’n paar groenment-blare vir slegte spysvertering.
♦♦♦
Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning. Drink dit vir slegte spysvertering.
♦♦♦
Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir spysvertering.
♦♦♦
Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy hulp nodig het met spysvertering.
♦♦♦
Maak tee met pietersielie vir hulp met die spysvertering.
♦♦♦
Tee van origanum help dit met spysvertering.
♦♦♦
Tee van marjolein help met spysvertering.
♦♦♦
Kruisementtee help vir spysvertering.
♦♦♦
Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir slegte spysvertering.
♦♦♦
Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir slegte spysvertering.
♦♦♦
Gebruik pietersielie by jou kos as jy ly aan slegte spysvertering.
♦♦♦
Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld slegte spysvertering.
♦♦♦
Drink vinkeltee.
♦♦♦
Vars basielkruid help die liggaam om kos beter te verteer.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars groenment-blare. Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee drink.
Drink dit vir slegte spysvertering

Maag
,
spysvertering
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)