Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Buikswelling. Show all posts
Showing posts with label Buikswelling. Show all posts

11.2.10

Buikswelling

Buikswelling gebeur wanneer gasse in die maag en ingewande opbou. Dit is in meeste gevalle pynlik.

Die hoofoorsaak is normaalweg vetterige kosse. Vet veroorsaak dat kos stadiger verteer en dit laat jou vol voel.

Buikswelling kan ook veroorsaak word deur stres of angs, 'n blokkasie in jou ingewande of waar jou ingewande sukkel om sekere soorte kosse of dele daarvan te verteer.

Vermy vetterige kos en kos wat bekend is daarvoor dat dit gasse laat opbou. Onder laasgenoemde tel brokkoli, bone, kool, blomkool, slaai, gaskoeldrank, kougom en harde lekkers.

Spreek jou dokter indien jy alles probeer, maar sonder enige verligting.