Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.6.23

Koors

Koors is ’n styging in liggaamstemperatuur. Dit is ’n simptoom en nie ’n siekte nie. Koors help die liggaam om op die verdediging te gaan deur die aktiwiteit van die immuniteitstelsel te verhoog en meer witbloedliggaampies word gevorm wat die infeksie kan aanval. Jy hoef jou nie veel te bekommer oor koors onder 38ºC nie, maar kinders kan wel koorsstuipe kry by hierdie temperatuur. Bly in die bed as jy koors het.

Gebruik ’n koue, nat kompres met suurlemoen of appelasyn om ´n hoë koors te beheer, maar nie as die pasiënt koud kry nie. Drink baie vloeistowwe en ’n louwarm sponsbad kan ook help.

Spreek jou dokter indien dit gepaard gaan met ernstige bewing, rukbewegings, klappertand of indien dit wissel tussen kouekoors en sweetaanvalle.

bydrae: Barbara Pelser

Boereraat:

Volwassenes kan 10 tot 30 druppels antimoonwyn in kanferwater gegee word 3 of 4 keer per dag. Die laaste dosis met slaaptyd. Kinders kan ’n dosis van 5 tot 10 druppels gegee word.

♦♦♦

Drink suikerwater vir kouekoors.

♦♦♦

Laat die persoon bad in louwarm water met 2 koppies asyn by.

♦♦♦

Maak ’n handdoek nat met ’n mengsel van louwarm water en asyn. Plaas die handdoek/e op die persoon se lyf en kop. Herhaal die proses wanneer die handdoek koud is.

♦♦♦

Meng 15 mℓ brandewyn, 30 mℓ kookwater en ’n mespunt sout. Gee 20 mℓ elke 15 minute – slegs vir volwassenes.

♦♦♦

Om ’n kind se koors te breek, gooi twee koppies bruin asyn in baie lou badwater en spons die kind aanhoudend af. Dit kan net so effektief wees om mee te sponsbad in die bed as die kind te siek is om in die bad te sit.

40 comments :

  1. My seuntjie is 2 jaar oud. Soos enige kinders word hy maar nou en dan siek maar my probleem is wanneer hy siek word kry hy baie maklik stuipe (koors van net oor 38). Wat kan ek doen om dit te voorkom en hoe gevaarlik is stuipe rerig. Ek is ´n baie senuweeagtige mensie en my senuwee hang oppie grond as hy net effense koors kry. Ek het hulp en informasie nodig.

    ReplyDelete
  2. Suster Barbara Pelser3/2/10 13:50

    Die enigste manier is om te voorkom dat sy koors so hoog gaan dat hy stuipe (konvulsies) kry. Aangesien jy bewus is van die probleem, is dit makliker om dit te voorkom. Sodra jy agterkom dat hy besig is om siek te word, kan jy gereeld sy koors neem. As sy koors dan opgaan, kan jy dit verlaag deur hom in ´n louwarm bad te sit of die waaier op hom te laat waai. Dit sal lyk asof hy koud kry, maar dit is net die koors, so moenie jammer voel oor die koue nie! Sodra jy hom warm toemaak omdat hy kla hy kry koud, sal sy koors net weer op gaan en sal hy weer stuipe kry. Jy kan ook vir hom ´n bietjie Panado stroop gee. Dit sal ook die koors afbring. Sterkte!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy kan ook so 2 korreltjies engelse sout onder die tongetjie insit om koors te breek en dit voorkom ook stuipe. Nie bekommerd wees as jou kind spoeg omdat dit sleg is nie, dit los so gou op en liggaampie neem dit te vinnig op vir kind om uit tespoeg

      Delete
  3. Bekommerd3/2/10 13:51

    Ek is baie bekommerd oor my ma: Sy is 74jr en het Nov 2007 'n blaasoperasie, histerektomie en dikdermbreuk herstel gehad. Na die operasie het sy probleme met blaasinfeksie gehad wat na 'n paar kursusse antibiotika opgeklaar is. Sedert April 2008 kry sy kouekoors aanvalle wat gepaardgaan met onbeheerbare rukkings wat ongeveer 'n halfuur aanhou en haar hande en voete blou word. Daarna het sy erge hoofpyn en lyfseer asook warm gloede en sweet. Die dokter het 'n mantelvliesbreuk by haar gediagnoseer nadat sy gekla het van erge sooibrand en vir haar Omez voorgeskryf wat baie verligting gebring het. Sy het dit vir 'n tyd gelos omdat sy geglo het dat dit dalk die oorsaak van die aanvalle kan wees. Die aanvalle was vir 'n paar weke weg maar het nou weer begin. Sy het 'n hormoon setpil wat sy gebruik om die blaaswand te versterk. Sy glo as sy nie ten tye so 'n aanval by die dokter is nie, hy nie sal kan uitvind wat sy makeer nie omdat sy vir die volgende paar dae niks makeer nie. Kan dit dalk 'n hormoon wanbalans of skildklier wees? Het iemand raad asb?

    ReplyDelete
  4. Anonymous3/2/10 13:51

    Koukoors met sulke aanvalle moet deur 'n dokter ondersoek word. Indien jy voel dat jy nerens kom met haar bestaande dokter nie moet julle 'n tweede opinie kry. Dit is egter belangrik dat sy gereeld deur 'n dokter gesien word.

    ReplyDelete
  5. Anonymous6/10/10 13:44

    soek raad


    Kyk na baba wat gestremde kind haar koors is 37.7 maar sy huil en braak ma se dit is tande help asb

    ReplyDelete
  6. My seuntjie is 4jaar oud, toe kom agter hy het knoppe op sy kop en ek weet nie waar vandaan dit kom nie, kan dit iets wees wat hom gebyt het?

    ReplyDelete
  7. Anonymous8/6/11 11:00

    Kry 'n dokter om daarna te kyk Tommy.

    ReplyDelete
  8. Anonymous20/9/11 10:27

    Goo day

    Hi Hope you can help me I keep on getting sick and worse after each visit to the doctor I pay lots of money and do not see any results, my friends say that it could be my mangles, Not sure anymore.

    My body is sore my head is spinning i have back age I something get pain between my breast what can it be?

    ReplyDelete
  9. Anonymous26/9/11 10:35

    Dit is belangrik om gereeld terug te gaan na die dokter. Die probleem gaan nie noodwendig dadelik opgelos word nie. Dokters volg 'n proses om moontlike oorsake te elimineer. Indien jy van dokter verander of eers baie later teruggaan, moet die proses van voor af begin.

    ReplyDelete
  10. Anonymous12/6/12 10:35

    Hoe koors. Gepaart met koue koors

    ReplyDelete
  11. Goeie dag,

    My dogtertjie van 3 het die afgelope maand met probleme gesit van hoe koors. Ek het haar 2 keer by die hospitaal gehad wat hulle vir my antibiotika gegee het. Dit werk net vir n week Dan begin die koors weer van voor af. Ek het Al die medikasie wat ek in my huis het vir haar gegee. Maar as ek Sien is die koors weer terug. Die een Dr se dis mangelontsteking en die ander een se dis n virus infeksie. Moet ek regtig oor die koors warry? Wat kan ek doen ek is Al raad op? En wat kan ek doen om die koors onder beheer te bring? Ek is bang vir koors stuipe.

    Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/3/15 21:15

      MISKIEN MT U N BLOEDTOETS LAAT NEEM DT IS BAIE BELANGRIK EN U SL GOU WEET WT IS FOUT .STERKTE

      Delete
  12. Anonymous31/3/16 14:52

    My seuntjie is 2jaar en 6 maande oud. Ek was so maand by die pediater met hom en hulle het baie toetse geneem om vas te stel waarom hy so koorsig word.Ek was vir 6maande elke maand by die dokter en elke keer moes ek hoor dat die kind 'n virus opgetel het.Hy het weer so koorsig begin word maar ek het hom og nie weer dokter toe geneem.

    ReplyDelete
  13. Anonymous9/6/16 14:58

    Hallo almal.

    Toe my seuns klein was, veral my oudste, het hulle ook so onverklaarbaar koors gekry. Die dokters was later net so raadop soos ek...
    Een dokter het toe uit radeloosheid vir my gevra of ek al ñ disprin soos ñ setpil gebruik het, eers net ñ halwe afhangende van kind se ouderdom.
    Dit werk soos ñ bom, maar asb, gebruik dit net as jou dokter sê dis veilig.
    Sterkte aan alle Mammas met siek kindertjies...

    ReplyDelete
  14. My meisiekind is nou 1jaar en s0haar koors is 38.5 nou, sy het tandjies bo wat uitkom, maar sy is ook siek met snotneus en hoes geweldig.. wat kan ek doen? Ek het eier wil geklits en onder haar voetjies vas gemaak en haar spoeg doek ook met koue water nat gemaak..

    ReplyDelete
  15. Anonymous23/2/17 02:08

    Ek n baba van 1jaar oud met n koors van 38.5 ek weet nie meer wat om te gee nie kan ek n disprin as setpil gebruik

    ReplyDelete
  16. Anonymous23/2/17 10:13

    Onder geen omstandighede nie. Disprins vir kinders onder 12 jaar is baie gevaarlik.

    ReplyDelete
  17. Anonymous11/5/17 08:13

    Kan iemand my help, my man is nou 54 jaar oud, vir die afgelope 3 maande kry hy verskriklik koors in die nag (oggend ure) en dan gaan dit verby, vir die afgelope 3 weke kom dit gereeld, hy kla van borspyne maar meer by sy maag area bo, wat kan dit veroorsaak? Hy het al gegaan vir bloed toetse en alles lyk normaal.

    ReplyDelete
  18. Ek het n tweeling wat van babadae af onverklaarbare koors kry. Alle moontlike toetse is gedoen. Hulle is nou amper 10jaar oud en dit gebeur steeds. Hul koors gaan tot by 39. Ek het al vermoed dit word deur emosionele spanning veroorsaak. Dit gebeur dikwels voor belangrike gebeurtenisse soos n nuwe skooljaar. Ek sal graag wil hoor of ek die enigste ma op aarde is wat hiermee sukkel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/1/18 13:50

      Hi Annali, Ek weet van soortgelyke gevalle. Dit het gelukkig in die hoërskooljare verdwyn.

      Delete
  19. Gaan sien n kardioloog vir n sonar

    ReplyDelete
  20. Anonymous9/1/19 00:33

    Hello
    My seuntjie is n jaar oud
    Hy het n middag slaapie geneem en wakker geword hy was kookend warm en het baie gehuil
    Het dok toe gegaan
    Hy het keel infeksie
    En sinus ontsteking
    Sy koors is 39 en kry dit ni gebreek ni
    Enige raad asb

    ReplyDelete
  21. Goeie middag. Ek benodig asb dringend raad. My seuntjie is 5 jaar oud. Hy het gister sy laaste antibiotika gedrink vir verkoue. Vanoggend het hy koors gehad van 38° hy het nou weer koors van 39°. Ons bly ver van n dokter af. Enige raad asb

    ReplyDelete
  22. Helo my kind is nou 4maande en het koue koors siptome raad asb

    ReplyDelete
  23. My kind is 4maande en het koue koors siptome raad asb

    ReplyDelete
  24. My dogtertjie is 2 jaar oud , sy het koors wat kom en gaan al vir 3 dae ons het haar vandag hospitaal toe gevat en antibiotica gekry , nou het sy koue koors wat kan ek doen?

    ReplyDelete
  25. Halo almal.
    Help asb met Raad asb 35jr Ini nag skrik Ek waker my ligam brand Soos vuur van koors my man Se Ek brand hom en Ek sweet voel Dan ook swak. Next dag makeer Ek niks Nie , dt gebeur nt in nag. Enige Raad asb

    ReplyDelete
  26. Wat help vir binne koors

    ReplyDelete
  27. Hi my baba is n 1jaar en 4maande veogend foe hy wakker skrik was n vuur warem ekt vir hom calpol in gegee ma net rukies gwerk ek het no vernaand hom in lou asyn water af gespons en so n halfuur daarna ht sy koors gebreek

    ReplyDelete
  28. Hi ek het 'n 3 dae oud baba wat se koors 38.7 was na afsponsing het die koors bedaar maar baba kry nogsteeds daai stuipe dit begin onder by die voete dan gaan dit op mond toe. Raad asb

    ReplyDelete
  29. 3 dae oud baba het koors gehad van 38.7 na afsponsing het dit bedaar gun koors maar baba kry stuipe/rukings wat begin by voete en opgaan mond toe. Raad asb

    ReplyDelete
  30. Midag ek wil net hoor wat kan ek doen en waner moet jy bekomerd raak oor jou kind as hy of sy begin op gooi en hulle magies werk los en hy of sy kla van magkrampe en hy of sy klae van kopseer dis van oggend af sy is 5 jaar oud asb baie baie dankie belinda

    ReplyDelete
  31. Hi. My seuntji is 5, so rukkie terug koors gekry wat daal en stuig. Wat kan ek doen... Hom calpol gegee en 2 keer louwarm bad, ma wili bedaar ni. Asb help. Aer ding, sy gewig het ook geval, hy weeg wel 17,7 maar n mamma kan sien. Sy eerlus oki leke ni en slaap oki goedi... Wat kan ek doen? Asb, ek stres

    ReplyDelete
  32. My seun is sesjaar oud sit met die self probleem sy Moors styf dn daal dit weer hy eet nie baie nie en wil net slaap

    ReplyDelete
  33. Anonymous26/6/22 05:15

    Hi my dogter is nou 3 jaar oud en sy het koors op ge tel met die winter wat ons het sy nou al koors blare en haar keel is seer. Sy kan nie eet nie wil net weet van eenage imand se raat haar koors is al 39 en dit bly julty hoop asb eenage imand se help ek het al vir haar miresynne ge ge ge mar dit lyk nie my wil af gan nie die mirresyne se naam is ibugesic

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/8/22 14:14

      Haar koors is amper te hoog. Ek sou haar dokter toe vat.

      Delete
    2. Anonymous8/9/22 07:48

      Ek is 69 jr, in di winter bv kry ek koud en trek trui aan en skierlike kry ek so warm dat ek moet uittrek, as ek uitrek paar sekondes daarna moet ek weer aantrek dan kry ek weer verskriklik koud.

      Delete
  34. Shirleenlombard1@gmail.com3/11/23 04:20

    My kind het al koors vir 3 dae aan en af maar dit wil nie breek en weg gaan nie het al panado stroop, ibumol, setpille alles probeer niks werk nie, ex al raadop en moeg..... 😔

    ReplyDelete
  35. Anonymous3/11/23 09:20

    Twee dinge: 1. As dit jou pla moet jy dokter toe, al is dit net vir jou eie gemoedsrus. 2. As dit oor 4 dae gaan moet jy maar in elkgeval gaan.

    ReplyDelete