As jy gereeld opgeblaas voel of sukkel met oormatige winde, dan is daar ’n paar dinge wat jy kan doen.
Veranderinge aan jou dieet
Meeste van ons weet sekere kosse laat ons opgeblaas voel. Om hierdie kosse uit jou dieet te sny kan verligting bring.
Hou ’n rekord van wat jy eet en drink om te sien of daar enigiets is wat jou opblaas. Dink veral aan melk en melkprodukte, sekere vrugte en groente, volgraan, kunsmatige versoeters en gaskoeldrank. Peulvrugte, semels en vrugte bevat fermenteerbare koolhidrate, suikers wat maklik deur die spysverteringstelsel afgebreek word – dit veroorsaak oortollige winde.
As jy uitvind dat jou liggaam nie laktose verdra nie. Praat met jou dokter om uit te vind hoe om laktose uit te sny sonder om komplikasies te ontwikkel, soos byvoorbeeld ’n kalsium- en mineraaltekort.
As jy sukkel om fruktose te verteer moet jy voedsel wat fruktose bevat vermy. Fruktose word as ’n versoeter in baie verwerkte voedsel gebruik.
Behandelings wat hardlywigheid bekamp, kan nuttig wees. Kyk na ons Boererate vir hardlywigheid.
Oefening
Navorsing het reeds telkemale bewys dat oefening waartydens die liggaam in ’n regop posisie is help vir iemand wat sukkel met winde.
Medikasie
Daar is geen klinkklare bewyse dat medikasie kan help nie, maar daar was al gevalle waar pasiënte verligting gekry het. Praat met ’n apteker oor moontlike keuses.
7.2.24
6.2.24
Kruie vir Kwale: Boererate vir spierpyne
Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik. Mense gebruik dit vir spierkrag.
♦♦♦
Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir spierpyne.
Drink dit vir seer spiere.
♦♦♦
Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir seer spiere.
♦♦♦
Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op seer spiere.
♦♦♦
Trek kattekruidblare soos tee, gooi dit in warm water en plaas jou bene daarin.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

1.2.24
Kruie vir kwale: Vrugbaarheid
Rooiwortel (Bulbine natalensis) kan dalk die vlakke van testosteroon en ander hormone verhoog en sodoende vrugbaarheid verbeter. Dit word lank reeds as 'n tradisionele medisyne gebruik.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Nataliya Vaitkevich)
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Nataliya Vaitkevich)
31.1.24
Prostaat
Die prostaat is 'n kastaiingvormige klier wat die urinebuis van mans aan die bokant omring.
Die volgende dui op moontlike probleme met die prostaat:
- Jou blaas is nie heeltemal leeg na urinering nie.
- Tydens urinering stop jy gereeld en begin weer.
- Jy wil weer urineer, binne twee ure na jy laas by die toilet was.
- Jy knyp nie maklik nie.
- Dit kos inspanning om te begin urineer.
- Jy moet snags opstaan om te urineer.
Raadpleeg jou dokter indien jy gereeld hierdie probleme ervaar.

30.1.24
Kruie vir kwale: Seksuele opwekking
Rooiwortel (Bulbine natalensis) kan dalk die vlakke van testosteroon en ander hormone verhoog en sodoende seksuele funksie verbeter. Dit word lank reeds as 'n tradisionele medisyne gebruik.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Deon Black)
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Deon Black)
Etikette:
Seks
24.1.24
Gebruik YouTube in noodgevalle
Met enige geluk sal die meeste mense hulself nooit in 'n situasie bevind wat die Heimlich-maneuver of dringende behandeling van 'n slangbyt vereis nie. Maar as dit gebeur, sal YouTube jou vinnige toegang bied tot stap-vir-stap noodhulpvideo's wat deur hospitale en betroubare gesondheidsorganisasies gemaak is.
YouTube het verlede week aangekondig dat die kort instruksievideo's boaan algemene soekresultate vasgepen sal word vir akute gesondheidsnoodgevalle, insluitend bloeding, verstikking, hartaanvalle, aanvalle en oordosisse.

23.1.24
Oggendnaarheid tydens swangerskap
Naarheid en braking tydens swangerskap staan bekend as oggendnaarheid. Meer as die helfte van swanger vroue ervaar dit, veral in die eerste trimester. Dit kan erger wees met ’n tweeling of drieling.
Die oorsaak is nie heeltemal duidelik nie, maar dit kan veroorsaak word deur hormoonveranderinge of lae bloedsuiker. Ander faktore wat kan bydra tot oggendnaarheid sluit in: stres, moegheid en sekere kosse.
Sommige dinge wat jy kan probeer om te help met naarheid tydens swangerskap:
• Eet vaal kosse soos piesangs, rys, appelmoes en roosterbrood
• Eet sout kos
• Eet kosse wat gemmer bevat
• Eet vrugte met ’n hoë waterinhoud, soos spanspekke, lemoene, en pomelo
• Drink klein hoeveelhede appelsap, druiwesap of limonade
• Vermy vetterige en sterk gegeurde kosse
(foto: Cottonbro Studio)

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)