Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

16.10.23

Duitse masels / Rubella

Die simptome van Duitse masels, of rubella, by kinders is 'n uitslag in die vorm van klein pienk kolletjies wat, anders as by gewone masels, nie bymekaar aansluit nie.

Dit verskyn eerste op die voorkop en gesig en versprei dan na die res van die lyf. Ander simptome hiermee saam is dikwels seerkeel, geringe konjunktivis, effense koors en opgeswelde limfknoppe aan die onderkant van die nek.

Ouer kinders en volwassenes kry ook hoofpyn en ernstige koors.

12.10.23

Tinnitus

Tinnitus is 'n aanhoudende geluid wat die lyer in sy ore hoor. Dit kan 'n gesuis, gedreun of gefluit wees. Dit kan selfs 'n kombinasie van geluide wees.

Tinnitus word toegeskryf aan binneoorsiektes, doofheid, infeksie, kopbeserings, 'n langdurige blootstelling aan geraas of nekbesrings. Dit is selde duidelik presies wat die oorsaak is.

Om tinnitus te genees is in meeste gevalle baie moeilik, so te sê onmoontlik. Soms klaar dit spontaan op en soms vererger dit.

Een uit elke tien persone sukkel op een of ander stadium hiermee.

11.10.23

Oogsorgbewustheidsmaand

Tot 18 Oktober 2023 is dit Oogsorgbewustheidsmaand en word daar sterk fokus op ooggesondheid in Suid-Afrika geplaas. Die kranige sakeman en Mnr. SA Top 10-finalis, Tiaan Massyn, bestuur suksesvolle oogkundige praktyke in Pretoria en die Kaap en as oogkundige het hy eerstehandse ervaring van die impak van swak sig en ooggesondheid op mense se lewensgehalte.

Lees meer by Oogsorgbewustheidsmaand – Gesonde oë ‘n prioriteit vir Mnr. SA-Finalis

10.10.23

Oktober is Wêreldgeestesgesondheidsmaand

Oktober is Wêreldgeestesgesondheidsmaand. Om bewusmaking hieroor te skep, spesifiek op Wêreldgeestesgesondheidsdag op 10 Oktober, wil topprestasie-afrigter, Cobus ‘Die Viking’ Visser, mense – en veral mans – aanmoedig om om te sien na hulle geestesgesondheid.

Dié bekende Suid-Afrikaanse skrywer, spreker, afrigter, fasiliteerder, lewensafrigter en vuurloop-instrukteur glo dat Wêreldgeestesgesondheidsmaand belangrik is vir verskeie redes, veral in ’n samelewing waar hierdie kwessie dikwels oorgesien of afgemaak word.

Lees meer by Maak jou geestesgesondheid prioriteit hiertoe Oktober

Tuberkulose / TB

Tuberkulose kom nog heelwat voor in Suid-Afrika en veral in die Wes-Kaap. Daar is 'n toenemende weerstand van TB-bakterieë teen antibiotika. Mense met 'n goeie gesondheid kry nie sommer die siekte nie, maar die res van die bevolking is taamlik blootgestel.

Kinders kan by geboorte 'n immunisering teen TB ontvang. Soms veroorsaak dit 'n abses by die plek waar die inspuiting toegedien is.

Die simptome van TB sluit in 'n aanhoudende gehoes, kortasemheid, borspyn en soms hoes die persoon bloederige slym. Behandeling duur sowat nege maande tot 'n jaar en dit is baie belangrik dat die pasiënt die kursus medikasie voltooi en nie van tyd tot tyd staak nie.



Boereraat:

Margaret Steele: "Meng een bottel Turlington met kondensmelk, dit moet die hele blik wees, roer goed dan gooi jy dit in a peanut butter bottel, baie goed vir TB, maar jy moet dit neem op jou nugter maag omtrent een tot twee eetlepels."

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

3.10.23

Tande getrek

Wat jy kan doen nadat ’n tand getrek is:
Bedek die wond met ’n stukkie gaas, rus en lig jou kop op, neem pynmedikasie, hou yspakkies toegedraai in lap teen die buitekant van jou gesig, eet sagte kos vir die eerste 24-48 uur.

MOENIE: Rook, strooitjies gebruik, spoeg, jou mond uitspoel, jou neus blaas of nies, of die plek druk met jou tong nie.



(foto: Karolina Grabowska)

2.10.23

Troshoofpyn

Troshoofpyn word soms met 'n migraine verwar, maar dit is alles behalwe dieselfde. Dit kom gewoonlik in die vroeë oggendure voor wanneer die lyer bewus word van 'n pyn agter een oog.

Die pyn vererger na 'n tyd en die oog word rooi en begin traan. 'n Verstoptheid of loperigheid kom voor in die neusgat aan dieselfde kant.

Die pyn duur enigiets van 20 minute tot twee ure. Die aandoening kan ook aanvalle vir twee maande lank meebring.

Hierdie soort hoofpyn kom meer by mans as vroue voor.

Troshoofpyne kan suksesvol behandel word met die antikonvulsiewe middel karbamasapien.



(foto: Andrea Piacquadio)