Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



10.10.23

Tuberkulose / TB

Tuberkulose kom nog heelwat voor in Suid-Afrika en veral in die Wes-Kaap. Daar is 'n toenemende weerstand van TB-bakterieë teen antibiotika. Mense met 'n goeie gesondheid kry nie sommer die siekte nie, maar die res van die bevolking is taamlik blootgestel.

Kinders kan by geboorte 'n immunisering teen TB ontvang. Soms veroorsaak dit 'n abses by die plek waar die inspuiting toegedien is.

Die simptome van TB sluit in 'n aanhoudende gehoes, kortasemheid, borspyn en soms hoes die persoon bloederige slym. Behandeling duur sowat nege maande tot 'n jaar en dit is baie belangrik dat die pasiënt die kursus medikasie voltooi en nie van tyd tot tyd staak nie.



Boereraat:

Margaret Steele: "Meng een bottel Turlington met kondensmelk, dit moet die hele blik wees, roer goed dan gooi jy dit in a peanut butter bottel, baie goed vir TB, maar jy moet dit neem op jou nugter maag omtrent een tot twee eetlepels."

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1 comment :

  1. Anonymous7/8/23 18:42

    Sal dit probeer baie mense se dit is baie goed

    ReplyDelete