Die baarmoeder is die inwendige geslagsdeel van ’n vrou waarin die embrio vasheg en die fetus ontwikkel tot ’n baba. Die baarmoeder is verbind aan die vagina.
Baarmoederkanker is die mees algemene vorm van kanker van die vroulike geslagsdele. Die vyf jaar kans op oorlewing is 80% en relatief gunstig in vergelyking met ander vorme van kanker.
Vroue wat vetsugtig is, is vier keer meer geneig om die tipe kanker te ontwikkel as vroue met normale gewig. Fisiese aktiwiteit, die gebruik van die voorbehoedpil en die gebruik van kinders verminder die risiko. Rook verminder ook die risiko van hierdie kanker.
Die kans om vir ’n tweede keer baarmoederkanker te kry, is tussen 3 en 17%.
13.3.18
7.3.18
Slimfone tas jou brein aan
Navorsers het ’n wanbalans gevind in die breinchemie van jongmense verslaaf aan slimfone en die internet.
Mense is toenemend meer afhanklik van slimfone en ander draagbare elektroniese toestelle vir nuus, inligting, speletjies en vele meer.
Daar is ’n besorgdheid dat jongmense te veel tyd spandeer in hul fone in plaas daarvan om met ander te kommunikeer. Daar is ook vrae rakende die onmiddellike effek van slimfone op die brein en die moontlike langtermyn gevolge daarvan.
Navorsers aan die Koreaanse Universiteit in Seoul, Suid-Korea, het magnetiese resonansie-spektroskopie gebruik om unieke insig te verkry in die brein van slimfoon- en internetverslaafde tieners. Hierdie tipe spektroskopie meet die brein se chemiese samestelling.
Die bevinding was dat dat die verslaafde tieners aansienlik hoër tellings gehad het in depressie, angs, slapeloosheid en impulsiwiteit. Volgens die spektroskopie was daar beslis chemiese veranderinge in die breinkorteks van die verslaafde tieners, veranderinge wat geassosieer word met ’n aantal newe-effekte, insluitend slapeloosheid en angs.
Die goeie nuus is dat die chemiese balans genormaliseer het ná kognitiewe gedragsterapie.

Etikette:
Brein
28.2.18
Verskuifde kniekraakbeen / sluitknie
Jou knie bevat bevat twee afsonderlike halfmaanvormige kraakbene wat kan skuif of skeur.
Simptome en tekens
• Die persoon kla oor erge pyn in die knie, gewoonlik aan die binnekant.
• Die beseerde knie is in ’n gebuigde posisie. Die persoon kan dit gewoonlik die been nie reguit maak nie.
• Dit kan ook swel as vloeistof in die gewrig ophoop.
Behandeling
MOENIE PROBEER OM DIE BEEN REGUIT TE MAAK OF DIE GEBUIGDE POSISIE VERANDER NIE.
1. Ondersteun die been in die huidige posisie.
2. Ondersteun die knie met ’n groot kussing
3. Neem die persoon na ’n hospitaal.

20.2.18
Velkanker
Suid-Afrika het naas Australië die hoogste voorkoms van velkanker.
Hierdie soort kanker begin in die boonste laag van die vel. Behalwe om die vel teen die son te beskerm, moet jy ook gereeld vir ’n ondersoek gaan indien jy ’n geskiedenis van velkanker in jou familie het. Selfs die gevaarlikste velkanker (melanoom) is geneesbaar indien dit betyds gediagnoseer word.
Melanome lyk soos moesies en is gewoonlik donker van kleur, maar kan ook ’n verskeidenheid ander kleure wees. As jy ’n moesie sien wat enigsins vreemd lyk moet jy dit laat ondersoek.

13.2.18
Wegneemetes verbind aan hartsiektes en diabetes by kinders
Kinders wat gereeld wegneemetes eet se risiko om hartsiektes of diabetes op te doen, is baie hoog.
Hierdie kinders is ook geneig om oor die algemeen meer kalorieë in te neem en kry minder vitamiene en minerale in as kinders wat tuisgemaakte kos eet.
Tegnologiese toepassings wat wegneemetes en aflewering dryf maak dit al hoe makliker om ongesond te eet. By volwassenes is die bewyse alreeds ’n geruime tyd daar dat hierdie maaltye geassosieer kan word met ’n swak gesondheid, meer liggaamsvet en 'n hoër risiko vir tipe 2-diabetes en hartsiektes. Nou is daar ook bewyse dat dit soortgelyke probleme by kinders veroorsaak.
Die mees verdoemende gevolgtrekking in die studie is dat die hoër cholesterol en LDL cholesterol-konsentrasies waargeneem in kinders wat gereeld wegneemetes eet genoeg is om die langtermyn risiko vir koronêre hartsiektes met ongeveer 10% te verhoog.
Verder dui die navorsing op negatiewe gevolge vir openbare gesondheidsorg as gevolg hiervan. Die navorsers voel dat die gebruik van wegneemetes ontmoedig moet word.
Amper 2 000 kinders is betrek in die navorsing wat gepubliseer is in Archives of Disease in Childhood.

5.2.18
Dislokasie / Ontwrigting van bene
Hierdie verwys na die verplasing van een of meer bene by ’n gewrig. Dit gebeur gewoonlik weens ’n stamp of verdraaiing, maar kan ook gebeur as gevolg van ’n spiersametrekking.
Dit gebeur veral met die skouer, elmboog, duim, vinger en kakebeen. Dit kan moeilik wees om te onderskei tussen ’n ontwrigting en ’n fraktuur. Behandel altyd soos ’n fraktuur indien daar twyfel is.
Simptome en tekens
• Geweldige pyn in of naby die gewrig.
• Die beseerde gewrig kan nie beweeg word nie. Dit voel “gesluit”.
• Die gewrig lyk misvormend.
• Swelsel en latere kneusing kom voor by die area.
Behandeling
1. Ondersteun die beseerde deel in ’n posisie wat vir die beseerde die gemaklikste is.
2. Neem die persoon na ’n hospitaal.
MOET NIE probeer om die bene in die normale posisie terug te plaas nie.

30.1.18
Beenkanker
Beenkanker verwys na die oorsprong van hierdie tipe kanker, gewoonlik in die bene. Dit kan in enige been in die liggaam ontstaan, maar is meer algemeen in die lang ledemate. Die tipe kanker kom self nie algemeen voor nie.
Die simptome kan insluit:
• Beenpyn – aanvanklik kom dit in die nag voor of wanneer jy aktief is, maar raak meer algemeen soos die tumor groei. Dit kan ’n dowwe, diep been in die been wees of ook in die area om die been.
• Frakture – die kanker kan veroorsaak dat die been swak en broos is en dit veroorsaak dat frakture maklik voorkom.
• Swelling: daar kan swelling wees by die plek waar die pyn ontstaan. Daar kan selfs ’n knop wees op die plek.
• Gewigsverlies en moegheid kan ook voorkom.

,
Bene
,
Kanker
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)