Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Velkanker. Show all posts
Showing posts with label Velkanker. Show all posts

11.3.21

Frambose vir plooie en velkanker

Frambose is die vrug met die meeste antioksidante wat plooie en velkanker teenwerk. Dit het ’n lae glukemiese lading vir baie energie en dit is ’n natuurlike antihistamien.

18.1.21

Vyf dinge wat jy moet weet van melanoom

Melanoom is ’n kwaadaardige velgewas wat soos ’n swart moesie begin en vinnig vererger.
• Sonblootstelling is ’n belangrike faktor in die ontwikkeling van melanoom, en dit kom dus gereeld voor op die gesig, nek, arms en bolyf, waar blootstelling aan die son algemeen voorkom.
• Melanoom kan ook voorkom in gebiede met minimale blootstelling aan die son, soos handpalms en voetsole.
• Daar is ’n genetiese komponent wat ’n rol speel in die ontwikkeling van melanoom.
• Ongeveer 10% van melanome is moeilik om te diagnoseer, aangesien dit pienk, rooi, helder of ’n normale velkleur het.
• Pasiënte met verdagte velletsels moet na ’n dermatoloog verwys word.

20.2.18

Velkanker

Suid-Afrika het naas Australië die hoogste voorkoms van velkanker.

Hierdie soort kanker begin in die boonste laag van die vel. Behalwe om die vel teen die son te beskerm, moet jy ook gereeld vir ’n ondersoek gaan indien jy ’n geskiedenis van velkanker in jou familie het. Selfs die gevaarlikste velkanker (melanoom) is geneesbaar indien dit betyds gediagnoseer word.

Melanome lyk soos moesies en is gewoonlik donker van kleur, maar kan ook ’n verskeidenheid ander kleure wees. As jy ’n moesie sien wat enigsins vreemd lyk moet jy dit laat ondersoek.