Die belangrikste is dat jy jou kind beskerm teen beserings en afkoel wannneer hulle stuipe kry. Kry mediese hulp as dit ernstig is.
Hier is wat jy kan doen:
1. Sorg dat daar ’n goeie toevoer vars lug is.
2. Maak enige stywe klere los.
3. Maak die area om die kind skoon.
4. Jy kan die algemene behandeling soos vir ’n bewustelose persoon toepas.
5. Koel die kind af deur beddegoed of klere te verwyder en dan hom / haar-af te spoel met ’n spons en louwarm water. Begin by die kop en werk afwaarts. Moet egter nie die kind te koud laat word nie.
6. Kry mediese hulp.
29.3.17
28.3.17
C is vir cholangitis
Boererate.com het die C-afdeling van die Mediese Woordeboek en Gids voltooi.
Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A tot C is voorlopig voltooi.
Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels.
Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.
Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.
Ps. Cholangitis is die ontsteking van die galbuise.

24.3.17
Is seks goed vir ouer mense?
Gereelde genotvolle seks vir ouer mans hou die risiko in vir hartaanvalle en ander kardiovaskulêre probleme. Vir ouer vroue is goeie seks ’n gesondheidsvoordeel kan die risiko van hoë bloeddruk verlaag. Dit is volgens die eerste grootskaalse studie van hoe seks ouer persone se hart gesondheid beïnvloed.
lees meer oor seks en ouer mense ...
(via Seks101)
lees meer oor seks en ouer mense ...
(via Seks101)
Etikette:
Seks
22.3.17
Middeloorontsteking
Middeloorontsteking is normaalweg die gevolg van ’n bakteriese of virale infeksie wat vloeistof in die middeloor agter laat opbou. Dit is die area agter die oordrom wat ontsteek. Dit kom algemeen voor by kinders.
Behandeling van die ontsteking is gewoonlik met antibiotika. Dit moet dus deur jou dokter gediagnoseer word.
In gevalle waar middeloorontsteking gereeld voorkom kan die dokter die inplanting van dreineringsbuise (grommets) voorstel. Dit is ’n eenvoudige prosedure en die pasiënt verlaat dieselfde dag nog die hospitaal.

20.3.17
Een eier per dag kan jou kanse op ’n beroerte verminder
’n Studie wat einde verlede jaar gepubliseer is, dui daarop dat een eier per dag voordele inhou vir jou gesondheid.
Nie net is eiers ’n bekostigbare bron van proteïene nie, maar deur gereeld ’n eier te eet verlaag jou kanse om ’n beroerte aanval te kry.
Een groot eier bevat tot 6 gram proteïene, antioksidante en vitamiene A, D en E. Hierdie kombinasie help om jou bloeddruk te verlaag.
Let net op hoe jy jou eiers gaarmaak. Te veel botter of olie maak dit minder voordelig.
(Die studie is gepubliseer in die Journal of the American College of Nutrition.)

15.3.17
Kinderstuipe
Kinderstuipe kom gewoonlik voor by kinders tussen een en vier jaar. Dit is normaalweg ’n simptoom van ’n hie koors, veroorsaak deur ’n aansteeklike siekte of keel- of oorinfeksie.
Dit is selde gevaarlik, maar kan nogal ontstellend wees vir die ouers.
Simptome en tekens
• Hoe koors
• Sweet
• Sametrekkings van die gesigspiere en ledemate
• Oë kan skeel kyk of self omdop
• Die hele lyf kan styftrek met die kop agteroor en die rug gekrom
• Die kind kan asem ophou
• Daar kan skuim om die mond wees
Kry mediese hulp.

Stuipe
14.3.17
Hoe stop jy ’n hik?
1. Vra die persoon om stil te sit en asem op te hou, of laat die persoon iets drink.
2. As dit nie werk nie plaas ’n papiersak (NIE PLASTIEK NIE) oor die persoon se mond en neus en laat hom / haar in- en uitasem.
3. As hikkery langer as ’n paar uur aanhou, kry mediese hulp.
Boereraat:
Haal diep asem en probeer jou asem ophou vir 25 sekondes. Eet dan een teelepel suiker.
♦♦♦
Meng een teelepel heuning met ’n halwe glas water. Drink dit sonder om asem te haal.
♦♦♦
Drink een eetlepel wit asyn.
♦♦♦
Maak die persoon wat hik skrik.
♦♦♦
Gooi asyn oor 1 teelepel suiker sodat dit net nat is. Eet die suiker.
♦♦♦
Gooi 1 teelepel koeksoda in ’n halwe glas water en roer. Drink elke 2 uur solank jy hik.
♦♦♦
’n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem hik weg.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Hik
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)