’n Diep wond aan die buikwand is ernstig, nie net weens uitwendige bloeding nie, maar ook omdat onderliggende organe gesteek of geskeur kan wees. Albei kan tot ernstige inwendige bloeding en infeksie lei. Ingewande kan ook by die wond uitpeul.
Simptome en tekens
o Algemene buikpyn.
o Bloeding en wonde aan die buik.
o Ingewande kan in die wond sigbaar wees of by die wond uitpeul.
o Simptome en tekens van skok.
Beperk infeksie, beheer bloeding en verhoed dat die ingewande uitpeul. Kry die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal.
3.2.16
1.2.16
Klein verswakking in lewerfunksie kan hart en are beskadig
Nuwe navorsing het ’n verband gevind tussen die afname in lewerfunksie en die verswakking van die hart en sekere are.
Volgens Britse navorsers is dit veral die linker hartkamer wat geaffekteer word.
Volgens Britse navorsers is dit veral die linker hartkamer wat geaffekteer word.
Etikette:
Hartsiektes
,
Lewer
27.1.16
Die behandeling van wonde aan die handpalm
1. Plaas ’n steriele wondbedekking op die wond en oefen druk uit om die bloeding te beheer.
2. Laat die persoon die druk volhou deur ’n vuis te maak oor die wondbedekking – gebruik die ander hand indien daardie hand te seer is.
3. Lig die beseerde arm.
4. Verbind die vuis deur die los punte van die wondbedekking styf vas te bind oor die kneukels en sodoende die druk in stand te hou.
5. Ondersteun die arm met ’n oplighangverband.

25.1.16
Vaginale verjongingsprosedures
Dit lyk asof vaginale verjongingsprosedures ook al hoe gewilder raak. Moira besoek dr Catherine Davies om te wete te kom hoe 'n nuwe masjien wêreldwyd aan miljoene vroue verligting bied vir 'n probleem wat vir sommige 'n groot verleentheid is.
Etikette:
Vagina
20.1.16
Wonde aan jou palm
’n Wond aan die handpalm kan ernstig bloei. Sulke wonde gaan ook soms gepaard met frakture. Indien die wond diep is, kan die senuwees en senings in die hand beskadig word.
Simptome:
Pyn by die wond.
Ernstige bloeding.
Verlies van gevoel en beweging in die vingers en hand – dit is wanneer die senuwees en senings afgesny is.
Beheer die bloeding en kry die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal. Moet nie enige ingebedde voorwerpe probeer verwyder nie.

19.1.16
Gewigsverlies
Ons sluit by dr Jurgens Grové in Bryanston aan om waar te neem hoe hy hierdie ma-en-dogterspan deur middel van 'n enkeldag-prosedure ’n kitstransformasie besorg wat hulle volop rede gee om te glimlag!
Etikette:
Gewigsprobleme
,
Vet
18.1.16
Suiker ’n probleem vir hart
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Leicester het onlangs bevind dat die vlak van suiker in jou bloed die sametrekking van jou are beïnvloed. Dit kan gevaar inhou vir jou bloeddruk en jou hart.
Hulle het aangetoon dat hoe meer suiker daar in jou bloed is, hoe erger trek jou are saam. Jou are trek saam en ontspan om jou bloeddruk te beheer. Hoe meer hulle saamtrek hoe hoër is jou bloeddruk.
’n Hartaanval vind plaas as ’n koronêre aar na die hart verstop is. Te veel suiker in jou bloed kan so ’n verstopping vererger.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)