Oorerflike hoë cholesterol word wêreldwyd oor die hoof gesien en dit lei tot voortydige hartsiektes. Dit is 'n groot probleem aangesien dié siekte lewensgevaarlik is vir die gesondheid. Dit terwyl die siekte maklik is om te diagnoseer en te behandel.
Oorerflike cholesterol (familiële hipercholesterolemie) is maklik om te diagnoseer. ’n Eenvoudige cholesterol-toets met ’n uitslag van cholesterol-vlakke bo 8 mmol / L in volwassenes en bo 6 mmol / L in kinders is 'n sterk aanduiding van die toestand. Die toestand kan bevestig word deur 'n genetiese toets.
Familiële hipercholesterolemie kan veroorsaak word deur mutasies (genetiese defekte) in drie proteïene, wat almal 'n rol speel in die verwydering van cholesterol-deeltjies uit die bloed deur die lewer. Hierdie mutasies beïnvloed die lewer se LDL-reseptor. Dit reseptor help om vlakke van LDL (lae - digtheid lipoproteïen) te beheer - die vet deeltjies wat die meeste van die cholesterol in die bloed vervoer.
Heterosigoties familiale hipercholesterolemie beteken dat die persoon een genetiese defek van een van sy of haar ouers geërf het.
Homosigoties familiële hipercholesterolemie beteken dat die persoon twee genetiese defekte geërf het, dit wil sê een uit elk van sy of haar ouers.
Mense met familiale hipercholesterolemie het hoë cholesterolvlakke dwarsdeur hulle lewe. Indien onbehandeld, ontstaan 'n baie hoë risiko vir hartsiektes en voortydige dood. Indien die toestand nie behandel word nie sal mans en vroue met 'n genetiese defek tipies 'n cholesterolvlak van 8-15 mmol / L hê en waarskynlik hartsiektes ontwikkel voor die ouderdom van 55 - 60 jaar. Die baie ongelukkige mense wat twee genetiese defekte geërf het sal 'n cholesterolvlak van 12-30 mmol / L hê, indien onbehandel sal hulle waarskynlik hartsiektes ontwikkel en sterf voor die ouderdom van 20.
Familiële hipercholesterolemie word hoofsaaklik behandel met statins en 'n verlaging van ’n cholesterol- dieet. As cholesterol vlakke nie voldoende verlaag nie, kan ’n cholesterol absorpsie inhibitor toegedien word. Die mense met die hoogste cholesterol vlakke, diegene wat ly aan homosigotiese familiële hipercholesterolemie, kan ook nog behandel word met LDL cholesterol aferese, 'n proses soortgelyk aan nierdialise.
Die inligting is verkry uit ’n onlangse verslag gepubliseer in die mediese joernaal European Heart Journal.
14.4.14
9.4.14
Noodhulp, Veiligheid eerste
In situasies waar daar ongevalle is, kan daar ook ’n risiko wees vir jouself en ander omstanders. Die volgende riglyne is belangrik:
Verkeersongelukke
Vra iemand om die verkeer te reël en vêr van die beseerdes en die wat hulle help te hou. Pasop vir petrol wat lek en aan die brand kan slaan. Sorg dat alle motors afgeskakel is.
Gas en gif
Probeer die toevoer afsny.
Elektriese kontak
Verbreek die kontak en probeer die kragtoevoer afsny.
Brand en geboue wat ineenstort
Sorg dat alle beseerdes sodra moontlik ba veiligheid gebring word.

7.4.14
’n Goeie nagrus belangrik
’n Goeie nagrus bly maar belangrik, volgens ’n nuwe studie wat aan die University of Rochester Medical Center gedoen is. Die studie gee ons ’n beter idee oor die biologiese funksie van slaap en hoe ons dit kan gebruik om sekere neurologiese probleme die hoof te bied.
De brein het ’n unieke metode van “vullisverwydering”, wat aktief is wanneer ons slaap. Die proses is verantwoordelik vir die verwydering van gifstowwe wat ’n rol speel in Alzheimer’s en ander neurologiese probleme. Wanneer jy slaap verklein die breinselle, sodat die gifstowwe meer effektief verwyder kan word.

Etikette:
Alzheimer’s
,
Brein
2.4.14
Noodhulp, beheer bloedverlies deur indirekte drukking
Indien dit nie moontlik is om bloeding te beheer deur direkte drukking nie, byvoorbeeld ’n wond wat te groot is, kan jy ’n ander toepaslike punt kry om die bloeding te beheer. Dié metode werk net vir slagaarbloeding.
Die slagaar kan teen ’n nabygeleë been gedruk word om te keer dat die bloed daar verby vloei. Hierdie metode is slegs ’n laaste uitweg en moet nie langer as 15 minute gebruik word nie, aangesien dit bloeding na die ander weefsel ook afsny.
Daar is twee algemene drukpunte wat gebruik word:
Die dyslagaar gaan die onderste ledemaat binne by ’n punt wat met die middel van die liesvou ooreenstem en loop aan die binnekant van die dy. Laat die persoon lê en buig die knie. Vind die slagaar in die lies en druk dit met jou vuis of jou hand teen die rand van die bekken.

- Die bo-armslagaar in die arm
- Dyslagaar in die dy
Die dyslagaar gaan die onderste ledemaat binne by ’n punt wat met die middel van die liesvou ooreenstem en loop aan die binnekant van die dy. Laat die persoon lê en buig die knie. Vind die slagaar in die lies en druk dit met jou vuis of jou hand teen die rand van die bekken.
31.3.14
Vroulike dokters beter as manlike dokters?
’n Navorsingspan aan die Universiteit van Montreal het bevind dat die kwaliteit sorg van vroulike dokters beter is as die van hul manlike kollegas. Die groep het ook bevind dat manlike dokters meer produktief is as vroulike dokters.
Die bevinding van die studie was dat ’n manlike dokter tans sowat 1 000 prosedures meer per jaar uitvoer as ’n vroulike dokter. Die studie wys egter daarop dat hoewel produktiewe dokters op die oog af meer “winsgewend” sou lyk vir ’n hospitaal, hulle “produktiwiteit” oor die langtermyn implikasies inhou vir hulle en die pasiënte.
Vroulike dokters spandeer oor die algemeen meer tyd met hul pasiënte en sorg dat hulle die korrekte medikasie bekom en gereelde ondersoeke ondergaan. Hospitale moet dalk herbesin oor kwaliteit sorg versus laer produktiwiteit.

26.3.14
Noodhulp, beheer bloedverlies deur direkte drukking
Die beheer van bloedverlies behels om die bloedvloei na ’n wond te beperk en sodoende bloedklontvorming aan te moedig.
Bloedverlies word op twee maniere beheer: deur drukking en opligting.
Daar is twee soorte druk: druk direk op die wond en druk op die slagaar wat die area voed waar die wond is. Druk op die wond word altyd eerste toegepas. Druk op die slagaar word slegs gebruik indien die druk op die wond nie help nie.
Metode:
(foto Martin R. Harris)

- Oefen druk uit met die hand en vingers direk op die wond. As die wond groot is, druk die kante van die wond saggies, maar ferm teen mekaar en hou dit so onder druk.
- Laat die persoon gemaklik lê en lig die beseerde deel so hoog as moontlik op en ondersteun dit.
- Plaas ’n steriele ongemedikeerde bedekking op die wond. Maak seker dat die bedekking groter as die wond is. Druk di ferm vas en maak dit vas met ’n verband wat styf genoeg gebind is om die bloeding te stop, maar nie so styf dat dit die sirkulasie afsluit nie. Indien geen wondbedekking beskikbaar is nie, gebruik enige skoon materiaal. Indien die bloeding nie stop nie, wend nog wondbedekkings aan bo-oor die oorspronklike een.
(foto Martin R. Harris)
24.3.14
Oefening so goed soos baie medikasie
Navorsers van onder andere Harvard en Stanford het onlangs in ’n persverklaring gevra vir meer navorsing in oefening as ’n alternatief tot sekere medikasie. Dié groep het in ’n studie ondersoek ingestel na die uitwerking van oefening op die sekondêre voorkoming van koronêre hartsiekte, die herstel van ’n beroerte, die behandeling van hartversaking en die voorkoming van diabetes.
Wat die voorkoming van koronêre hartsiekte en diabetes betref kon hulle geen beduidende verskil vind tussen die uitwerking van oefening en medikasie nie.
Hulle het bevind dat diegene wat herstel van beroerte meer suksesvol is deur oefening te gebruik in plaas van medikasie. Vir hartversaking was medikasie meer suksesvol.
(foto Nevit Dilmen)

Beroerte
,
Diabetes
,
Hartsiektes
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)