Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

30.1.12

Vrae oor endometriose


Elmien vra: "Kan endomitriose weer terug keer na historektomie en verwydering van eierstokke? Het reeds 5 jaar gelede historektomie gehad en voel asof simptome terug keer."
Antwoord: Dit is baie ongewoon, maar dit is wel moontlik indien jy behandeling met estrogeen ontvang. Maak 'n afspraak by jou dokter vir 'n ordentlike diagnose. Daar is behandeling hiervoor.

Moedeloos skryf: "Ek is 20 jaar oud en het op 13 jarige ouderdom begin met blaasprobleme, op 17 het ek ook met my menstruasies begin sukkel, dit was baie ongereeld en so 15 dae baie erg met verskriklike pyn gedurende die siklus. Ek het na 2 ginekeloë gegaan waar hulle my blaas geskraap het en hulle diagnosis was dat ek n spastiese blaas het. In Matriek het die menstruasies begin erger raak, waar ek in die opvolgende jaar na n ginekeloog toe was, hy het gesê ek het endometriose en het dit toe afgebrand so 2 weke later. Ongeveer n jaar later het ek weer begin sukkel met verskriklike pyn gedurende my siklus, dit was baie ongreeld en ek het tot 52 dae gemenstrueer met so 1 tot 2 dae tussen wat dit minder raak of ophou voor dit weer begin. Ek is terug na die Ginekoloog wat vasgestel het dat die vergroeisels terug gegroei het binne die jaar tydperk en hy het dit weer afgebrand waar hy ook vir my n Mirena ingesit het - in Junie 2007 (volgens die Ginekeloog skei my baarmoeder n sekere hormoon nie af nie wat veroorsaak dat die vergroeisels terug kom en die Mirena sal die hormoon afskei wat die vergroeisels sal verhoed.)
Dit is nou 6 Maande later en die pyne het weer begin, ek is ook konstant ongemaklik in my pelvis area (dit voel opgeswel en pyn), ek moet ook baie piepie, ek is dood moeg en kry ook hoofpyne.
Alhoewel die menstruasies amper opgehou het, het ek net 'n permanente afskeiding en spotting, ek is op 28 Oktober terug na die Ginekoloog vir n opvolg ondersoek, hy het met n sonar en my simptome vasgestel dat die Mirena nie goed genoeg werk om die vergroeisels te voorkom nie en het vir my 'n inspuiting voorgeskryf wat so amper R5 000 een kos, hy sê dat die inspuiting die endometriose in hulle spore sal stop asook my simptome sal verlig.
Ek is nie heeltemal gerus nie, sou jy sê die dokter se diagnosis is reg? Ek voel soos n proefkonyn, want niks werk nie en daar is ook vir my gesê dat ek dalk nie sal kan kinders kry nie. Ek weet nie of ek dalk n tweede opinie moet kry voor ek die inspuiting neem nie?
Ek wil ook weet of dit dalk enige aard van kanker kan word aangesien dit so vinnig terug kom?
Het jy vir my enige raad?"
Antwoord: Eerstens is 'n tweede opinie nooit 'n slegte idee nie. Jy moet net onthou dat in sulke gevalle enige behandeling 'n probeerslag is en 'n soeke na iets wat vir jou spesifiek gaan werk. So bou die dokter 'n geskiedenis van jou toestand op sodat hy / sy die probleem kan isoleer en suksesvol behandel. Dit is heeltemal normaal om soos 'n proefkonyn te voel, maar weet dat dit belangrik is dat alle opsies ondersoek moet word. Ek sou nie spoke opjaag met kanker nie, maar indien jy vrae het hieroor moet jy met die ginekoloog wat jou behandel hieroor praat.

Lida Kriek skryf:
"Ek het 'n vraag, ek het endomitriose nou al vir 3 jaar, ek het dit nou in 'n erge graad, a.g.v dit het ek my 1 eierstok verloor, en nou sê my ginikoloog ek ovalueer nie, wat se boereraad het jy vir my, ek wil bitter graag swanger raak."
Antwoord:
Jy sal moet vasstel hoekom jy nie ovuleer nie en behandeling daarvoor kry voor jy dink daaraan om swanger te raak. Jy moet ook 'n poging aanwend om so gesond as moontlik te leef.

Debbie Buys skryf:
"Ek is 27 en sukkel amper 2 jaar om swanger te raak. My maandelikse siklus baie deurmekaar, ginekoloog wil nou laporoskopie doen (effense vergroeisels verwyder). Vriendin het egter voorgestel ek gaan terug op pil totdat siklus reg is waarna ek net pille oor "ovulasie-tydperk" uitlaat. Bang vir operasie en weet nie of dit regte ding is om te doen nie."
Antwoord:
Hierdie groeisels kan wel verhoed dat jy swanger raak. Die ginekoloog stel waarskynlik die beste oplossing vir jou voor. 'n Laparoskopie is 'n klein operasie. Daarna kan jy probeer swanger raak. Onthou net dat dit gewoonlik langer neem vir vroue wat hierdie groeisels gehad het. In die geval van endometriose help die voorbehoedpil 'n bietjie om die hormone te beheer van die groeisels opbou. Dit help ook om die pyn by sommige vroue te verminder.

Nita skryf:
"Ek het endometriose gehad 4 jaar terug het ek 'n dogterjie gehad maar sukkel om weer swanger te raak. Die dr sê daar is nie weer tekens van endrometriose nie. Wat kan ek doen om swanger te raak help asb!"
Antwoord:
Onvrugbaarheid ontstaan wel by 30 - 40 persent van vroue met endometriose. Indien 'n diagnose gedoen is wat met sekerheid bepaal het dat jy nie onvrugbaar is nie moet jy daarop let dat 'n gesonde lewenstyl help vir vroue wat voorheen endometriose gehad het, en natuurlik geduld. Dit kan bietjie langer neem, veral indien jy nie meer baie jonk is nie.

Wendy skryf:
"Wat is endometriose?"
Antwoord:
Endometriose is 'n aandoening waarin selle soortgelyk aan endometriumselle hulle elders in die liggaam as die uterus vestig.
Hierdie selle reageer ook op hormone en bloei tydens menstruasie. Endometriose kan pyn veroorsaak tydens menstruasie. Dit kan ook pyn tydens seks veroorsaak. Dit kom normaalweg by vrouens tussen 25 en 40 voor. Laat jou dokter 'n diagnose doen.
Daar is medikasie vir die aandoening of die selle kan chirurgies verwyder word met behulp van 'n laparoskopie.

12.1.12

Dagga nie sleg vir longe

Om so nou en dan ‘n daggasigaret te rook, blyk nie enige nadelige effekte op ‘n mens se gesondheid te hê nie, het ‘n nuwe Amerikaanse studie getoon.

Matige dosis dagga nie sleg vir longe

9.1.12

Vrae: Sukkel om swanger te raak

Delien skryf: "Ek het 6 maande die Yasmin pil gebruik en laasjaar April opgehou. Hoe lank vat dit om heeltemal uit my sisteem uit te gaan? Sukkel ek om swanger te raak of is dit nog die pil wat in my sisteem is?"

Antwoord: Delien, die eerste ding om te doen is om te gaan vir toetse om seker te maak daar is nie iets fout nie. Soms is dit net 'n klein dingetjie wat met hormoonbehandeling herstel kan word.


Danziline Visagie skryf: "Ek is 23 jaar oud en verloof. Ek het en my verloofde is alreeds 2 jaar saam en ek is nie op voorbehoed nie, maar ons nogsteeds het niks gebeur nie. Ek weet ook die fout lê nie by hom nie, omdat hy 2 kinders het. Ek is net bang trou ons en ek kan nie kinders voortbring nie, sal dit ons huwelik belemmer. Ek soek hulp om swanger te raak as daar iets is wat ek kan gebruik."

Antwoord: Die beste raad vir jou is ook om 'n spesialis te gaan spreek.


Lenie skryf:
Ek is al amper 9 jaar getroud en wil bitter graag swanger raak. Ek en my man beide is glad nie kenners op die gebied en my dokter het gesê dat dit wel op sy tyd sal gebeur ek wil graag weet of daar 'n "beste" tyd is vir die probeerslag of hoe werk dit. Ek is al van September verlede jaar van die pil af en het voor dit vir 'n jaar dit gedrink en voor dit het ek 'n 3 jaar siklus gehad wat ek nie op die pil was nie. Wat is my kanse om swanger te kan raak en kan u my asseblief net bietjie meer raad en inligting gee?

Antwoord: Dit is belangrik om geduldig te raak, maar indien dit te lank vat moet jy ook daaraan dink om miskien 'n spesialis te gaan sien. Lees ook die raad by Swangerskap.


L***** skryf:
"Ek sukkel om swanger te raak. Ons het agtergekom dat ek nie ovuleer nie. Dis nie eintlik wat my pla nie. Wat my wel pla is dat ek op 'n stadium op die inspuiting was as voorbehoeding. Terwyl ek op die inspuiting was het my ginekoloog 'n laparoskopie op my gedoen. Ons het nie geweet ek is swanger nie en ek het die baba verloor. Ek was reeds tussen 7 en 8 weke swanger. Hoe is dit moontlik dat ek nie ovuleer nie en nou sukkel om swanger te raak? My dr het Postoval voorgeskryf vir drie maande. Ek het vandag bietjie navorsing gedoen oor Postoval en die kontra-indikasies en waarskuwings maak my baie bekommerd, aangesien kanker (my ma het spesifiek borskanker) in ons familie voorkom."

Antwoord: Indien jy twyfel oor 'n spesifieke behandeling moet jy dit dadelik met jou dokter bespreek. Indien hy/sy nie na wense jou vrese besweer nie moet jy ernstig daaraan dink om nog 'n opinie te kry.

26.12.11

Bly koel vir baba

Navorsing aan die Queensland University of Technology in Australië het bevind dat daar 'n verband is tussen 'n toename in 'n ma se temperatuur en miskrame en vroeë geboortes. Hulle stel voor voornemende ma's hou hulle liggame so koel as moontlik.

19.12.11

Vrae oor polisistiese ovaria

Tania skryf:
"Ek is ongeveer drie jaar gelede met Polisistiese Ovaria Sindroom (PCOS) gediagnoseer waarna my ginekoloog my op Yasmin gesit het. Ek is onlangs getroud en ek en my man wil met 'n gesin begin. Ek het einde November 2005 van die pil afgegaan. Ek het 5 -8 Januarie my menstruasie gehad.
Ek het Clearplan gebruik om te sien wanneer ek ovuleer en die toets was positief op Sondag 22 Oktober 2005, maar ek en my man het reeds omgang gehad voor dit en nie weer daarna nie.
Ek voel nou baie snaaks, dronk in my kop, naar, seer borste met ook 'n effense vloeistof wat uitgeskei word veral as ek dit druk. Dit voel ook of my baarmoeder onder wil uitval asof daar 'n hewige drukking is. Daar is ook 'n spierwit dik afskeiding. Kan u asseblief vir my raad gee. Kan ek moontlik swanger wees? Kan dit dalk iets anders wees? Wanneer kan ek met sekerheid 'n tuis swangerskap toets doen of sal dit nou al in 'n bloedtoets wys?"

Antwoord:
Dit klink beslis soos swangerskap. Sorg dat jy gou by 'n ginekoloog uitkom.

A**** skryf:
"Ek het die pil gelos. Ek is 27 jaar oud. Siklus was redelik gereeld tot dusver (28 - 33 dae). Menstruasie is egter al 28 dae laat. Het bloedtoetse laat doen en is nie swanger nie. My suster (22) is met PCOS (Poly-Systic Ovarian Syndrome) gediagnoseer. Is daar 'n moontlikheid dat ek dit ook het? Wat is my kanse om swanger te raak? Watter behandeling stel u voor? Gee asseblief raad. Ons wil baie graag 'n baba hê!"

Antwoord:
Eerstens moet jy 'n korrekte diagnose kry voor jy kan dink aan 'n behandeling. Polisistiese Ovaria veroorsaak dat die deklaag van die ovarium verdik en dit belemmer of stop die vermoë om te ovuleer. Sowat 20% van vroue het Polisistiese Ovaria. Behalwe vir die versteuring in ovulering toon vrouens ook ander simptome soos onvrugbaarheid, miskrame, haargroei op plekke waar vrouens nie gewoonlik hare kry nie, aknee, gewigstoename en depressie. Behandeling probeer normaalweg om die hormoonvlakke aan te pas. LET WEL dat die tipe behandeling afhang van watter simptome jou pla EN of jy later wil kinders hê. Dit is belangrik dat jy en jou dokter enige behandeling na jou behoeftes skik.

12.12.11

Vrae oor Duitse masels

Anoniem skryf: "Ek was nie imuun teen Duitse Masels nie, ek het vir my inspuiting gegaan en mag nou vir 3 maande lank nie swanger raak nie, wat sal gebeur indien ek wel binne die volgende 3 maande swanger raak, sal dit die baba affekteer?"

Antwoord: Ja, dit hou 'n wesenlike gevaar in vir die ongebore kind. In die ergste gevalle moet die fetus geaborteer word.



Yvonne Lessing vra: "Wanneer steek dit aan?"

Antwoord: Dit is baie aansteeklik wanneer die uitslag net begin wys, maar jy kan ook aansteek sewe dae voor en sewe dae na die uitslag.



Mariska Pool skryf: "My seuntjie is 9mnde en het tans duitse masels. Ek het dit gehad toe ek 8mnde oud was, kan ek dit weer kry?"

Antwoord: Indien jy dit een keer gehad het verseker dit gewoonlik lewenslange immuniteit.



Amari skryf : Wat is die verskil tussen masels en duitse masels?

Antwoord : Dit is twee verskillende siektes veroorsaak deur twee verskillende virusse. Duitse masels is 'n ligte uitslag en is selde skadelik vir kinders, hoewel dit uiters gevaarlik is vir vrouens tydens swangerskap. Masels is meer ernstig en duur langer. Oorinfeksie en longontsteking is moontlike komplikasies tydens masels.

6.12.11

Vis gesond vir vroue

Vroue wat oud genoeg is om kinders te kry kan hul kanse op hartprobleme verlaag as hulle vis ryk aan omega 3-vetsure eet, het navorsers bevind.

Die studie is die eerste om vrouens tussen die ouderdom van 15 en 49 te ondersoek vir die effek wat vis in hul dieet op hartprobleme kan hê.

Vis hou vroue se harte gesond