Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

5.8.09

Skildklier


Die skildklier is die klier aan die voorkant van 'n mens se strottehoof. Die klier skei 'n jodiumryke hormoon (tiroksine) af wat 'n belangrike invloed uitoefen op groei en die senuweestelsel.

4.8.09

Dieet

Jou dieet is lewensbelangrik vir jou gesondheid. Die tipiese Suid-Afrikaanse dieet met die oormatige klem op vleis, suiwel, verwerkte kos en verfynde koolhidrate speel 'n groot rol in kwale soos kanker, hartsiektes, diabetes en artritis.

31.7.09

Medisyne

Hierdie inskrywing is vir almal wat vrae het oor medisyne of enige ander geneesmiddel.

BabaGim

BabaGim is ’n prettige, praktiese gids vir ouers en versorgers om daardie kosbare vroeë leergeleenthede te ontgin deur brein- en liggaamsoefeninge. Die eerste twee lewensjare bied ruim geleent­heid vir spel en beweging om die optimale ontwikkeling van baba se sintuie en spiere, gevoelens en denke, en taal- en sosiale vermoëns te verseker.

Die Suid-Afrikaanse ontwikkelingskenner Melodie de Jager volg dieselfde eenvoudige dog effektiewe beginsels onderliggend aan haar sukses­volle boeke vir volwassenes, Kopskuiwe en Dink Dinamies, vir die stimulering van babas se brein en liggaam. BabaGim is ’n belegging in jou kind se toekoms.

Laat elke oomblik met baba werklik tel.

29.7.09

Ovaria / Eierstokke

Die eierstokke is die orgaan in die vroulike liggaam waarin eierselletjies ontwikkel.

13.7.09

Kalium

Kalium is 'n mineraal wat voorkom in sitrusvrugte, volgraan, avokado's, groen blaargroente (veral seldery), peulvrugte en piesangs.

12.7.09

Sterilisasie

Sterilisasie is 'n proses waardeur 'n persoon hom, of haar, onvrugbaar laat maak.