Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.8.09

Skildklier


Die skildklier is die klier aan die voorkant van 'n mens se strottehoof. Die klier skei 'n jodiumryke hormoon (tiroksine) af wat 'n belangrike invloed uitoefen op groei en die senuweestelsel.

16 comments :

  1. Anonymous5/8/09 12:03

    Ek het 28 jaar gelede baie siek geword. My bene het knoppe op gehad en was drie keer die grootte as normaal. Die dokters het my getoets vir alles onder die son en ek was op kortosoon drips in die hospitaal, maar die swelling wou nie sak nie. Ek is na ongeveer 'n week huis toe met nog steed geswelde bene met die verskil dat die knoppe nou al die kleure van die reenboog gehad het, blou, groen pers en geel. Dit het gelyk of my bene besig was om vrot te word. Na 5 weke plat in die bed het ek my dokter weereens gaan sien en gese ek wil 'n internis gaan sien. Na 'n paar dae het sy vir my 'n afspraak by 'n internis gekry. Hy het my ondersoek en vir my gese dat ek al die tyd op die verkeerde behandeling was, nodeloos om te se ek het dit geweet.
    Behalwe vir die feit dat ek skaars kon loop en sandae dubbeld my grootte moes dra was ek ook siek soos in naar, pyne in my sye en net geen krag in my liggaam gehad nie. Die internis het my 'n voorskrif gegee en ook vir my gese dat as ek nie op die medisyne reageer nie ek nie veel kans het om te lewe nie. Die internis het vir my 3 soorte hoesstroop gegee wat soos water lyk. Toe die apteker my vra of ek hoes se ek vir hom kyk hoe lyk my bene. Hy het die Internis geskakel en hy het vir die apteker gese om die medisyne vir my te gee. Blykbaar het die medisyne 'n hoe inhoud van jodium bevat wat my liggaam glo gekort het. Op hierdie stadium was ek ongeveer 28 jaar oud en my kinders nog baie klein. My moed het omtrent in my skoene, wat ek nie kon dra nie gesak. Na 3 dae van hierdie medisyne het die swelsel begin sak en na 2 weke kon ek weer gaan werk, maar ek was baie swak. Ongeveer 'n maand later het die dokter my weer getoets vir swangeskap, want my periodes was toe al 'n geruime tyd weg. Blykbaar het wat ookal die probleem was my eierstokke aangetas en het hulle uitgevind my skildklier is onderaktief. Ek het dadelik Eltroxins sowel as Trisequins Forte begin gebruik en 28 jaar later gebruik ek dit nog steeds. Die enigste probleem is dat ek nooit enige energie het nie en natuurlik baie koud kry asook pyne in die bene en gewrigte. Ongeveer agt weke gelede is my man gediagnoseer met 'n onderaktiewe skildklier en hy is altyd moeg selfs nadat hy Eltroxin begin gebruik het. Ons gebruik altwee die 1.0mg sterkte, maar gewig is 'n probleem en ook lewenslus. My man het eers vreeslik gesweet in die nag soveel so dat ek moes amper elke dag die bed skoon oortrek. Hy kry vreeslike pyne in sy bene en dit versoorsaak dat nie een van ons baie goed slaap nie. Ek wil net graag weet of die behandeling wat ons kry die enigste en die beste behandeling is.

    ReplyDelete
  2. More

    Ek het 'n onderaktiewe skildklier en weet nie of dit die oorsaak kan wees nie, maar ek het in die laaste jaar 25kg opgetel en het al alles probeer om gewig te verloor. Ek kry dit nie reg nie.

    Kan dit 'n hormoon wanbalans wees? Ek is al raadop. Ek eet nie regtig verkeerd nie en oefen elke dag, maar niks wil werk nie.

    Kan jul help met raad asseblief.

    Baie dankie

    ReplyDelete
  3. Anonymous13/4/10 08:22

    More
    Ek is 'n asma pasient en vir 8jaar het die dokters my op kortisoon gesit maar in die laaste 3 maande het ek begin gewig optel en ek kry dit met net niks verloor nie ek het ook vandat ek 16 is hormoon probleme maar die dokters kon tot dus ver nog geen fout vind nie, my vraag aan u is of u dalk dink dit kan te doene met my skildklier wees dat ek so vinnig gewig optel?

    ReplyDelete
  4. Anonymous13/4/10 08:39

    Weet nie van die skildklier nie, maar dit kan die kortisoon wees. Dit gebeur dalk nou eers as gevolg van jou ouderdom (wat jy nie noem nie).
    Het dit persoonlik so ervaar. 'n Drastiese leefstylverandering het van die asma ontslae geraak (beheer) - en gevolglik die kortisoon.

    ReplyDelete
  5. Anonymous30/4/10 17:27

    Hi
    Ek ht ook al hierdie simtome van been pyn moegheid koue sweet lyk of nou net uit die stort kom en alles wat daarmee gepart gaan. Ek drink ook eltroxin maar glo vir my 3 x 0.1mg en my telling is nog te hoog 'n hele 29.5 waar dit maar 5 moet wees. Tot my skok gaan ek nou ander behandeling ontvang. Radio aktiwe behandeling. Ek mag vir 'n paar dae nie in aanraaking kom met kinders en swanger vroue nie. Nou ja kom ons kyk wat gaan gebeur.
    Sterkte aan almal wat so moet sukkel met 'n skildklier.
    Francine

    ReplyDelete
  6. Anonymous5/5/10 09:39

    Ek is `n 23 jarige vrou en het my skildklier verwyder,is daar kos soorte wat ek nie mag eet nie?

    ReplyDelete
  7. Middag

    Ek is so twee jaar terug met n onderaktiewe skuldklier gediagnoseer ek drink tans eltroxine vir dit, vier maande terug was ek by my gynie gewees en syt uit gevind ekt siste op my eierstokke en date k insulien weerstandig is toe sit sy my op glucuphage. Ek eet nou gesond en begin nou gewig te verloor. Syt my op femodene die voorbehoedmiddel ok gesit want ekt seker vir meer as ses maande nie gemenstrueer nie. Ek wil net weet of kan die siste self weg gaan of kan dit net met n operasie verwyder word? Ek wil ook graag weet is dit normal dat ek pyn by my blaas kry whether dit daai tyd van die maand is of nie en my period is nie elke maand dieselfde nie.

    Groete

    ReplyDelete
  8. Anonymous4/2/12 22:41

    my man het vroeg in januarie begin sleg voel,met ernstige hoofpyne,moegheid,naar in die oggend en hy bly swak.hy was toe opgeneem in hospitaal waar hul hom behandel het vir depressie,maar sy lewertelling was hoog.hul het weer lewer telling toets gedoen en dit was hoeer as vorige een.hy lyk en voel erger as ooit,maar dokters het ander bloedtoetse ook gedoen en ook mri toetse maar kry niks fout nie.ons is al raadop.

    ReplyDelete
  9. Ek hoop iemand het vir my n antwoord.ek het al vir soveel bloedtoetse gegaan maar weet nou nog nie wat verkeerd is nie. Ek het in Maart vir n klein blaas prosedure gegaan en so week na dit het ek net n snaakse smaak in my mond gekry as ek koffie maak en kan glad nie koffie drink nie ek drink nou net rooibos tee. Dit was die selfde met vleis en het ek dit ook uitgesny en eet nou net groente en vrugte met lensies. Het nog steeds die snaakse smaak en reuk vir sekere goed sefs tande paste magarine en sterk reuke. En ek het net skielik gewig verloor 14kg van April af. My skildklier was altyd onderaktief. Ek hoop julle het vir my n antwoord.

    ReplyDelete
  10. goeiedag ek het 4maande gelede my linkerkant se skildklier heeltemal verwyder na d operasie was alles 100% ma nou skielik kan ek nie growwe kosse eet nie sluk swaar lewe nou op sop,custard, yohurt help asb

    ReplyDelete
  11. Kan die skildklier jou keel vir 4mande elke dag seer laat voel

    ReplyDelete
  12. enige raak vir die pynlikheid in my skildklier x kan nie eet nie want sluk swaar

    ReplyDelete
  13. Hoe weet mens jou skildkier gee probleme. Ek voel my keel is dik en ek sit gewig aan kan dit dit wees

    ReplyDelete
  14. Ek is 73 ,het 2 keer flou geval .Diagnose skildklier telling van 70,gebruik 5dae nou Eltroxin Bene pyn en yskoud ,voel pap en kan nie aan die gang kom nie.Ek is baie aktief.Hoelank kan die toe stand aan Hou?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die dokter probeer waarskynlik tans om jou toestand te stabliseer en te verhoed dat dit erger raak. Probeer 'n tyd lank baie rus en kyk of dit 'n positiewe effek het. Soms affekteer die toestand jou hart, wat ander probleme kan veroorsaak. Indien dit beter raak moet jy besluit of jy ekstra medikasie wil neem of dit op 'n ander manier wil benader.

      Delete