Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.8.09

Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek

Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met uitgebreide praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en kindersorg. Met hierdie wonderlike nuwe boek rus sy verwagtende ouers toe met alles wat hulle maar kan wil weet omtrent swangerskap en geboorte.

Aangesien voorgeboortelike sorg ideaal reeds lank voor bevrugting begin, bespreek sy die regte maniere om vir swangerskap voor te berei sodat die ouers kan verseker wees hulle verwek die gesondste baba moontlik. Die moeder se gesondheid, haar persoonlikheid, die ouers se verhouding, hul emosionele intelligensie, ouderdom en vrugbaarheidsfaktore word van nader beskou. Sy lei die ouer deur elke stadium van die swangerskap self. ’n Meer intieme kennis van die groei en ontwikkeling van die baba, laat hulle meer betrokke voel by hierdie haas ongelooflike proses en maak hulle ook meer bewus van hoe hulle hierdie ontwikkeling kan beïnvloed. Hierdie kennis help om ongegronde vrese te besweer, bemagtig hulle om die regte keuses uit te oefen, en help om swangerskap ’n aangename ervaring te maak.

Suster Lilian voel dat die geboorteproses, dié gebeurtenis waarop ouers gewag het deur die lang weke van die swangerskap, meer natuurlik kan geskied as die unieke eienskappe van die moeder wat gaan geboorte skenk in gedagte gehou word. Sy kyk na al die opsies, en beveel ’n natuurlike geboorte aan waar alles wel is met die moeder en die baba, maar waar mediese ingryping of ’n keisersnee aangewese is, is dit die beste uitweg.

No comments :

Post a Comment