31.8.09
Bloedsomloop
Die bloedsomloop is die kringloop van bloed deur die are en hart. Dit verwarm die liggaam, voorsien die weefsel van suurstof en voedingstowwe en dit verwyder afvalstowwe.
Etikette:
Bloedsomloop
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Ek wil graag weet my ma is 'n diabeet, ewe skielik het haar groottoon potblou geword sonder dat sy dit gestamp het. Die dokter sê dit is swak bloedsomloop, is dit so en wat kan sy daarvoor gebruik.
ReplyDeletendien die dokter sê dit is swak bloedsomloop dan sal ek dit glo.
ReplyDeleteSorg vir 'n gesonde bloedsomloop deur:
- Gesonde eetgewoontes
- Beheer stres
- Oefen, oefen en nogmaals oefen
Ek wil graag weet of ñ kind se bloedgroep groep O kan wees as beide ouers groep A is.
ReplyDeleteDis definitief moontlik. Al wat dit beteken is dat die ouers se bloedgroepe AO is en nie AA nie. Mens noem nie albei A's nie asook nie die O nie omdat dit resessief is. Dus ontvang die kind 'n O by elke ouer en sy bloedgroep is OO..albei resessief en die enigste manier om 'n O bloedgroep te he. Ek hoop dit maak sin.
DeleteWat is die beste boere raad vir baie swak bloedsomloop in jou bene?
ReplyDeleteEK IS 2 METER LANK EN IS 23 JAAR OUD, EK WEEG 120 KG... MY BENE LYK OF EK PERMANENT "GETAN" IS MET DIE SPAT ARE EN SLEGTE BLOEDSOMLOOP... EN ELKE OGGEND WANEER EK OPSTAAN IS OF EEN VAN MY ARMS OF EEN VAN MY BENE ("DOOD" AAN DIE SLEEP)
ReplyDeleteHELP ASB????? HOE GAAN DIT WEES WANEER EK EENDAG 50 IS.....
Drink elke oggend suurlemoensap met louwarm water op nugter maag en kry vir jou rooipeperpille by die apteek, drink 1, 2maal 'n dag saam etes. Gaan ook vir 'n limfdreinering een maal 'n maand. Dit werk.
ReplyDeleteWat is limfdreinering? Hoe word dit gedoen?
ReplyDeleteSal die raad probeer.
Middag.
ReplyDeleteEk is ‘n 47 jarige vrou. Ek was werksaam vir ‘n myn in Brits en is aan die einde van verlede jaar 2009 “geretrench”. Sedertdien is ek sonder ‘n mediese fonds en het nou dringend raad nodig wat ek kan doen in my huidige situasie. Ek het nou ‘n vryskut werk bekom maar is die salaries nie genoeg om by ‘n mediese fonds aan te sluit nie.
Ek het twee probleme en sal dit waardeer indien u my van raad kan voorsien.
Die eerste is: ek het bloeklonte in my bene en is van hulle erg pynlik. Ek gebruik tans ‘n salf – Thrombo-hob gel wat ek maar aansmeer. My een been is erg pynlik en ervaar ek van tyd tot tyd ‘n styfheid. Ek sit meestal die hele tyd in die dag en probeer van tyd tot tyd trappe klim om oefening in te kry. Wat kan ek doen om hulle te laat oplos?
Die tweede is ek het erg drukking in my oë. Ek kry aanhoudend “blurry vision”. Ek het al by verskeie geleenthede my suiker laat toets. Ek het ongeveer 2 jaar gelede ‘n oogtoets gehad en het hullle vir my ‘n bril gemaak. Die problem is egter ek kan byna niks met die bril sien nie en van tyd tot tyd traan my oë die hele dag. Dit traan so erg dat dit lyk asof ek huil. Die oogarts het meegedeel dat ek drukking in my oë het. Die een oog is 17 en die ander 19. Is dit gevaarlik? Wat kan ek daaraan laat doen. Ek is van my oë afhanklik om te kan werk.
Ek vra omverskoning vir enige ongerief veroorsaak, maar sal dit waardeer indien u my van raad kan bedien en hoe ek te werk kan gaan.
Dankie by voorbaat.
Felicity,
ReplyDeleteDit help nie jy behandel simptome nie.
Jy sal jou leefstyl moet verander. Volg 'n GEREELDE oefenprogram en 'n gesonde dieet.
Klop aan by jou plaaslike kliniek indien jy nie die dokter kan bekostig nie.
Felicity,
ReplyDeleteDit help nie jy behandel simptome nie.
Jy sal jou leefstyl moet verander. Volg 'n GEREELDE oefenprogram en 'n gesonde dieet.
Klop aan by jou plaaslike kliniek indien jy nie die dokter kan bekostig nie.
Hi,
ReplyDeleteWat kan ek gebruik om bloedklonte op te los,behalwe aspirien.
Wat veroorsaak bloedklonte.?
Help asb
Dankie
Warferin vir kloedklonte
DeleteEthel,
ReplyDeleteMy voorstel is dat jy uitvind wat jou bloedklonte veroorsaak en dit behandel. Medikasie is een opsie om daarvan ontslae te raak, maar dalk moet dit deur 'n dokter verwyder word. Gaan spreek jou dokter, sommige bloedklonte is gevaarlik. Bloedklonte word veroorsaak deur verskeie dinge soos byvoorbeeld 'n slegte dieet, swak sirkulasie en selfs sommige medikasie.
Hallo
ReplyDeleteMy ma se are bars gereeld. Is dit skadelik en as gevolg van die disprin wat sy drink vir hoë bloeddruk of kan dit ander oorsake ook wees. Moet sy dokter toe gaan.
Adele,
ReplyDeleteJy noem nie waar in haar liggaam dit gewoonlik gebeur nie. Dit is beslis 'n goeie idee dat sy dokter toe gaan, veral al sy aan hoe bloeddruk ly.
Ek wil graag weet my ma is 'n diabeet, ewe skielik het haar groottoon potblou geword sonder dat sy dit gestamp het. Die dokter sê dit is swak bloedsomloop, is dit so en wat kan sy daarvoor gebruik.
ReplyDeleteIndien die dokter sê dit is swak bloedsomloop dan sal ek dit glo.
ReplyDeleteSorg vir 'n gesonde bloedsomloop deur:
- Gesonde eetgewoontes
- Beheer stres
- Oefen, oefen en nogmaals oefen
My man het onlangs 'n operasie ondergaan om twee verstopte are te laat verwyder.Die are het deur sy testes geloop en die dokters dink dat dit veroorsaak het dat hy steriel voorkom(dat dit 'n blokkering veroorsaak het). Hy moet weer in Desember gaan vir toetse. Ek wil net weet hoe algemeen dit is? Is die tipe operasie die meeste van die tyd 'n sukses?
ReplyDeleteVerstopte are, om watter rede ookal, kom baie algemeen voor. Operasies om hulle te verwyder is normaalweg baie suksesvol. Die mees algemene operasie word na verwys as stroping.
ReplyDeleteBlokkasies in are is egter normaalweg 'n simptoom van iets anders. Kyk dat jy man sy leefstyl aanpas en mooi gesond leef.
my skoon ma het ook 'n probleem sy is 'n hoe bloeddruk leier en sy drink elke dag die pille wat die dokter voorgeskryf het maar sy word verskriklik duislig en sy bly dronk voel soms as sy kyk wil haar oe nie fokus nie dit voel of dit trek, en dit lyk waterig, ons weet nie wat dit is of dit veroorsaak nie dr. bly haar net behandel vir die bloeddruk want hulle se dis dit.
ReplyDeletedankie
hi ek het n probleem eks nou 23jaar oud ek kan gladnie n harde ereksie nie sukkel al met die probleem
ReplyDeletevan ek 17 was weet gladnie meer wat om te doen nie dis besig om my manlikheid af te breek was al by my
dokter en hy se dit sal reg kom maar is steeds die selfde wat kan dit wees Hoop jul het raad vir my of dalk
n dokter in pta wat ek kan gaan sien oor die probleem..
goei dag, miskien kan iemand vir my help, ek kry net bloedklonte in my arm, dit is pynlik, en maak n' knoppie, soms rooierigheid, is dit ook so gevaarlik soos in die bene ens. danki.
ReplyDeleteMy man het n bloedklonte in sy regter en linker kuit dus nogals groot hyt net vandag begint kla oor sy regter kant se been wat pyn dit sleep wat ek op gelet het die bloedklont in sy aar is nie meer op sy kuit nie dus weg maar da is n groot swelsel in sy bo been.kan dit die bloedklont is wat geskuif het kan u my asb raad gee.
ReplyDeleteJou man moet so gou as moontlik by 'n dokter uitkom. Dit is gevaarlik as daai bloedklont beweeg.
DeleteVra jou dokter om warferin voor te skryf
DeleteEk het 5 jr trug bloedklont in linkerarm gekry. Die kliniek was baie omgekrap omdat ek eers n week na die bloedklont n groot blou kol en knop gemaak het gegaan het na hul. Hy was gladnie seer nie. Nou het ek weer een in regter arm op dieselfde plek maar die een brand en my are was baie blou gisteraand. Ek voel om nie meer daar nie maar wel nou aan die bokant van my arm. Hy brand daar en pyn as ek my arm gebruik. Ek is ook van gister af skielik net baie moeg. Kan die bloedklont dit veroorsaak.
ReplyDeleteJy moet so gou moontlik by die kliniek uitkom. 'n Klont kan lewensgevaarlik wees.
DeleteEk is n 54 jarige dame met hoe bloeddruk en n linker bundel blok hart probleem ! Is op medikasie vir dit ! Het gister oggend wakker geword met n vreeslike gejuik wat net erger geword het . Verdwyn na n lang ruk dan begin dit weer ! Kan dit dalk my bloedsirkulasie wees en wat kan ek daarvoor gebruik ? Help asb voel ek kan mal raak !
ReplyDeleteEk sou aanbeveel ek gaan sien 'n dokter. Die rede is omdat hoe bloeddruk die klein bloedvaatjies in die niere kan beskadig. Een van die simptome hiervan is 'n gejuk. Dit is nie noodwendig dit nie, maar gaan net om veilig te wees.
DeleteGoeie dag
ReplyDeleteek het 37 liter water in my liggaam wat ek nie kan uitskei nie hoe word limfdreinering gedoen? my bene voete is erg gewel en kan nie skoen aankry nie , ek sal dit waardeer as u my meer van die limfdreinering kan vertel
Groete
Alice
Goeiedag
ReplyDeleteEk is 58jaar oud! As ek soggens opstaan moet ek eers n ruk staan voor ek kan loop! My voete pyn vreeslik.....as ek egter begin loop is dit weg! Soms pyn my bene na n funksie ongelooflik baie op my maermerries ....maar dis seker te verstane! Ek het n venue en loop geweldig baie maar is redelik loop fiks! Dis vir my niks om 15000 tree per dag te loop nie! Ek is baie gesond....gebruik geen medikasie nie! Ek merk nou vreemde vlekke op my onderste deel van my bene!
Iemand het genoem dat dit infeksie in my are kan wees! Ek is bekommerd dat dit swak bloedsomloop kan wees ...of wat veroorsaak die vlekke?
My man se hande word pot blou Dokter het Sy bloed druk gevat was te hoog is nou op bloed pille dink Sy pille maar Sy hande word nog baie blou moet treug vat Dokter toe
ReplyDeleteDit hang af van hoe lank hy al daarop is. Dit neem 'n paar dae voor dit 'n verandering maak. As daar nie verandering is nie, gaan terug dokter toe. Dalk sal die dokter besluit om 'n sterker pil voor te skryf.
DeleteMy seun het vergroosels in altwee oe Dokter het oog drippels voor geskryf sal dit die vergroosels weg vat
ReplyDeleteAs die dokter dit daarvoor voorgeskryf het behoort dit te help.
Delete'n Perdjie het my so 3 dae terug geskop op my bo-been. Reuse bloukol natuurlik. Bietjie agtergrond: Oor die algemeen kry ek redelik maklik bloukolle. Ek was vroeër gediagnoseer met Fosfolipiedsindroom, maar dit het weer negatief getoets nadat ek Clexane moes gebruik met my 3 swangerskappe.
ReplyDeleteDie bloukol is pynliker as gewone bloukolle, my spier het waarskynlik binne ook seergekry. Maar gisteraand het ek 'n snaakse klopgevoel in my been gekry toe ek gaan slaap het en vanoggend weer effense kampies in my borskas...
Ek het sommer Disprin gedrink om my bloed so bietjie dun te hou vir ingeval... Kan groot blou kolle bloedklonte veroorsaak???
Afgesien van die bloukolle, ja, die tipe beserings kan bloedklonte veroorsaak. Dit kan selfs iewers in 'n aar wees wat nie ooglopend beseer is nie. Wees veilig en gaan vir 'n mediese ondersoek.
Delete