Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



12.9.22

Kruie vir kwale: Brandwonde

Die jellieagtige inhoud van die blare van suurvye kan op ligte brandwonde gesmeer word.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op ligte brandwonde gesmeer word.

♦♦♦

Wanneer jy jou tong brand met warm kos, gooi ’n paar druppels vanilla daarop om dit te verlig.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1.9.22

Kruie vir kwale: Bloublasies

As iemand deur ’n bloublasie gebrand word, soek in die duine vir suurvye. Gebruik die blare se sap om die wond te behandel.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

31.8.22

Asemhaling vir angstige persone

Angs kan probleme met asemhaling veroorsaak omdat jou hartklop verander. Daar is medikasie hiervoor, maar jy kan ook sekere asemhalingsmetodes gebruik:

Sit gemaklik en asem diep in deur jou neus vir 6 sekondes. Sorg dat jy "deur jou maag" asem haal.
Hou die asem in vir 3 sekondes.
Laat dit stadig uitkom deur jou mond, maar sorg dat jou jou lippe amper op mekaar is.
Ontspan jy lyf terwyl jy dit doen.
Doen dit 10 keer.

15.8.22

Kruie vir kwale: Maagseer

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir maagswere.

♦♦♦

Maak die wortel van die noem-noem skoon en maak fyn. Gebruik 2 teelepels in ’n koppie warm water. Drink dit vir maagsere.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.8.22

Kruie vir kwale: Menopouse

Sluit soja, vinkel en kool in by jou dieet om simptome van menopouse te verminder.

♦♦♦

Daar is navorsing wat bewys het dat johanneskruid simptome van menopouse soos warm gloede kan verminder.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids