Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.1.17

Harsingskudding

Harsingskudding is ’n tydelike breinversteuring. Dit word ook soms “konkussie” genoem.

Harsingskudding is gewoonlik die gevolg van ’n hou teen die kop, ’n val van ’n hoë plek of ’n ongeluk.

Dit kan voorkom sonder dat die persoon bewusteloos is of net vir ’n kort tyd bewusteloos is.

Omdat harsingskudding harsingdruk kan voorafgaan is dit baie belangrik dat persone met die toestand baie fyn dopgehou word. Indien die simptome voortduur of die persoon se toestand versleg moet hulle dadelik by ’n dokter uitkom.

Simptome en tekens
• Kort of ’n gedeeltelike verlies van bewussyn

Indien die persoon bewusteloos is, kan die volgende simptome en tekens voorkom:
• Vlak asemhaling
• Bleek in die gesig
• Die vel is koud en klam
• Die pols is vinnig en swak

Wanneer die persoon besig is om te herstel kan die volgende simptome en tekens voorkom:
• Naarheid
• Die persoon kan nie gebeure net voor en na die insident onthou nie

5.1.17

Kruie vir kwale: Klierkoors

Rus en baie vloeistowwe is die belangrikste met klierkoors – water en ’n sap wat ’n kombinasie is van wortel, beet en seldery is die beste; sit sommer bietjie vars gemmer ook in. Enige kruie-medikasie wat die immuniteit versterk en die limfstelsel help herstel kan twee keer per dag geneem word. Vitamiene C twee keer per dag help ook. As die klierkoors oor is, maar jy bly moeg moet jy dit oorweeg om ginseng te neem.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: Pavel Danilyuk)

4.1.17

Kopbeserings

Kopbeserings kan die brein beskadig. Indien dit gebeur kan die persoon deurmekaar wees of bewusteloos raak. Harsingskudding of –druk en ander gepaardgaande beserings kan volg.

Met kopbeserings is ’n deeglike ondersoek dus noodsaaklik. ’n Regstreekse hou teen die kop wat hard genoeg is om ’n kopvelwond of kneusplek te veroorsaak, kan ook skedelbreuk tot gevolg hê. Hierdie tipe beserings moet dus dringende mediese aandag kry. As die skedel dun is, kan ’n fraktuur aanwesig wees sonder dat daar enige tekens van uitwendige skade is.

Kopbeserings kom gereeld voor by: ’n val, veral by bejaardes, siekes en dronk persone; padongelukke; sportbeserings of in hoërisiko-beroepe soos konstruksie of mynbou.

27.12.16

Seksuele probleme niks vreemd met rumatoïede artritis

Meer as een derde van mense wat ly aan rumatoïede artritis ondervind seksuele probleme. Die probleme sluit in ’n lae libido, pynlike seks, gebrek aan orgasmes, vroeë ejakulasie en ’n swak sekslewe.

Dit blyk uit die studie deur die Sentrum vir Rumatoïede Artritis in Colombië dat daar ’n verband is tussen die siekte en ’n swak sekslewe.

26.12.16

Maak só indien iemand verstik

Die Amerikaanse dokter Henry Heimlich, wat bekendheid verwerf het deurdat hy ’n tegniek ontwikkel het om mense van verstikking te red het, het gedurende sy loopbaan die lewens van meer 100 000 mense in Amerika gered.

23.12.16

Heimlich op jouself

Indien jy verstik sonder dat daar enige ander persoon in die omtrek is om jou te help nie, kan jy selfs die Heimlich-tegniek op jouself toepas sê Meiring. Kyk die volgende video om te verstaan hoe.

21.12.16

Die behandeling van bewusteloosheid

Hierdie is ’n algemene behandeling vir wanneer jy nie weet wat fout is met die persoon nie.

1. Sorg dat die persoon se lugweë oop is, verwyder enige voorwerpe uit die mond en maak stywe klere om die nek, bors en middellyf los.

2. Indien asemhaling ophou begin dadelik met kunsmatige asemhaling.

3. Ondersoek die persoon en probeer vasstel wat fout is.

4. Probeer die bewussynsvlak vasstel, toets die pols en asemhaling.

5. Indien die persoon asemhaal, plaas in die herstelposisie.

6. Bedek die persoon met ’n kombers; indien beskikbaar.

7. Toets gereeld die asemhaling en pols indien die persoon nie gou by ’n hospitaal of mediese personeel uitkom nie.

Om die ken te lig is een van die maklikste maniere om te sorg dat die lugweg oop is.