Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.9.14

Verdrinking

Slegs ’n klein hoeveelheid water in die longe kan verdrinking veroorsaak. Soms veroorsaak dit dat die keel ’n spasma kry en die lugkanaal afsluit, dan praat ons van droë verdrinking.

Dit is belangrik dat enige persoon wat van verdrinking gered word hospitaal toe gaan. Die longe word gou geaffekteer, maar soms sien mens dit eers heelwat later. Indien die persoon in koue water was, moet hulle warm gehou word.

Behalwe die algemene simptome van versmoring, kan daar ook skuim om die persoon se mond en neusgate wees.

23.9.14

Eet jou groente en vrugte jong dame

’n Dieet ryk aan groente en vrugte word lank reeds geassosieer met minder hartkwale in middeljariges, veral vroue. Nuwe navorsing wys nou daarop dat dit waarskynlik dieselfde voordele inhou vir jong vroue in hul 20’s.

Die studie deur die Minneapolis Heart Institute Foundation in Amerika het veral gefokus op die eet van groente en vrugte in verhouding met die opbou van kalsium in die are.

Die resultate het getoon dat die verkalking van are in jong vroue wat 8 porsies groente en/of vrugte eet per dag, 40% minder is as die wat slegs 3 porsies eet. 2 648 vroue was betrokke by die studie.

18.9.14

Kruie vir kwale: Maagkanker

Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld maagkanker.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.9.14

Noodhulp: Hoe help jy iemand wat hulself opgehang het of verwurg word

1. Indien dit iemand is wat hang, ondersteun die persoon se liggaam dadelik. Verwyder dan die beknelling om die nek.

2. Indien die persoon bewusteloos is, maar normaal asemhaal, plaas jy hom / haar in die herstelposisie.

3. Indië die asemhaling moeilik is of opgehou het, begin dadelik met kunsmatige asemhaling.

4. Sorg dat die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

15.9.14

Wie is ek?

Wie is ek?, via Roekeloos, 14 September Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?”

In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.

Die doel van hierdie boek, wat gebaseer is op Louis en Lise se RSG-radioprogram – "Wie is ek? – met Louis en Lise", is om mense met kennis te bemagtig sodat hulle hulself en ander beter sal kan verstaan.

Die drie afdelings van die boek – ‘Wie is ek?’, ‘Waarmee sukkel ek?’ en ‘Wat nou?’ is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap self-ondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder andere jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar jou ook kan help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.

Alhoewel hierdie boek nie as ’n plaasvervanger vir professionele psigoterapie dien nie, kan dit jou help om insig tot jou eie menswees en die mense om jou te kry. Die antieke Grieke het dit nie verniet gesê nie: “Ken jouself.”

Louis Awerbuck is ’n kliniese sielkundige wat sedert 1995 in privaat praktyk is. Hy is gespesialiseerd in psigoterapie met volwassenes en tieners, forensiese assessering en sportsielkunde.

Lise Swart het bekendheid verwerf as TV-aanbieder en agtergrondsanger.

Koop / Buy Wie is ek? (sagteband) >>

Koop / Buy Wie is ek? (eBoek) >>

Wie is ek? [teks] / deur Louis Awerbuck en Lise Swart -- Naledi


2.5

10.9.14

Die onmiddellike behandeling vir versmoring

1. Verwyder die oorsaak van die versmoring en maak seker die persoon se lugweg is oop.

2. Indien die persoon nie asemhaal nie, begin onmiddellik met kunsmatige asemhaling.

3. Indien daar asemhaling en ’n pols is, plaas die persoon in die herstelposisie.

4. Toets die asemhalingstempo en die bewussynsvlak elke 10 minute.

5. Kry so gou as moontlik mediese hulp.

8.9.14

Prostaatbehandeling wat werk, sonder chirurgie en vrugbaarheid word nie beïnvloed nie

Daar is moontlik verligting op pad vir mans met ’n vergrote prostaat en as gevolg hiervan sukkel met irriterende simptome, soos byvoorbeeld gereelde besoeke aan die badkamer. En die verligting kom sonder enige chirurgie.

Dit word genoem “prostate artery embolization” (PAE) en word uitgevoer deur ’n radioloog. Basies is dit ’n proses waarin die vergrote prostaat gekrimp word. Dit neem 3 tot 6 uur.

’n Man se prostaat vergroot effens met ouderdom. Dit mag sodanig vergroot dat dit uiteindelik teen die uretra druk en die vloei van uriene beïnvloed. Die gevolg is dat ’n man meer gereeld vir urineer en die vloei van uriene baie stadiger is. Die blaas word nie sommer suksesvol leeggemaak nie. Teen die ouderdom van 60 jaar lei omtrent 50% van alle mans daaraan.

Die standaard behandeling vir ’n vergrote prostaat is tans ’n operasie. Sulke operasies word uitgevoer onder algemene narkose en kan gevolge hê soos inkontinensie, seksuele disfunksie. PAE word onder lokale verdowing gedoen en die proses behels die tydelike blokkering van bloedvloei na die prostaat. Seksuele disfunksie word nie ervaar nie.

Die nuwe behandeling ondergaan tans verskeie toetse om seker te maak dat dit veilig is.


1. Blaas
2. Rektum
3. Prostaat

(vir meer inligting lees Prostate Arterial Embolization as an Alternative to Surgery for Patients With Benign Prostatic Hyperplasia Refractory to Medical Therapy: Results in 500 Cases, gelewer by die jaarlikse wetenskaplike vergadering van die Society of Interventional Radiology)