Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.1.09

Verrekking

Verrekking is wanneer spier- of tendonvesels wat 'n spier aan 'n been verbind rek of skeur.

Die verrekte gedeelte sal seer wees, teer voel en geswel wees.

Hierdie besering vind normaalweg plaas wanneer die spiere koud of styf is. Die verkeerde uitrusting, soos drafskoene, dra ook grootliks by tot hierdie besering. 'n Swak postuur kan 'n bydraende faktor wees by hierdie besering.

Sorg dat jou spiere opgewarm is voor jy oefen en maak seker jy dra die regte skoene vir die oppervlak waarop jy oefen en jou voet.

Verminder vet in jou dieet

Hier volg 'n paar eenvoudige stappe wat jy kan volg om die vet in jou dieet te verminder.

Stoom, kook of mikrogolf groente of roerbraai dit in klein hoeveelhede olyfolie.

Gebruik eerder kruie en speserye as smaakmiddels in die plek van souse, botter en margarien.

Gebruik suurlemoensap of 'n lae-vet slaaisous oor jou slaai. Jy kan die mayonaise en suurroom in slaaisouse vervang met jogurt.

Gebruik olyfolie in plaas van margrien of botter.

Vervang volroommelk met afgeroomde melk.

Koop vleis met 'n lae vetinhoud en sny enige sigbare vet van vleis af.

Rooster, bak of kook vleis, pluimvee en vis so dat die vet afloop soos die kos gaar word.

Gebruik 'n pan waarin kos nie kan vassit nie.

Skep die vet af van bredies met vleis of pluimvee.

Eet een maal per week 'n lae-vet vegetariese dis.

skrywer: Kathy Thompson

Oor die skrywer
Kathy Thompson is 'n skrywer en spreker met meer as 25 jaar se ondervinding in navorsing van voeding en oefening.

Wenk: Doen jou liggaam ´n guns en drink water. Water het geen kilojoules nie, maar bevat heelwat belangrike minerale. Indien dit saam met ´n ete geneem word help dit die spysvertering aan. Dit is maklik om water in die hande te kry, dit is goedkoop en maak sowat 75% van ons liggaamsgewig op.

Vitamien C en Yster

Navorsers by die Mayo Clinic het bevind dat lensies, bone, soja, neute en volgraan brood uitstekende bronne van proteien is.

Volgens die wetenskaplikes hoef vegetariërs nie ´n kombinasie van groente te eet om die regte proteiene in te kry nie.

Bone, ertjies, volgraan brood, spinasie, rosyntjies, appelkose, perskes, neute en sade is uitstekende bronne van yster.

Deur voedsel ryk aan Vitamien C saam met die ryk aan yster in te neem verbeter die liggaam se opname van yster.

Vegetariërs moet let dat daar heelwat vet teenwoordig is in melk, kaas en neute.

19.1.09

Voedselvergiftiging

Voedselvergiftiging is ongesteldheid as gevolg van die eet van bedorwe of giftige voedsel. Dit kan noodlottig wees.

Boereraat:

Drink drie maal per dag 6 druppels Lugol's Iodine op 1/4 glasie water, tot probleem opgeklaar het. (Derek Botha)

♦♦♦

Gee 'n mengsel van mosterd en sout in warm water, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie.

♦♦♦

Drink een teelepel koeksoda opgelos in een glas water.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

Vitamiengebrek aangespreek - Vitamien A

Die nasionale opname oor voeding in 2005 het bevind dat daar nog 'n groot vitamien A-gebrek in verskeie dele van die Suid-Afrikaanse samelewing is.

Met voldoende vitamien A kan sterftes as gevolg van masels met 50% verminder word en sterftes as gevolg van diaree met 40%.

Suid-Afrika se minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het hierdie maand 'n nuwe poging van stapel gestuur om die publiek bewus te maak van die belangrikheid van vitamien A. Die publiek word aangemoedig om kinders elke ses maande na klinieke te neem vir 'n dosis vitamien A. Dit moet gedoen word tot op die ouderdom van vyf jaar.

'n Gebrek aan vitamien A is die vernaamste oorsaak van blindheid by kinders. Dit veroorsaak ook nagblindheid en ander oogkwale. Lae vlakke van vitamine A word aan Alzheimer-siekte gekoppel. Daar is oor die algemeen 'n groter kans vir infeksie.

Vitamien A is een van die anti-oksidante wat vryeradikale in die liggaam onskadelik maak en jou gesondheid so beskerm. Dit beskerm die voering van die spysvertering-, urien- en asemhalingskanale teen infeksie.

Voedselsoorte wat belangrike bronne van vitamien A is sluit in eiergeel, groen en geel groente, suiwelprodukte, patats, olierige vis, patats, mango's en spinasie.

Swanger vroue moet 'n ekstra 350 mkg vitamien A per dag inneem.

Voeding

Die handeling van te voed of om gevoed te word.

Vrugwater

Die vloeistof wat die ongebore baba omhul staan bekend as vrugwater.