Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.2.09

Spierverrekking

'n Spier kan verrek word as hy abnormaal gerek word. Spasmas kan by sulke spiere voorkom en daar kan gespanne knoppe vorm. Pyn en swelling kom ook voor.

Soos by verswikking is mediese behandeling beslis nodig.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1.2.09

Omvattende Vrouegesondheid

Hierdie boek bemagtig jou met omvattende mediese kennis in verstaanbare taal. Die Omvattende Vrouegesondheidsgids dek elke aspek en fase van ’n vrou se lewe:

Die veranderinge wat jou liggaam deur die jare ondergaan en die beste gesondheidsopsies vir elke lewensfase, van puberteit dwarsdeur jou vrugbare jare tot die menopouse en daarna.
Hormonale gesondheid, met inbegrip van voorbehoedkeuses, swangerskap, menopouse en HVT.
Die belangrikste gesondheidsgevare vir vroue, onder meer kanker, depressie en diabetes.
Algemene mediese toestande by vroue soos allergieë, nierprobleme, rugpyn, oorgewig, spatare, en skildklierprobleme.
Teenveroudering – is liggaamlike agteruitgang onvermydelik?
Verduidelikings van alle ondersoeke en prosedures.
Vrae aan jou dokter vir ingeligte besluitneming.
Plastiese chirurgie.

Bowenal is dit ’n boek oor hoe om siekte te voorkom en ingeligte lewenstylkeuses te maak wat jou blakend gesond en vol lewenskrag sal hou.

Dr. Linda Friedland is ’n gesogte mediapersoonlikheid, algemene praktisyn en internasionaal erkende spreker en skrywer van verskeie boeke en artikels. Sy is gelukkig getroud en ’n ma van vyf kinders.

27.1.09

Diabetes / Suikersiekte

Twee basiese tipes diabetes word aangetref, naamlik diabetes insipidus en diabetes mellitus.

Diabetes mellitus ontstaan as gevolg van insulien in die pankreas. Insulien is nodig sodat glukose, wat die liggaam se bron van energie is, aangewend kan word. Glukosevlakke word deur insulien binne veilige perke gehou, en daarom kan die bloedglukosevlakke van lyers gevaarlik hoog raak.

Soek onmiddelik mediese hulp. Diabetes is dodelik en kan slegs deur dokters behandel word.

21.1.09

Die brandnetel is ´n wonderlike ding.

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak.

As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is.

Hoe om jou druppels te maak: Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.

skrywer: Peter M von Maltitz

Verkalkte are

Boereraat:

Drink elke aand ’n bietjie whisky.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

Verbygaande iskemiese aanval (VIA)

'n Verbygaande iskemiese aanval (VIA) is 'n miniberoerte. Dit kom voor wanneer 'n klein bloedklontjie of aarspasma bloedvloei tydelik onderbreek in of na die brein. Dit is soortgelyk aan 'n volskaalse beroerte.

'n VIA rig nie blywende skade aan nie, maar dit kan dui op 'n moontlike ernstige aanval later. Dit is ook 'n aanduiding dat die persoon 'n hartaanval kan hê.

Gaan sien dadelik 'n dokter indien jy vermoed jy het 'n miniberoerte gehad.




(foto: Ron Lach)

20.1.09

Vingers


Die vyf voorlitte van elke hand is 'n baie belangrike deel van die anatomie.