Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.1.09

Uretritis

Uretritis is inflammasie van die uretra. Die uretra is die kanaal waardeur uriene na buite vloei. Die infeksie kan plaasvind indien die E. coli-bakterium in die uretra beland.

Nie-spesifieke uretritis kom voor weens 'n allergie of die oormatige gebruik van alkohol.

Die simptome sluit in 'n pynlike of branderige gevoel tydens urinering, herhaaldelike urinering en 'n wit of troebel afskeiding.

Die dokter sal normaalweg die toestand met antibiotika behandel.

Daar kan moontlik komplikasies ontstaan indien dit onbehandeld gelaat word.

Vriesbrand

Vriesbrand is weefselvernietiging wat veroorsaak word deur die blootstelling van 'n liggaamsdeel aan ernstige koue.

Die simptome is ledemate wat slaap, daarna voel die vel dood en styf. Die vel begin blou lyk en later swart.

Verwyder enigiets wat styf sit om daardie ledemaat. Die persoon moet na 'n warm area verskuif word. Maak die aangetaste gedeeltes warm met jou hand, MAAR moet nie vryf nie. Indien moontlik moet die aangetaste deel in 'n bad warm water gesit word. Maak dit agterna versigtig droog en verbind met 'n gaasverbind.



foto: Aleksandr Slobodianyk

16.1.09

Vrugbaarheid

Vrugbaarheid verwys na die vermoë om kinders te kan voortbring.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Watter voorbehoedmiddel?

Voorbehoedmiddels verwys hier na enige middel wat met 'n geruste hart gebruik kan word om swangerskap te help voorkom.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Werwelontsteking / Spondilitis

Werwelontsteking (spondilitis) is 'n tipe artritis wat die werwelkolom aantas. Dit veroorsaak normaalweg rugpyn en -styfheid. Die rugwerwels mag ook vas aanmekaar groei. Dit kan ook ander bene laat vasgroei aan die werwelkolom en inflammasie veroorsaak in naasliggende ligamente en senings.

Spondilitis kom oor die algemeen by mans in hulle 20's en 30's voor. Die eerste simptome is lae rugpyn en -styfheid. Ander simptome sluit in koors, moegheid, 'n swak eetlus en inflammasie van die oë.

Die oorsake van die siekte is nie so duidelik nie, maar daar word vermoed dat dit oorerflik is.

Persone met werwelontsteking moet verkieslik op 'n harde matras slaap en met hulle rug reguit en met 'n lae kussing. Daaglikse oefening kan help om die styfheid te verminder en die spiere te versterk. Swem is verreweg die beste oefening vir werwelontsteking. Daar moet ook oefeninge gedoen word om diep te kan asemhaal.

Praat met jou dokter oor medikasie.

15.1.09

Wintersore

Wanneer jou ore opgeswel is weens koue. Die toestand is jeukerig en pynlik.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

11.1.09

Woedeuitbarstings

Herbert Mouton skryf:
"My vrou verwag haar tweede kind en ons dogter van 2jr 11 maande het 'n woede wat ons nie kan beskryf nie. Ons gee vir haar baie aandag en liefde, maar as ons in 'n winkel stap wil sy alles hê en begin dan te skreeu asof haar longe gaan uitval. Sy baklei ook vir ons even as ons slaap en sy raak wakker. Ek piets haar soms wanneer ons baie seer gekry het. My ma sê ons moet die kind by 'n sielikindige kry. Ons is moedeloos. Gee asb. raad. Ons is baie lief vir haar en as ons haar iewers stuur dan mis ons haar so verskriklik."

Antwoord: Woedeuitbarstings op hierdie ouderdom is nie ongewoon nie. Dit is die kind se manier om sy/haar gevoel te toon of te kommunikeer. Onthou hulle weet nog nie van beter nie en hulle kommunikasievermoëns is beperk. Dit is egter baie belangrik dat die kind leer dat hierdie tipe gedrag nie aanvaarbaar is nie. Eerstens moet jy daarop let dat die kindjie se basiese behoeftes vervul is. Is sy honger, dalk dors? Vermy situasies wat hierdie gedrag aanwakker. Vermy die gange in die winkel waar sy iets sal wil hê. Besluit vooraf wat jy gaan doen in geval van 'n vloermoer en hou daarby. Onthou dit gaan oor aandag, hetsy positief of negatief. Begin by die huis deur sulke gedrag te straf en te maak asof jy haar ignoreer, miskien vir haar te sê dat indien sy jou aandag wil hê moet sy normaal praat en woorde gebruik. 'n Straf vir die tipe gedrag sou wees om haar iewers op 'n vervelige plek te laat sit vir 'n minuut of twee en maak seker jy neem haar terug indien sy opstaan - nie in haar kamer nie. Indien sy tekere gaan daar waar sy sit maak jy asof jy haar nie sien nie. Sê dit hardop sodat sy hoor. Dit kan aanvanklik baie uitputtend wees, maar indien jy volhard behoort die probleem minder te raak. Kinders leer graag, sommige ouers gee egter te maklik op. Indien sy op ses- of sewejarige ouderdom nog steeds die gedrag toon is dit tyd om 'n sielkundige te gaan spreek.