Die eerste aanduidings vir swangerskap (dis nou voor jy besef jy het jou periode gemis):
Jou borste is gevoelig en/of geswel.
Jy is moeg.
Ligte bloeding of krampe.
Jy voel naar.
Jy kan skielik nie genoeg kry van 'n sekere kossoort nie of jy trek skielik jou neus op vir iets waarvan jy altyd gehou het.
Hoofpyne
Hardlywigheid
Jy voel emosioneel bietjie onstabiel.
Jy voel soms lighoofdig.
Jou liggaamstemperatuur is hoër as normaalweg.
Jy kan natuurlik swanger wees sonder om een of meer van hierdie simptome onder lede te hê.
(foto: Tatiana)
16.4.25
15.4.25
Balsem-sulfuris
Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir rugpyn, lendepyn en nier- en blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.
Kyk by ’n supermark, apteek of gesondheidswinkel vir Balsem-sulfuris.

Etikette:
Blaasinfeksie
,
Niere
,
Rugpyn
14.4.25
Ore wat jeuk
Indien jou ore jeuk, moet nie ’n voorwerp daarin druk om dit te probeer krap nie. Jy kan ernstige skade aanrig.
Die behandeling sal afhang van die oorsaak. Soms is dit gewoon stres wat dit veroorsaak, maar dit kan ook die begin van infeksie wees, of as gevolg van ’n velprobleem.
Die volgende is aanbevelings vir jeukerige ore:
• Sorg dat jou ore altyd skoon is. • Hou jou ore droog. • Probeer ’n paar druppels witasyn in die oor. • ’n Paar druppels olyfolie. • Hou ’n warmwaterbottel teen die oor – pasop vir brand, nie te warm nie.

Ore
2.4.25
Kruie vir kwale: Boererate vir pitswere / bloedvinte
Die blare van die varkblom kan gebruik word om pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.
♦♦♦
Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.
♦♦♦
In die Willowmore-omgewing word die plakkie se blare gekook tot sag en dan fyngemaak. Die afgekoelde pasta word dan aan pitswere gesweer.
♦♦♦
Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir ’n pitswere. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word.
♦♦♦
As jy pitswere of iets soortgelyks gereeld kry, moet jy gereeld probeer borrie drink. Dit is ’n natuurlike anti-inflammatoriese middel ... en eet jou rosyntjies.
♦♦♦
Maak tabakblare warm en en bedek die pitsweer daarmee. Vervang dit met warm blare wanneer hulle koud word.
♦♦♦
Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gebruik dit op pitswere.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

31.3.25
Kruie vir kwale: Sweer
Wanneer jy in ’n doring trap en die punt breek in jou voet af kan jy ’n skyf aartappel op die plek vasmaak. Dit sal inflammasie en swering teenwerk en kan selfs die doring nader aan die oppervlak bring.
♦♦♦
Die blare van die varkblom kan gebruik word om sere en pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.
♦♦♦
Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute. Gebruik dit vir die behandeling van swere.
♦♦♦
Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met swere. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.
♦♦♦
Maak 3 knoffelhuisies fyn saam met ’n knippie sout. Sit op ’n lappie en sit op die sweer.
♦♦♦
Bak 1 middelmatige ui in die kole so heel. Haal die buitenste skille af en sit die binneste so warm moontlik op die sweer om dit oop te trek.

Sweer
27.3.25
Inflammasie
Inflammasie is die reaksie van lewende weefsel op besmetting of beserings. Dit word gewoonlik gekenmerk daardeur dat die area warm voel, pyn, rooi lyk en of opswel. Dit vorm soms etter as dit ontsteek.
Wat medikasie sonder voorskrif betref kan jy iets koop wat ibuprofen bevat.
Boereraat:
'n Goeie natuurlike hulpmiddel is pynappelsap. Dit bevat die proteolitiese ensiem bromelien. Dit kom in heelwat tropiese vrugte voor en is 'n goeie teenvoeter vir inflammasie.
♦♦♦
Spyker balsem, waarvan die hoofbestanddeel terpentynolie is, kan gebruik word vir inflammasie.

26.3.25
Hoe om borsmelk te stop
Elke ma is uniek. Daar is baie redes wees waarom iemand verkies om op te hou met borsvoeding. As jy kan, raadpleeg altyd ’n dokter voordat jy probeer om jou borsmelk op te droog.
Jy kan nie enige spesifieke tyd koppel aan die opdroog van jou melk nie. Dit hang af van verskeie faktore. Dit sluit in jou ouderdom, die ouderdom van jou baba en jou gemiddelde melkvoorraad. Borsmelk kan dae, weke of maande neem om op te droog.
Indien jou baba nog borsvoed, word dit aanbeveel dat die kindjie eers geleidelik gespeen word.
Om jou melk te verminder hou gewoon op borsvoed. Wanneer jy ophou borsvoed, sal jou liggaam geleidelik ophou om melk te produseer. Die gebrek aan stimulasie vertel jou liggaam om op te hou lakteer. Om hierdie metode te gebruik:
o Druk af en toe melk uit om enige ophoping van melk te verlig.
o Gebruik yspakkies om inflammasie te beperk.
o Gebruik kruie. Navorsing dui daarop dat daar ’n paar kruie is wat kan help om jou melkvoorraad te verminder.
Kruie vir laktasie-onderdrukking
• Salie-tee, gemaak met 1 tot 3 gram gedroogde salieblare.
• Smeer jasmynblomme aan jou borste.
• Eet kuisboom-bessies. Die boom word ook genoem Abraham se balsem of monnikpeper.
• Eet pietersielie.
Geboortebeperking help ook om jou melk te verminder. Deur estrogeen as deel van ’n gekombineerde geboortebeperkingspil te gebruik, help jy om laktasie te stop. Die meeste moeders sien ’n daling in melkproduksie nadat hulle een pil per dag vir een week geneem het. Dit moet slegs geneem word nadat jy ’n dokter/kliniek geraadpleeg het.
Wat ander medikasie betref moet jy jou dokter/kliniek vra of jy iets mag gebruik wat pseudoëfedrien bevat, byvoorbeeld Sudafed. Navorsing toon dat Sudafed ’n merkbare afname in melkproduksie veroorsaak. Jy moet op die uitkyk wees vir simptome van angs en slapeloosheid terwyl jy Sudafed neem.
Koolblare en jou borste
Gebruik koolblare op jou borste. Dit bied verligting aan jou borste.
Hoe om koolblare op jou borste te gebruik
1. Was die blare van groenkool en verkoel in die yskas.
2. Plaas die blare oor jou borste – onder jou bra.
3. Verander die blare elke paar uur.
Spyker balsem, waarvan die hoofbestanddeel terpentynolie is, kan gebruik word vir seer tepels.
br>
(foto: Roch Lach)

Baba
,
Borste
,
Borsvoeding
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)