Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

21.11.24

Alkoholmisbruik

Die volgende is tekens van alkoholmisbruik:

• Beheptheid met alkohol
• Angstig oor alkohol
• Vertel leuens
• Spog oor die hoeveelheid wat hy drink
• Asem ruik na drank
• Drankies word vinnig gedrink
• Dink aan verskonings om te drink
• Ontken drankprobleem
• Skuldgevoelens oor drank
• Gebruik asemverfrissers
• Lei aan naarheid, eetverlies en vomering
• Oggendhoofpyne

bydrae: Karen

18.11.24

Kruie vir kwale: Spysvertering

Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.

♦♦♦

’n Aftreksel van die bas van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van slegte spysvertering. Week die bas 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van slegte spysvertering.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir spysvertering. Die bitter smaak van die tee help ook om die aptyt aan te wakker.

♦♦♦

Vir probleme met spysvertering. Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦

Die blare en wortels van die kaneelbol word gebruik om ’n tee te maak vir die behandeling van probleme met spysvertering.
Sny ’n stuk wortel van 1 cm skoon en 2 teelepels gekapte blare. Laat dit trek in ’n koppie kookwater vir 5 minute en gooi deur ’n sif voor jy dit drink.

♦♦♦

Kou ’n paar groenment-blare vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning. Drink dit vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir spysvertering.

♦♦♦

Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy hulp nodig het met spysvertering.

♦♦♦

Maak tee met pietersielie vir hulp met die spysvertering.

♦♦♦

Tee van origanum help dit met spysvertering.

♦♦♦

Tee van marjolein help met spysvertering.

♦♦♦

Kruisementtee help vir spysvertering.

♦♦♦

Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir slegte spysvertering.

♦♦♦

Gebruik pietersielie by jou kos as jy ly aan slegte spysvertering.

♦♦♦

Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld slegte spysvertering.

♦♦♦

Drink vinkeltee.

♦♦♦

Vars basielkruid help die liggaam om kos beter te verteer.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars groenment-blare. Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee drink.
Drink dit vir slegte spysvertering


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.11.24

Artritis / Rumatoiede artritis

Artritis is inflammasie (pyn en swelling) in een of meer gewrigte. Sommige tipes artritis kan egter probleme veroorsaak in ander organe, byvoorbeeld in jou bors, oë of selfs jou vel.

Dit kan verband hou met verswakking van die immuunstelsel, wat moontlik die gevolg is van ´n allergie of virusinfeksie.

Lyers kla van pyn, swelling, styfheid, misvormings en/of verminderde beweeglikheid.

Rumatoïede artritis
Rumatoïede artritis kom voor wanneer die liggaam se immuunstelsel nie goed werk nie. Dit tas gewrigte, bene (veral in die hande en voete) en organe aan.

Simptome sluit in 'n siek moeë gevoel en koors.

Osteoartritis
Osteoartritis is die algemeenste vorm van artritis. Dit kom gewoonlik saam met ouderdom en tas gewoonlik die vingers, knieë en heupe aan.

Jou dieet vir artritis

  • Drink gereeld Omega 3, 6 & 9 olie kapsules sowel as ysterpille.
  • Eet geel voedselsoorte: Appelkose, spanspek, pomelo, lemoene, suurlemoene, mangos, papajas, perskes, pynappels, wortels, pampoen, rooi soetrissies botterskorsies, suikermielies, nartjies en geel soetrissies. Die oranje pampoen en rooi soetrissies, lemoensap, komkommersap, wortels en waatlemoen kan ook help artritis voorkom.
  • Eet gereeld okkerneute, sojabone en vetterige vis.



Boereraat:

Meng 2 koppies Quaker Oats en 1 koppie water in 'n bak en verwarm vir 1 minuut in die mikrogolfoond. Laat effens afkoel en smeer die mengsel op jou hande vir erge artritis pyn. Dit streel en bring verligting.

♦♦♦

Probeer twee teelepels appelasyn en 'n bietjie heuning in 'n glas water, eerste ding in die oggend en weer saam met elke ete.

♦♦♦

Drink twee teelepels lewertraanolie vir vyf dae voor slapenstyd elke aand.

♦♦♦

Party mense sê koperarmbande help.

♦♦♦

Sien ook Kruie vir Kwale: Artritis

13.11.24

Bulimia Nervosa

Bulimia Nervosa kom meesal voor onder jong welopgevoede vrouens wat ly aan depressie, angs en ´n swak selfbeeld. Groot hoeveelhede voedsel word verorber in ´n betreklike kort tyd. Pasiënte probeer hulself reinig deur braking, lakseermiddels of ´n oordosis dieet-medikasie. In sommige gevalle doen pasiënte oormatig oefening of vas vir lang tydperke.

Gereelde braking veroorsaak maagprobleme, terwyl lakseermiddels nierprobleme tot gevolg kan hê. Pasiënte kan sterf weens swak spysvertering of weens die inname van ´n oormaat voedsel.

Probeer om altyd saam met ander mense te eet. Dit help met oormatigheid. Bly ook besig en raak ontslae van daai opgekropte gevoelens. Probeer ook om nie voedsel met baie kalorieë in voorraad te hou nie. Vrugte en groente is jou beste opsies.

Pasiënte het onmiddellik mediese, sielkundige en dieetkundige hulp nodig.

11.11.24

’n Boom wat ons gesond hou

Die kiepersolboom word al vir eeue in tradisionele medisyne in Suidelike Afrika gebruik. Heelwat van hierdie behandelings is reeds deur wetenskaplike navorsing bevestig.

’n Aftreksel van die bas word gebruik vir die behandeling van malaria en slegte spysvertering.

’n Aftreksel van die boomwortels word gebruik vir die behandeling van koors, seksueel oordraagbare siektes en vir ’n lakseermiddel.

Aftreksel van ’n kombinasie van bas, blare, wortels en takkies word ook gebruik vir ’n verskeidenheid gesondheidsprobleme. Daar is verskeie kwale waarvoor dit gebruik kan word wat nie hier gelys is nie.

Daar is ook bewyse dat dit dalk varkgriep kan behandel. Daar is egter nog meer navorsing hieroor nodig. Een voorstel is dat jy ’n aftreksel maak deur die plant se wortels en blare 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water.

Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

Let wel dat die plant ’n bedreigde spesie is en jy moet asseblief nie plantmateriaal koop as jy nie seker van die oorsprong is nie.

(Cock IE, Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. J Ethnopharmacol. 2020 Jul 27;262:113194.)

(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)

7.11.24

Kruie vir kwale: Koronavirus

Die kalwerbossie kan suksesvol gebruik word vir die behandeling van die koronavirus-stam. Dit het potensiaal om Covid-19 suksesvol te behandel.

’n Aftreksel word gemaak deur die plant se wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer.

Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

(Michaelis M., Doerr H.W., Cinatl J. Investigation of the influence of EPs 7630, a herbal drug preparation from Pelargonium sidoides, on replication of a broad panel of respiratory viruses. Phytomedicine. 2011;18:384)



(foto Helena Lopes)

4.11.24

Bosluiskoors

Bosluiskoors is 'n siekte wat deur bosluise oorgedra word. Die natuurlike gashere van die siekte is klein soogdiere soos hase en jakkalse.

Die siekte kom oral voor waar bosluise voorkom.

Simptome en tekens
Sewe dae nadat die persoon deur ’n bosluis gebyt is begin die simptome van hoofpyn en soms ook ’n rooi uitslag. Daar is gewoonlik ’n tipiese bytwond sigbaar, ’n opgehewe, pynlike rooi area op die vel met ’n swart kol in die middel. Bosluiskoors is selde dodelik.

Persone wat gereeld aan die siekte blootgestel word ontwikkel dikwels ’n immuniteit daarteen.