Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Bulimia Nervosa. Show all posts
Showing posts with label Bulimia Nervosa. Show all posts

4.2.10

Bulimia Nervosa

Bulimia Nervosa kom meesal voor onder jong welopgevoede vrouens wat ly aan depressie, angs en ´n swak selfbeeld. Groot hoeveelhede voedsel woord verorber in ´n betreklike kort tyd. Pasiënte probeer hulself reinig deur braking, lakseermiddels of ´n oordosis dieetmedikasie. In sommige gevalle doen pasiënte oormatig oefening of vas vir lang tydperke.

Gereelde braking veroorsaak maagprobleme, terwyl lakseermiddels nierprobleme tot gevolg kan hê. Pasiënte kan sterf weens swak spysvertering of weens die inname van ´n oormaat voedsel.

Probeer om altyd saam met ander mense te eet. Dit help met oormatigheid. Bly ook besig en raak ontslae van daai opgekropte gevoelens. Probeer ook om nie voedsel met baie kalorieë in voorraad te hou nie. Vrugte en groente is jou beste opsies.

Pasiënte het onmiddelik mediese, sielkundige en dieetkundige hulp nodig.