Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Covid-19. Show all posts
Showing posts with label Covid-19. Show all posts

21.2.22

Oefening kan help met die herstel van pasiënte met blywende COVID-simptome

Pasiënte met blywende COVID-19 simptome wat ’n rehabilitasieprogram onder toesig voltooi het, het aansienlike verbeterings in oefenkapasiteit, respiratoriese simptome en moegheid. Dit is die bevinding van navorsers aan die National Institute for Health Research by die Leicester Biomedical Research Centre in Brittanje. Die studie is gepubliseer in die joernaal Chronic Respiratory Disease.

Die pasiënte het twee keer per week geoefen oor ’n tydperk van ses weke. Die program het aërobiese oefening ingesluit, soos stap of die gebruik van ’n trapmeul en kragoefening.

2.8.21

Hoe om jou reuk en smaak terug te kry na Covid-19

Die eerste teken van Covid-19 is dikwels die verlies aan smaak en reuk. Selfs diegene sonder ander simptome ervaar dit. Dit is ’n onrusbarende gevoel as jy nie kos kan ruik of proe nie.

Reukverlies tydens en na ’n respiratoriese virus is niks nuut nie. Dit is nie die geval met Covid-19 nie, waar die reuk en smaakverlies voor enige respiratoriese simptome voorkom. Covid-19 is ’n unieke tipe respiratoriese virus wat vinnig die pad na die senuweestelsel vind. Die virus heg aan die reuksenuwee aan die bokant van die neus. Hierdie senuwee is verantwoordelik vir die oordrag van sensoriese inligting wat verband hou met reuk.

Een manier waarop mense hul smaak probeer aanwakker na Covid-19 is om aan uie te byt asof dit appels is. Dit klink absurd, maar dit kan wel werk.

Daar is geen verkeerde tyd om te probeer om jou reuksintuig en smaak te laat terugkeer nie. As jy Covid-19 het of onlangs herstel het daarvan, maar nog steeds reuk- en smaakverlies het, kan jy met reuk-oefeninge begin. Vitamien A aanvullings en steroïede neussproei kan ook help.

Reuk-oefening kan maklik tuis gedoen word en help baie om die vesels betrokke by reuk weer te laat werk. Begin deur te ruik aan algemene artikels in jou huis. Dit is goed om koffie, parfuum, sitrus of verskillende soorte essensiële olies te begin ruik - bemeester dit en gaan dan oor na ’n nuwe geur.

Hersteltyd wissel van pasiënt tot pasiënt. Terwyl sommige binne enkele dae herstel, kan dit maande duur, en dit kan daarom moeilik wees om te behandel. Pasiënte wat hul reuk verloor het na Covid-19, kan 'n newe-effek van parosmie hê, sodat dinge vir hulle baie sleg kan ruik wanneer hul reuksintuig terugkom.

Die goeie nuus is dat die meerderheid pasiënte vinnig herstel, dus is die verlies aan smaak en reuk tydelik. As jy nog steeds aan hierdie simptome ly nadat jy herstel het van ander Covid-simptome, moet jy meer reuk-oefeninge doen en oor-die-toonbank-steroïed-spuitmiddels gebruik.

Gaan spreek ’n dokter indien dit maande is en jy nog steeds nie kan ruik nie. Dit is ook belangrik om seker te maak dat daar nie ’n ander oorsaak van die verlies aan smaak en reuk is nie.