Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

6.2.24

Kruie vir Kwale: Boererate vir spierpyne

Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik. Mense gebruik dit vir spierkrag.

♦♦♦

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir spierpyne.
Drink dit vir seer spiere.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir seer spiere.

♦♦♦

Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op seer spiere.

♦♦♦

Trek kattekruidblare soos tee, gooi dit in warm water en plaas jou bene daarin.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1.2.24

Kruie vir kwale: Vrugbaarheid

Rooiwortel (Bulbine natalensis) kan dalk die vlakke van testosteroon en ander hormone verhoog en sodoende vrugbaarheid verbeter. Dit word lank reeds as 'n tradisionele medisyne gebruik.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: Nataliya Vaitkevich)

31.1.24

Prostaat

Die prostaat is 'n kastaiingvormige klier wat die urinebuis van mans aan die bokant omring.

Die volgende dui op moontlike probleme met die prostaat:

- Jou blaas is nie heeltemal leeg na urinering nie.

- Tydens urinering stop jy gereeld en begin weer.

- Jy wil weer urineer, binne twee ure na jy laas by die toilet was.

- Jy knyp nie maklik nie.

- Dit kos inspanning om te begin urineer.

- Jy moet snags opstaan om te urineer.

Raadpleeg jou dokter indien jy gereeld hierdie probleme ervaar.

30.1.24

Kruie vir kwale: Seksuele opwekking

Rooiwortel (Bulbine natalensis) kan dalk die vlakke van testosteroon en ander hormone verhoog en sodoende seksuele funksie verbeter. Dit word lank reeds as 'n tradisionele medisyne gebruik.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids


(foto: Deon Black)

24.1.24

Gebruik YouTube in noodgevalle

Met enige geluk sal die meeste mense hulself nooit in 'n situasie bevind wat die Heimlich-maneuver of dringende behandeling van 'n slangbyt vereis nie. Maar as dit gebeur, sal YouTube jou vinnige toegang bied tot stap-vir-stap noodhulpvideo's wat deur hospitale en betroubare gesondheidsorganisasies gemaak is.

YouTube het verlede week aangekondig dat die kort instruksievideo's boaan algemene soekresultate vasgepen sal word vir akute gesondheidsnoodgevalle, insluitend bloeding, verstikking, hartaanvalle, aanvalle en oordosisse.

23.1.24

Oggendnaarheid tydens swangerskap

Naarheid en braking tydens swangerskap staan bekend as oggendnaarheid. Meer as die helfte van swanger vroue ervaar dit, veral in die eerste trimester. Dit kan erger wees met ’n tweeling of drieling.

Die oorsaak is nie heeltemal duidelik nie, maar dit kan veroorsaak word deur hormoonveranderinge of lae bloedsuiker. Ander faktore wat kan bydra tot oggendnaarheid sluit in: stres, moegheid en sekere kosse.

Sommige dinge wat jy kan probeer om te help met naarheid tydens swangerskap:
• Eet vaal kosse soos piesangs, rys, appelmoes en roosterbrood
• Eet sout kos
• Eet kosse wat gemmer bevat
• Eet vrugte met ’n hoë waterinhoud, soos spanspekke, lemoene, en pomelo
• Drink klein hoeveelhede appelsap, druiwesap of limonade
• Vermy vetterige en sterk gegeurde kosse



(foto: Cottonbro Studio)

22.1.24

Blouberglelie / Blouslangkop

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie (Merwilla plumbea) op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.

Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan frakture om dit te help herstel. Dit word ook aan littekenweefsel gesmeer om te vel te help herstel.

Die Tswana-mense hanteer die bolle op dieselfde manier, maar hulle smeer dit aan die rug of die gewrigte.

Die Sotho-mense kook ook die bolle en gebruik dit inwendig as ’n lakseermiddel – per mond of as ’n enema. LET WEL: Die bolle moet ordentlik gekook word, vir ten minste ’n halfuur.

Dieselfde kookproses geld as jy stukke van die bolle kook in water vir sere of swere. Gebruik dit terwyl die bolle nog warm is, maar nie so dat dit jou vel sal brand nie.

Die blouberglelie is 'n bedreigde plant. Moet hulle nie uit hul natuurlike omgewing verwyder nie. Koop dit van 'n kwekery.