Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

22.1.24

Blouberglelie / Blouslangkop

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie (Merwilla plumbea) op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.

Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan frakture om dit te help herstel. Dit word ook aan littekenweefsel gesmeer om te vel te help herstel.

Die Tswana-mense hanteer die bolle op dieselfde manier, maar hulle smeer dit aan die rug of die gewrigte.

Die Sotho-mense kook ook die bolle en gebruik dit inwendig as ’n lakseermiddel – per mond of as ’n enema. LET WEL: Die bolle moet ordentlik gekook word, vir ten minste ’n halfuur.

Dieselfde kookproses geld as jy stukke van die bolle kook in water vir sere of swere. Gebruik dit terwyl die bolle nog warm is, maar nie so dat dit jou vel sal brand nie.

Die blouberglelie is 'n bedreigde plant. Moet hulle nie uit hul natuurlike omgewing verwyder nie. Koop dit van 'n kwekery.

9.1.24

Die behandeling van bysteke

Die angel moet so gou moontlik met ’n stomp voorwerp afgeskraap word. ’n Angel kan gif vir tot 20 minute lank in die wond pomp.

Bedek die plek met ’n verband wat in ’n koeksoda-oplossing geweek is.

Indien die persoon ’n ernstige reaksie toon moet hulle sodra moontlik by die hospitaal gekry word. Pas kunsmatige asemhaling toe indien nodig.

Moenie die persoon dwing om te lê nie. In sulke gevalle is dit soms gemakliker vir die persoon om regop te sit. Steun hul arms op kussings.

Boereraat:

Indien ’n bysteek jou irriteer kan jy die area natmaak en ’n aspirientablet oor die bytplek vryf. Onthou egter dat ’n ernstige reaksie dadelik by ’n hospitaal behandel moet word.

8.1.24

Boereraat - Koorsblaar

Die meeste mense wat koorsblare kry, het ’n idee wanneer hulle gaan ontstaan. Maak 1 aspirienpil (bv. Disprin) fyn en meng met ’n druppel water op ’n slag tot jy ’n pasta het.

Was jou gesig met seep en water. Smeer dan aan die plek waar jy voel die koorsblaar gaan ontstaan. Smeer soveel aan as wat jy kan. Plak ’n pleister oor die pasta en hou so oornag.

Die volgende dag was jy jou gesig met seep en water en dan herhaal jy die proses, tot die koorsblaar weg is.

♦♦♦

Jy kan dieselfde proses gebruik om ’n pasta met koeksoda te maak vir koorsblare.

♦♦♦

Jy kan ook wit vaseline gebruik en dieselfde proses daarmee volg. Jy sal natuurlik nie ’n pasta maak daarmee nie, maar dit net so aansmeer.

♦♦♦

Om gebreekte koorsblaar te ontsmeet, drup ’n paar druppels Listerine daarop. Dis 'n sterk ontsmetmiddel.

♦♦♦

Sien ook Kruie vir kwale: Koorsblare

4.1.24

Spinnekopbyt

Knopiespinnekoppe is die enigste werklik gevaarlike spinnekop in Suid-Afrika.

Twee soorte kom voor: die swartweduwee wat voorkom in die graanlande van die Suidwes-Kaap en geïdentifiseer kan word deur ’n karmosynrooi lyn of kol op die dorsale oppervlak; en die bruinweduwee wat algemeen voorkom binne en rondom geboue en geïdentifiseer kan word deur ’n oranje merk in die vorm van ’n uurglas aan die onderkant van die maag. Beide se gif tas die senuweestelsel aan, maar die swartweduwee is verreweg die gevaarlikste.

Simptome en tekens
• Die gif tas die senuweestelsel aan en dit bemoeilik asemhaling en kan die dood van ’n jong kind veroorsaak.
• Naarheid.
• Oormatige sweet.
• ’n Beklemmende, krampagtige borspyn soos in die geval van ’n hartaanval.


Swartweduwee


Bruinweduwee

3.1.24

Voorbehoedpille en hoë bloeddruk

Voorbehoedpille is oor die algemeen veilig vir mense met hoë bloeddruk. Daar is egter sommige instansies wat aanbeveel dat jy die kombinasiepil vermy as jy jou bloeddruk hoër as meer as 160/100 is. In sulke gevalle beveel hulle aan dat jy by nie-hormonale opsies hou.

Dit is so dat die langtermyn gebruik van orale voorbehoedmiddels wat estrogeen bevat, bloeddruk en die risiko van hipertensie kan verhoog.



(foto: Karolina Grabowska)

1.1.24

Koolblare en jou borste

Gebruik koolblare op jou borste. Dit bied verligting vir seer borste. Dit is 'n gewilde kuur vir vrouens wat borsvoed, of wil ophou borsvoed.

Hoe om koolblare op jou borste te gebruik:
1. Was die blare van groenkool en verkoel in die yskas.
2. Plaas die blare oor jou borste – onder jou bra.
3. Verander die blare elke paar uur.



(foto: Roch Lach)

27.12.23

Kruie vir kwale: Borsmelk

Gebruik koolblare op jou borste. Dit bied verligting. (Hoe om koolblare op jou borste te gebruik)

♦♦♦

Eet pietersielie. Dit help help vir vrouens wat borsvoed se seer borste.

♦♦♦

Eet kuisboom-bessies. Dit help help vir vrouens wat borsvoed se seer borste. Die boom word ook genoem Abraham se balsem of monnikpeper.

♦♦♦

Smeer jasmynblomme aan vrouens wat borsvoed se seer borste.

♦♦♦

Salie-tee, gemaak met 1 tot 3 g gedroogde salieblare, help vir vrouens wat borsvoed se seer borste.

♦♦♦

Fenegriek help vir die vermeerdering van borsmelk. Gebruik 3 tot 8 gram, drie keer per dag.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Vrouens kan dit drink om hul melk aan te help nadat hulle gekraam het.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids