Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.12.23

Maagkrampe by baba’s

Krampe is algemeen by babas, veral gedurende hul eerste jaar. Tekens dat jou baba ongemaklik voel hiervan sluit in:

  • Baba is ongelukkig met alles.
  • Baba is lusteloos.
  • Veranderinge in die frekwensie van die baba se stoelgang.
  • Veranderinge in baba se slaappatroon.
  • Veranderinge in baba se eetgewoonte.

Daar is verskeie dinge wat dit kan veroorsaak. Oorsake kan insluit koliek, hardlywigheid, gastro-enteritis, winderigheid, refluks of 'n laktose-intoleransie.

Wat jy kan doen om dit te verlig:

  • Baba masseer.
  • Fietsry-bewegings met baba se bene.
  • As die baba bottel drink, maak seker die formule is reg.
  • Vermy oorvoeding.
  • Vermy afleidings tydens voeding.
  • Vryf baba se winde uit in verskillende posisies.

Buscopan maak 'n stroop vir baba's so jonk soos 1 maand.

(foto: William Fortunata)

20.12.23

Kruie vir kwale: Verstuiting

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.
Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan verstuitings.

♦♦♦

Smeer die pynlike areas in met arnikaolie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.12.23

Kruie vir kwale: Menstruasie

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die Nama mense gebruik al lank tee van geelblomsalie vir die behandeling van menstruasie pyne.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg. Die tee kan gedrink word vir pyne wat gepaard gaan met menstruasie.

♦♦♦

Sny ’n stuk kaneelbol-wortel van 1 cm skoon en laat dit trek in ’n koppie kookwater saam met ’n paar takkies bergtee. Laat dit trek vir 5 minute, gooi deur ’n sif en drink dit vir menstruasie-pyne.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir pyne wat gepaard gaan met menstruasie.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met menstruasie.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Dreineer en drink die tee vir menstruale probleme.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir pynlike en hewige menstruasie.

♦♦♦

Aandblomolie kan simptome van menstruasie verlig. Om effektiwiteit te verseker, moet Vitamien B6, B3 en C, sink en magnesium hiermee saam geneem word.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.12.23

Sonsteek / Hittesteek

Hittesteek word veroorsaak deur ’n baie hoë temperatuur of ’n koorssiekte soos malaria. Dit lei tot ’n baie hoë liggaamstemperatuur. Die toestand ontstaan wanneer jou liggaam nie meer die interne temperatuur deursweet kan reguleer nie.

Simptome en tekens
• Hoofpyn, duiseligheid en die persoon voel warm.
• Persoon is rusteloos.
• Persoon kan bewusteloos raak.
• Die persoon se koors sal 40°C of hoër wees. Die vel sal blosend lyk, maar droog wees.
• Die pols sal erg klop en die asemhaling kan raserig wees.

Behandeling
1. Skuif die persoon na ’n koel omgewing en verwyder die klerasie.
2. As die persoon by sy/haar volle bewussyn is plaas in ’n halfsittende posisie.
3. Plaas ’n bewustelose persoon wat normaal asemhaal in die herstelposisie.
4. Draai die persoon toe in ’n nat laken en hou dit nat. Waai die persoon se gesig koud met ’n tydskrif/boek/waaier tot die koors tot 38°C gedaal het.
5. Kry so gou as moontlik mediese hulp.
6. Indien die persoon se koors genoeg daal, draai hom/haar toe in ’n droë laken.

12.12.23

Skilfers

Skilfers is ´n algemene kopveltoestand wat voorkom wanneer dooie velselle afdop, sodat wit vlokkies vorm. Dit verskil van die normale proses van die kopvel om dooie velselle af te skud. Droë, koue lug en verminderde blootstelling aan sonlig blyk die probleem te vererger.

Moenie aan die kopvel krap nie en was jou hare gereeld met ´n nie-olierige sjampoe. Spoel die hare met asyn pleks van water af. Gebruik hiervoor ´n mengsel van een kwart koppie asyn teenoor een liter water.

Soek mediese hulp indien skilfers hardnekkig voorkom of simptome vererger.

Boereraat:

Was hare in 2 teelepels koeksoda in ’n liter water en spoel goed af, in ’n week sal jy die verandering opmerk.

♦♦♦

Smeer klapperolie aan die hare voor die hare gewas word.

♦♦♦

Vir skilfers maak 2 aspirientablette fyn en gebruik saam met jou sjampoe een maal per week of masseer jou kopvel met seesout.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: John Diez)

11.12.23

Tenniselmboog

Tenniselmboog word nie net deur tennis veroorsaak nie.

'n Voorarmspier wat rek kan tot inflammasie van die tendon lei wat hulle aan die boarmbeen verbind. Die aandoening word gewoonlik 'n tenniselmboog genoem vanweë die plek waar die pyn ervaar word.

Verreking kom veral voor wanneer 'n rukbeweging 'n spier of tendon laat verrek. Dit is veral geneig om te gebeur wanneer die spiere en tendons koud is.

Spiere wat verrek is is styf en seer en kan hewig saamtrek.

Die beste behandeling is om die spier te rus.

(foto G.I. Folk)

7.12.23

Verminder vet in jou dieet

Hier volg 'n paar eenvoudige stappe wat jy kan volg om die vet in jou dieet te verminder.

  • Stoom, kook of mikrogolf groente of roerbraai dit in klein hoeveelhede olyfolie.
  • Gebruik eerder kruie en speserye as smaakmiddels in die plek van souse, botter en margarien.
  • Gebruik suurlemoensap of 'n lae-vet slaaisous oor jou slaai. Jy kan die mayonnaise en suurroom in slaaisouse vervang met jogurt.
  • Gebruik olyfolie in plaas van margarien of botter.
  • Vervang volroommelk met afgeroomde melk.
  • Koop vleis met 'n lae vetinhoud en sny enige sigbare vet van vleis af.
  • Rooster, bak of kook vleis, pluimvee en vis so dat die vet afloop soos die kos gaar word.
  • Gebruik 'n pan waarin kos nie kan vassit nie.
  • Skep die vet af van bredies met vleis of pluimvee.
  • Eet een maal per week 'n lae-vet vegetariese dis.
Wenk: Doen jou liggaam ´n guns en drink water. Water het geen kilojoules nie, maar bevat heelwat belangrike minerale. Indien dit saam met ´n ete geneem word help dit die spysvertering aan. Dit is maklik om water in die hande te kry, dit is goedkoop en maak sowat 75% van ons liggaamsgewig op.



(foto: Karolina Grabowska)