Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

13.9.21

Nekpyn

Effense pyn in of styfheid van nekspiere word gewoonlik veroorsaak deur te lank in een posisie sit of lê, koue of spanning. Dit kan egter ook veroorsaak word deur ’n fisiese besering of virussiekte.

Simptome en tekens
Pyn in die nek wat deur beweging vererger word.

Behandeling
1. Hou ’n bedekte warmwatersak teen die pynlike deel. Probeer klein bewegings uitvoer met jou nek van tyd tot tyd.
Indien die simptome voortduur of daar ook swelsel, naarheid en/of vomering is, ’n verlies aan bewussyn of opsigtelike skade, moet die persoon mediese hulp kry.

6.9.21

Vat jou neute bed toe

Navorsers aan die menslike voedingseenheid van die Universitat Rovira i Virgili (Tarragona/Spanje) het bevind dat die inname van 60 gram neute per dag seksuele funksie verbeter.

In ’n vorige studie het dieselfde navorsingsgroep beskryf hoe sekere neute (okkerneute, haselneute en amandels) spermkwaliteit verbeter.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Nutrients.

30.8.21

Voorbehoedmiddels

Gesels met ‘n gesondheidswerker oor watter voorbehoedmiddel die beste by jou lewenstyl pas.

Die volgende metodes voorkom ongewenste swangerskappe. Gebruik ‘n nuwe kondoom elke keer wanneer jy seks het om jouself teen seksueel oordraagbare siektes soos VIGS te beskerm. Manlike en vroulike kondome is beskikbaar.

1. Die Inplanting voorkom swangerskap vir 3 jaar of 5 jaar.
2. Die Pil moet elke dag op dieselfde tyd gedrink word.
3. Die Uteriene Toestel (word in baarmoeder geplaas) is effektief vir tien jaar en word verwyder wanneer jy swanger wil word.
4. Wanneer jy die Inspuiting neem weet niemand dat jy gesinsbeplanning metodes gebruik nie.
5. Nood voorbehoed moet so gou as moontlik na onbeskermde seks en definitief binne 5 dae gebruik word.
6. Mans en vroue kan gesteriliseer word as hulle nie meer kinders wil hê nie.

Voorbehoedmiddels is gratis by Suid-Afrikaanse klinieke beskikbaar.

26.8.21

Edeem / Waterretensie

Heelwat mens verwys na edeem as waterretensie. Dit is swelling wat voorkom as gevolg van vog wat ophoop in weefsel. Kapokbos kan gebruik word vir die behandeling hiervan. Maak ’n tee van die blare.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

23.8.21

Reaktiewe artritis / Reiter se sindroom

Reaktiewe artritis is ’n vorm van artritis wat die gewrigte, oë, uretra en die vel aantas. Gepaardgaande swelling in die gewrigte kom voor.

Hierdie tipe artritis word veroorsaak deur verskeie tipe bakterieë. Die artritis is nie aansteeklik nie, maar die bakterieë kan deur seksueel kontak en besmette voedsel oorgedra word.

Jou dokter moet liefs die behandeling voorskryf.

16.8.21

Skeelhoofpyn

’n Skeelhoofpyn is ’n ernstige, verblindende hoofpyn wat nie ’n identifiseerbare oorsaak het nie. Heelwat mense kry egter skeelhoofpyn weens honger, geraas, hitte, reis of emosionele probleme.

Simptome en tekens
• Die persoon se gesig kan saamtrek.
• Die persoon sal naar voel of selfs opgooi.
• Intense hoofpyn, gewoonlik aan die een kant van die kop.
• Lig of geraas irriteer die persoon.
• Die persoon kan bleek wees.
Behandeling
1. Plaas ’n koue kompres of warmsak op die persoon se voorkop. Vra watter een hulle verkies.
2. Laat die persoon in ’n donker vertrek lê.
3. Kry mediese hulp in geval van een van die volgende: naarheid, vomering, koors, stywe nek, ’n gesig wat saamtrek, verwarring of ’n verlies aan bewussyn.

9.8.21

Oefening beskerm teen Alzheimer se siekte

Oefening op ’n daaglikse basis kan jou beskerm teen die kognitiewe agteruitgang toegeskryf aan Alzheimer se siekte. Dit het nie net ’n voordeel vir Alzheimer-lyers nie, maar bied ook beskerming teen normale kognitiewe agteruitgang wat met ’n hoër ouderdom gepaard gaan.

Die navorsers het ook bevind dat die verlaging van vaskulêre risikofaktore weens gereelde oefening addisionele beskerming bied teen Alzheimer se siekte.

Die navorsing is gedoen aan die Massachusetts General Hospital. Die studie is gepubliseer in die joernaal JAMA Neurology.

Vyf maande na die bogenoemde studie het die Duitse Sentrum vir Neurodegeneratiewe Siektes ook bevind dat daar ’n verband is tussen oefening en die brein se gesondheid. Die bevindings van hul 15 jaar studie is gepubliseer in die joernaal Mayo Clinic Proceedings.