Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

14.7.26

Edeem / Waterretensie

Heelwat mens verwys na edeem as waterretensie. Dit is swelling wat voorkom as gevolg van vog wat ophoop in weefsel. Kapokbos kan gebruik word vir die behandeling hiervan. Maak ’n tee van die blare.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir waterretensie. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag. (Khoisan)


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

No comments :

Post a Comment