Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

14.12.20

Van EARS tot ewewig

Boererate.com het die E-afdeling van die Mediese Woordeboek en Gids voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A tot E is voorlopig voltooi.

Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels.

Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.

Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.

Ps. EARS is die afkorting vir ernstige akute respatoriese sindroom.

10.12.20

Voetsorg

‘n Mens kan maklik in die koue wintermaande jou voete afskeep ... en al wat dit verg om liddorings en eelte doeltreffend te verhinder of te behandel, is ‘n klein bietjie tyd en kundigheid.

Boereraat:

As jou voete seer en geswel is moet jy warm water met ’n hand vol Engelse sout en ’n halwe koppie asyn daarin in ’n emmer gooi en die voete daarin hou tot die water begin koud word. Droog goed af en smeer in met spiritus.

♦♦♦

Vir skurwe voete of hande, gooi ’n hand vol hawermeel in kokende water en laat afkoel. Gooi bietjie asyn by. Was jou hande of voete in die water en droog goed af. Smeer nou in met soetolie.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

30.11.20

Oefening help in stryd teen kolonkanker

Oefening kan ’n rol speel in die vermindering van die groei van dikderm-kankerselle volgens navorsing gepubliseer in The Journal of Physiology. Die studie het bevind dat die groei van kankerselle ingekort word na ’n kort sessie van hoë intensiteit interval-oefening (die sogenaamde HIIT-oefeninge).

Die fokus op oefening was lank reeds op die positiewe veranderinge in die liggaam wat plaasvind na ’n lang periode van oefening. Hierdie bevindinge dui egter daarop dat ’n enkele HIIT-sessie, wat bestaan uit ’n oefenregime met kort, hoë energie-sarsies, ook belangrik is.

Dit dui daarop dat herhaalde blootstelling aan oefening kan bydra tot die stryd teen kanker. Hierdie bevindings versterk die belangrikheid van gereelde oefening en die handhawing van ’n aktiewe leefstyl.

01 November 2021 - Daar is nog nuwe navorsing wat bevind het dat oefening help vir kolonkanker / kolorektale kanker.

19.11.20

Kruie vir kwale - Voete

As jou hakskene of voete seer is, smeer olyf - of kookolie aan skurwe hakskene die aand voor jy hulle skuur.

♦♦♦



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.11.20

E. coli

Escherichia coli (E. coli) bakterieë kom normaalweg voor in die ingewande van gesonde mense en diere. Meeste tipes is onskadelik en veroorsaak kortstondige diarree.

Mense word gewoonlik blootgestel aan die bakterie deur besmette water of voedsel - veral rou groente en rou maalvleis. ’n Hamburger wat effens te kort gebraai is of ’n mond vol swembadwater kan maklik ’n infeksie veroorsaak. Gesonde volwassenes herstel gewoonlik binne ’n week van infeksie. Jong kinders en ouer volwassenes het ’n groter risiko om ’n lewensbedreigende vorm van nierversaking te ontwikkel.

Simptome en tekens kom gewoonlik voor drie tot vier dae na infeksie, maar jy kan so gou soos ’n dag na infeksie siek word, of eers ’n week daarna.

Simptome en tekens
• Diarree
• Maagkrampe of –pyn
• Naarheid en vomering

9.11.20

Ernstige Allergiese Reaksies / Anafilaktiese Skok

Anafilaktiese skok is ’n massiewe allergiese reaksie wat kan ontwikkel binne ’n paar sekondes of minute na gebruik van medikasie of ’n insekbyt (-steek) waarvoor die persoon allergies is.

Simptome en tekens
Simptome en tekens van skok
• Naarheid
• ’n Benoude bors
• Moeilike asemhaling
• Nies
• Swelsel in die gesig
• ’n Vinnige pols
• Bewusteloosheid

Kry die persoon so vinnig as moontlik by ’n hospitaal. Behandel soos vir skok.

2.11.20

Die voordele van dagga – nuwe navorsing

In teenstelling met inligting in die populêre media en ander dogma, beteken die tetrahidrokannabinol (THC) bestanddeel van cannabis meer vir jou as die meer sosiaal aanvaarbare kannabinol (CBD). Cannabis is die gedroogte blomtoppe van daggaplante. Die THC is die psigo-aktiewe chemikalie.

Navorsing aan die University of New Mexico toon dat THC ’n sterker verband toon met terapeutiese verligting en dat daar minder bewyse is vir die voordele van CBD as wat algemeen aanvaar word. Beide chemikalieë het moontlike voordele vir die behandeling van simptome vir 'n wye verskeidenheid gesondheidstoestande, maar die studie toon dat die voordele van THC tans meer tasbaar is.

Cannabis is vinnig besig om gewild te raak as ’n pynstillende middel en belowende plaasvervanger vir voorgeskrewe opioïede en ander medikasie, wat dikwels ongewenste newe-effekte, gevaarlike dwelm-interaksies en die risiko van dood inhou. Die studie, getiteld “Association between Cannabis Product Characteristics and Symptom Reliëf”, is gepubliseer in die joernaal Scientific Reports.