Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.11.20

E. coli

Escherichia coli (E. coli) bakterieë kom normaalweg voor in die ingewande van gesonde mense en diere. Meeste tipes is onskadelik en veroorsaak kortstondige diarree.

Mense word gewoonlik blootgestel aan die bakterie deur besmette water of voedsel - veral rou groente en rou maalvleis. ’n Hamburger wat effens te kort gebraai is of ’n mond vol swembadwater kan maklik ’n infeksie veroorsaak. Gesonde volwassenes herstel gewoonlik binne ’n week van infeksie. Jong kinders en ouer volwassenes het ’n groter risiko om ’n lewensbedreigende vorm van nierversaking te ontwikkel.

Simptome en tekens kom gewoonlik voor drie tot vier dae na infeksie, maar jy kan so gou soos ’n dag na infeksie siek word, of eers ’n week daarna.

Simptome en tekens
• Diarree
• Maagkrampe of –pyn
• Naarheid en vomering

No comments :

Post a Comment