Bloed word deur die hart in die liggaam gesirkuleer deur bloedvate na die weefsels en selle, voordat dit via die hart na die longe terugkeer waar dit weer geoksigeneer word.
Daar is etlike faktore wat die sirkulasie kan raak: die volume en gehalte van bloed in die sisteem, die druk waaronder dit deur gesirkuleer word, en die toestand van die hart en vate waardeur die bloed vloei.
Die gemiddelde volwassene het 6 liter bloed wat deur sy / haar liggaam sirkuleer. Die samestelling van die bloed is van groot belang vir die gesondheid van die weefsels.
Normale bloed bestaan uit ’n deursigtige geel vloeistof wat as plasma bekend staan en waarin rooiselle, witselle en bloedplaatjies gesuspendeer is. Die gekleurde pigment in die rooiselle (hemoglobien) voer suurstof na die weefsels. Die witselle oorweldig en verwyder alle skadelike liggame in die weefsels, soos kieme en dooie selle, en die plaatjies help die bloed om te stol.
Die druk waaronder bloed vloei, word bepaal deur die krag wat nodig is om seker te maak dat al die bloed die weefsels bereik. Indien dit te laag is, byvoorbeeld weens ernstige bloedverlies, ontvang die noodsaaklike organe ’n verminderde toevoer bloed en kan nie behoorlik funksioneer nie en skok kan so ontwikkel.
Bloed sal aanhou om in die liggaam te vloei en sal slegs stol indien dit uit beskadigde bloedvate ontsnap.
In een vorm van ’n bloedsomloopkwaal, trombose, kan klontvorming egter in ’n bloedvat voorkom – dit kan die betrokke vat blokkeer en so die noodsaaklike toevoer van geoksigeneerde bloed afsluit. Klonte kan bly vassteek waar hulle gevorm word, of kan deur die liggaam gevoer word totdat hulle ’n belangrike slagaar afsluit.
Verharde slagare is nog ’n oorsaak van ’n bloedsomloopkwaal. Langdurige hoë bloeddruk (wat meer algemeen voorkom namate die persoon ouer word) kan veroorsaak dat slagare bars, wat tot inwendige bloeding lei. Die algemeenste voorbeeld hiervan is serebrale bloeding (’n vorm van beroerte) en dit gebeur wanneer ’n serebrale slagaar wat bloed na die brein voer, bars en bloed in die breinweefsel inlek. Swak bloedsomloop, wat moontlik deur die aftakelingsproses van ouderdom vererger word, kan bydra tot trombose.
Nog ’n faktor is die aanwesigheid van vernoude bloedvate wat ook ’n "vetagtige" aanpaksel aan die wande kan hê. Klonte wat opwaarts tot in die breinslagare gevoer word, kan ’n beroerte (serebrale trombose) tot gevolg hê; klonte in die longe kan die normale bloedvloei en derhalwe die oksigeneerproses versteur (pulmonêre embolisme); klonte wat in die koronêre slagare van die hart self vorm, kan hartversaking veroorsaak (koronêre trombose).
Die hartspier trek saam en verslap net soos ander spiere en het sy eie afsonderlike bloedtoevoer, die koronêre slagare. Dit moet egter ononderbroke werk ten einde al die ander organe van die liggaam te voed-selfs as sy eie suurstoftoevoer verminder is.
Die koronêre slagare kan net soos ander slagare vernou wanneer die persoon ouer word, met die gevolglike vermindering van die hoeveelheid bloed wat deur hulle na die hart kan vloei. Hoe meer van die hartspiere deur hierdie tekort aan bloed geraak word, hoe minder doeltreffend word die hart, die klop sal swak en/of ongereeld raak, en uiteindelik kan dit heeltemal ophou (hartversaking).
10.8.16
8.8.16
Body Worlds Vital 2016 in Kaapstad
’n Splinternuwe Body Worlds-uitstalling open die week in Kaapstad. Body Worlds Vital bestaan 16 nuwe liggame en meer as 160 liggaamsdele. Die nuwe uitstalling sluit ’n drywende paar in wat net deur volwassenes besigtig mag word.
Die uitstalling begin op 9 Augustus 2016 by die Watershed in die V&A Waterfront in Kaapstad en duur tot 23 Oktober 2016. Kaartjies vir volwassenes (18 jaar en ouer) is R120 en R100 vir kinders.
Ps. Dit neem mens tot 2 uur om na die hele uitstalling te kyk.

1.8.16
Voorkoms van sifilis kommerwekkend
Tien jaar se navorsing toon dat die voorkoms van sifilis in Suid-Afrika onaanvaarbaar hoog is.
In die res van die wêreld het die vlakke geval sedert penisillien algemeen beskikbaar geraak het – na 1945. Verdere navorsing is nodig om presies te sê wat dit veroorsaak, maar wat ons reeds weet is dat dit nie is as gevolg van ’n gebrek aan doeltreffende behandeling, die gesondheidsbegroting, BBP per capita of die voorkoms van besnydenis nie. Die wil voorkom asof onveilige seks steeds ’n groot rol speel.
Die kaart dui die voorkoms van sifilis wêreldwyd aan:
(kaart: Kenyon et al.)

27.7.16
Bysteke
Bysteke veroorsaak meer mense se dood as haaiaanvalle, spinnekopbyte en slangbyte saam. Die slagoffers is gewoonlik allergiese mense wat nie gedesensiteer is nie. Enige persoon wat ’n ernstige reaksie op ’n bysteek toon moet sodra moontlik by ’n dokter kom.
Simptome en tekens
Allergiese persone sal kla dat hulle swaar asemhaal en die spraak kan belemmerd wees omdat die weefsel in die keel opswel.
’n Allergiese persoon moet so gou moontlik behandeling kry.
Simptome en tekens
Allergiese persone sal kla dat hulle swaar asemhaal en die spraak kan belemmerd wees omdat die weefsel in die keel opswel.
’n Allergiese persoon moet so gou moontlik behandeling kry.
25.7.16
Nuwe tipes bloedkanker by kinders ontdek
Navorsers aan die Lund Universiteit in Swede het twee nuwe tipes leukemia ontdek. Daar is in totaal nou ag, tipes leukemie wat by kinders voorkom.
Leukemie by kinders kan gewoonlik suksesvol behandel word, maar gaan gepaard met verskeie newe-effekte. Die nuwe navorsing sal hopelik help in die behandeling van hierdie tipe kanker.
(foto: MostPhotos)

22.7.16
“Hy het ’n nuwe hart en dit werk!”
As dit nie was vir die jong, gesonde skenkerhart en die haarfyn beplanning van die span wat Phalo Gayiya se hartoorplanting gekoördineer het nie, het dié sewejarige van De Doorns nie Dinsdag met ’n nuwe hart gespog nie.
21.7.16
Kneusplek / Bloukol
’n Kneusplek (bloukol) is die gevolg van inwendige bloeding.
Die bloed kom uit beskadigde bloedvate en dit sypel deur die weefsel en lê onder die vel.
’n Harde val, byvoorbeeld, kan tot ernstige inwendige bloeding lei.
Simptome en tekens
• Pyn en swelling.
• ’n Blouerige / pers kleur.
• Patroonkneusing, waar die buitelyne van die klere wat gedra is sigbaar is. Dit moet as potensieel gevaarlik beskou word aangesien dit kan dui op skade aan inwendige organe.
Boereraat:
Week 'n wattepluisie in asyn en sit op kneusplek en laat dit daar vir omtrent een uur. Die asyn help om die kol klein te hou en verspoedig die genesingsproses.
♦♦♦
Vir kneusplekke kan jy rou vleis op die plek hou.
♦♦♦
Smeer samboksalf dik aan die kneusplek en maak toe met 'n lappie.
♦♦♦
Maak stysel en water aan tot 'n pap en sit op die kneus of stampplek - dit verhoed dat die kneusplek verkleur.
♦♦♦
Om te verhinder dat ’n bloukol vorm waar jy jou gestamp het, smeer onmiddellik botter aan.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)