Baie mense weet wat die algemene simptome van asma is, soos kortasem, maar weet nie van ander gevaartekens soos slapeloosheid, borspyn en ’n aanhoudende hoes nie.
Heelwat volwassenes sal later in hul lewe asma ontwikkel en sal lank daarmee sukkel voor hulle weet wat fout is. Die rede is dat hulle nie die tradisionele simptome het wat kinders gewoonlik het nie. Dit is dus belangrik dat ’n spesialis jou diagnoseer.
1 uit elke 200 volwassenes wat nog nooit in hul lewe asma gehad het nie gaan dit later in hul lewe kry. Volwassenes het gewoonlik die volgende simptome: (Die persentasie dui aan hoe algemeen dit voorkom. Die syfers is gebaseer op onlangse navorsing.)
Kortasem (89%)
Hyg na asem (85%)
Aanhoudende hoes (65%)
Borspyn (54%)
Slapeloosheid (51%)
Asma by volwassenes kan baie goed beheer word. Praat met jou dokter hieroor as jy vermoed jy het dit onder lede.
18.7.16
13.7.16
Skerpioensteke
Die gevaarlike skerpioene het klein knypers en groot sterte. Slagoffers word gewoonlik gesteek as hulle skerpioene versteur.
Simptome en tekens
Die steek is pynlik, maar duur slegs sowat 30 minute. Die gif kan die volgende gevolge hê:
• Stuiptrekkings
• Oormatige speekselafskeiding en sweet
• ’n Vinnige polsslag
• Belemmerde asemhaling

12.7.16
Mishandel, misbruik, misken
Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller.
Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers.
Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.
Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.
Mishandel, misbruik, misken is ook in Engels beskikbaar as Battered, abused, shamed.
Mishandel, misbruik, misken / Carla van der Spuy -- Lapa, sagteband. -- ISBN 9780799379594
Mishandel, misbruik, misken,
Bettie Blom,
12 Julie 2016.
2

Etikette:
Boeke
11.7.16
Baba-nabootsers leer kinders swangerskap is g’n grap
Dié lewensgrootte baba-nabootsers verteenwoordig verskillende gesondheidsprobleme onder meer babas wat gebore is met fetale alkohol sindroom (FAS) of babas wat breinskade opdoen omdat hulle erg geskud word. Die nabootsers word gebruik in ’n program om gr. 7-leerlinge eerstehands te laat ervaar dat dit geen grap is om ’n baba te hê nie.
6.7.16
Behandeling van ’n spinnekopbyt
Die basiese behandeling van ’n spinnekopbyt behels dat jy moet sorg dat die persoon se lugweg oop is en asemhaal. Pas kunsmatige asemhaling toe indien nodig. Maak ook die persoon gemaklik deur hulle in die herstelposisie te plaas – indien hulle nie hulp nodig het met asemhaling nie.
Sorg dat die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal kom. Hospitale het normaalweg die nodige teengif.
Sorg dat die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal kom. Hospitale het normaalweg die nodige teengif.
22.6.16
Behandeling van ’n haaislagoffer
Die belangrikste faktor vir die oorlewing van ’n slagoffer van ’n haaiaanval is doeltreffende noodbehandeling op die strand.
Die persoon moet so min as moontlik beweeg word. Na verwydering uit die water moet die persoon net buite bereik van die golwe neergelê word – nie verder nie.
Beheer die bloeding en behandel die persoon vir skok. Neem dan die persoon na ’n hospitaal.

20.6.16
Bekostigbare, natuurlike medikasie
Ons het jou hulp nodig in die ontwikkeling van bekostigbare, natuurlike medikasie vir Suid-Afrikaners. Beantwoord die 6 eenvoudige vrae. Geen persoonlike inligting wat jou kan identifiseer word ingesamel nie. Ons stel net belang in jou opinie.
Create your own user feedback survey
Create your own user feedback survey
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)