Nuwe navorsing het aan die lig gebring dat daar vyf tipes prostaatkanker is. Die bevindings gaan beslis verander hoe dokters prostaatkanker behandel.
Deur die onderskeie abnormale chromosome te bestudeer en die aktiwiteit van 100 verskillende gene wat met die kanker verbind word te meet kon hulle vyf verskillende tipes gewasse identifiseer.
Prostaatkanker is die mees algemene kanker wat by mans gediagnoseer word. Een van die navorsers, Prof. Malcolm Mason, het die volgende gesê oor prostaatkanker: “The challenge in treating prostate cancer is that it can either behave like a pussycat - growing slowly and unlikely to cause problems in a man's lifetime - or a tiger - spreading aggressively and requiring urgent treatment. But at the moment we have no reliable way to distinguish them. This means that some men may get treatment they don't need, causing unnecessary side effects, while others might benefit from more intensive treatment.”
“This research could be game-changing if the results hold up in larger clinical trials and could give us better information to guide each man's treatment - even helping us to choose between treatments for men with aggressive cancers. Ultimately this could mean more effective treatment for the men who need it, helping to save more lives and improve the quality of life for many thousands of men with prostate cancer.”
Die navorsers is van die Cancer Research UK Cambridge Institute en die Addenbrooke Hospital. Die studie is gepubliseer in EBioMedicine.
10.8.15
5.8.15
Behandeling van geinfekteerde wonde
1. Bedek die wond met ’n skoon, verkieslik steriele materiaal en bind vas met ’n verband.
2. Lig die beseerde deel en immobiliseer dit.
3. Neem die persoon na ’n hospitaal.
2. Lig die beseerde deel en immobiliseer dit.
3. Neem die persoon na ’n hospitaal.
29.7.15
Geïnfekteerde wonde
Alle oop wonde kan besmet word. Dit kan kieme wees wat verband hou met die oorsaak van die besering, uit die lug of van iemand se asem of vingers.
Sommige vullisdeeltjies word deur bloeding weggevoer van die beskadigde weefsel. Enige skadelike kieme wat agterbly word gewoonlik deur die witbloedselle in die bloed vernietig.
Normale noodhulp sluit die voorkoming van infeksie in.
Enige wond wat na 48 uur nog nie normaal begin genees nie kan geïnfekteer wees. Dit kan ernstige gevolge hê. Die kieme kan deur die bloedsomloopstelsel versprei na ander dele van die liggaam. Dit kan weefsel vernietig of selfs die pasiënt se dood veroorsaak.
Simptome:
• Toenemende pyn in die wond.
• Toenemende swelsel en rooi kleur in die wond saam met ’n warm gevoel.
• Etter kan uit die wond sypel.
• Koors, sweet, dors, bewerasie en slaperigheid.
• Swelsel en teerheid in die kliere.
• Dowwe rooi strepe wat in die rigting van die limfkliere loop – dit is geïnfekteerde limfvate. Dit word gewoonlik gesien op die vel of aan die binnekant van die arms of bene.

Etikette:
Wond
22.7.15
Behandeling vir geringe uitwendige bloeding
1. Spoel die wond liggies af met lopende water.
2. Gebruik ’n steriele depper en maak die omliggende vel skoon met water en seep. Vee weg van die wond af. Druk versigtig droog.
3. Oefen regstreekse druk uit indien daar bloeding is.
4. Verbind ’n klein wond met ’n pleister.
5. Lig en ondersteun die beseerde deel, tensy jy vermoed daar is ’n fraktuur.
6. As daar enige twyfel is oor die besering, kry mediese hulp.

20.7.15
Hoë-vet dieet nie goed vir jou brein
’n Hoë-vet dieet kan probleme veroorsaak in die dele van die brein wat jou motivering beheer. Volgens navorsers aan die Universiteit van Montreal het dit nadelige gevolge vir jou gemoedstoestand en verslawing. Volgens die verslag is dit veral versadigde vette wat die probleme veroorsaak.
Vir meer inligting lees Dampened mesolimbic dopamine function and signaling by saturated but not monounsaturated dietary lipids, gepubliseer in die joernaal Neuropsychopharmacology op 14 Julie 2015.
Vir meer inligting lees Dampened mesolimbic dopamine function and signaling by saturated but not monounsaturated dietary lipids, gepubliseer in die joernaal Neuropsychopharmacology op 14 Julie 2015.
16.7.15
Voorwerp in neus
As daar iets in iemand se neusgat vassit, moet jy die oop neusgat toedruk en hard in die persoon se mond blaas. Die voorwerp behoort uit te spring.
Etikette:
Neus
13.7.15
Geringe uitwendige bloeding
Meeste wonde is redelik klein en veroorsaak slegs geringe bloeding. Bloed kanwel uit alle dele van die wond sypel, maar dit hou gou vanself op.
’n Klein pleister is gewoonlik al wat nodig. Mediese hulp is slegs nodig as daar infeksie is.
Simptome:
• Pyn in die wond
• Geringe bloeding
Maak die wond sodra moontlik skoon en verbind dit.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)