Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

4.5.15

Verwagtende pa’s ervaar ook hormoonveranderinge

Navorsers wat ’n ondersoek ingestel het na hormoonveranderinge in verwagtende ma’s en pa’s het bevind dat nie net die moeder se hormone verander nie, maar ook die pa s’n.

29.4.15

Skeurwond

Die vel kan geskeur word as dit in aanraking kom met sekere voorwerpe, byvoorbeeld doringdraad, masjinerie of ’n troeteldier se naels.

Hierdie wonde is normaalweg minder ernstig as snywonde en bloei nie so erg nie. Die gevaar van besmetting is wel groter in so ’n sny.

28.4.15

’n Verband tussen swak gesondheid en swak sperm

’n Studie van meer as 9 000 mans met vrugbaarheidsprobleme het bevind daar is 'n sterk moontlikheid dat die man ander gesondheidsprobleme onder lede het.

Daar is ook bevind dat sekere mediese toestande, soos hoë bloeddruk, algemeen onder hierdie mans is.

Omtrent 15% van alle paartjies sukkel om swanger te raak. In die helfte van die gevalle is dit as gevolg van die kwaliteit van die man se sperm.

23.4.15

Kruie vir kwale: Swaminfeksie

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir swaminfeksies. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Laventel-olie help vir swaminfeksies. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.4.15

Snywond

’n Snywond word as ’n oop wond geklassifiseer. ’n Mes, skeermes of ’n papierrand kan ’n snywond veroorsaak. Hierdie tipe wonde kan erg bloei.

21.4.15

Oorgewig, vetsug en kanker

Oorgewig en vetsug dra jaarliks by tot 3.6% van alle kankersoorte wêreldwyd onder volwassenes. In meer ontwikkelde lande is hierdie persentasie so hoog soos 64%.

Die probleem is heelwat groter by vrouens as mans, as gevolg van kanker geassosieer met die baarmoeder en borskanker.

(Bron: International Agency for Research on Cancer)

20.4.15

Borrie met ontbyt help die geheue

Net 1 gram borrie saam met ontbyt help om die geheue te verbeter van persone wat in die vroeë fase van die ontwikkeling van diabetes is. Dit is die bevinding van ’n studie gepubliseer in die Asia Pacific Journal of Clinical Nutrition.

Dit is al bewys dat borrie ook help om die risiko vir demensie te beperk en inflammasie in die liggaam bekamp.