Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

10.2.15

Man se rookgewoonte kan nadelig wees vir toekomstige kinders

Daar is onlangse navorsing wat daarop dui dat indien ’n man rook, die die risiko groter is dat enige kinders wat hy in die toekoms verwek asma sal hê.

Daar is al heelwat studies met diere gedoen wat al hoe meer daarop dui dat enge nadelige blootstellings waaraan ’n man onderwerp word, gevolge het vir die kinders wat hy in die toekoms kan verwek.

Die navorsing is gedoen aan die Universiteit van Noorweë.

4.2.15

Noodhulp: Buikdrukking vir baba’s wat verstik

Plaas die baba op ’n stewige oppervlak met die kop in die ooplugweg-posisie. Plaas jou wysvinger en die lang vinger saam op die bobuik tussen die naeltjie en die borsbeen en druk met ’n vinnige voorwaartse en afwaartse beweging. Herhaal tot vier keer indien nodig. Elke druk moet net hard genoeg wees om die versperring los te maak.

3.2.15

Posisie van liggaamsvet kan risiko vir hoë bloeddruk verhoog

Persone met baie vet om hulle maag se kanse op hoë bloeddruk as diegene met vet elders op die liggaam.

Dit is algemeen bekend dat vetsug 'n bekende risikofaktor vir hipertensie, of hoë bloeddruk, en dat die ligging van vet op 'n persoon se liggaam kan lei tot 'n verhoogde risiko vir ander gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker.

Navorsing gepubliseer in die Journal of the American College of Cardiology het die verband tussen die posisie van liggaamsvet en hoë bloeddruk bevestig. Dit het ook aangedui dat ’n oormaat vet om die niere ook geneig is om hoë bloeddruk te veroorsaak.

2.2.15

Prostaatkanker en tamaties

Mans wat meer as 10 porsies tamaties per week eet het ’n laer risiko vir prostaatkanker.

Prostaatkanker is die tweede mees algemene kanker onder mans wêreldwyd.

Die Universiteite van Bristol, Cambridge en Oxford het amper 14 000 mans se diëte nagegaan vir die navorsing wat tot hierdie bevinding gekom het.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Cancer Epidemiology, Biomarkers and Prevention.

28.1.15

Noodhulp: Buikdrukking vir kinders wat verstik

1. Plaas die kind op jou skoot of laat hom / haar staan as hulle groot genoeg is. Plaas een arm om die buik. Maak ’n vuis en plaas die duim binnewaarts in die middel van die bobuik. Ondersteun die kind se rug met jou ander hand.
2. Druk jou vuis in die buik met ’n vinnige opwaartse en inwaartse beweging. Gebruik baie minder druk as wat jy sou vir ’n volwassene. Herhaal tot vier maal indien nodig. Die druk moet hard genoeg wees om die versperring los te maak.

Vir ’n bewustelose kind gebruik jy dieselfde metode as vir volwassenes, maar druk net met een hand.

27.1.15

Nuwe hoop vir die behandeling van algemene bloedarmoede

Daar is nuwe eksperimentele medikasie wat ontwerp is om die liggaam se yster-voorraad meer doeltreffend te reguleer en sodoende bloedarmoede die hoof bied.

Bloedarmoede (anemie) ontstaan wanneer daar ’n tekort aan rooibloedselle in die liggaam is of as die rooibloedselle nie doeltreffend funksioneer nie. Die liggaam verswak weens ’n tekort aan suurstof en yster. Die lyer word maklik moeg en ly gereeld aan uitputting. Gewoonlik is ’n ystertekort die oorsaak.

Die medikasie wat tans getoets word, lexaptepid, fasiliteer die verspreiding van yster via rooibloedselle.

Die aanvanklike uitslae van die navorsing met die nuwe medikasie is in die joernaal Blood gepubliseer.