Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.7.10

Sportbeserings

Die tipe beserings kan vinnig plaasvind of oor tyd ontwikkel. Pyn is altyd ´n aanduiding dat iets verkeerd is.

Rus tot die pyn verdwyn.

Raadpleeg ´n dokter indien pyn nie verdwyn nie.

(foto Lou Musacchio)

20.4.10

Gebore met mantelvliesbreuk

Manlik: 47 Pretoria

Gebore met mantelvlies breuk - of so word daar aan my vertel. Allerhande soort probleme wat nou nog nie ophou nie. Hierdie sluit in rumatiek verskynsels in my kinderjare; pitswere so lank ek kan onthou; hoofpyne; nierstene en verkoues.
Maar skielik het alles opgehou vir 'n tydperk van bietjie langer as 2 jaar (Middel 2007 - Oktober 2009). [wat het ek reg gedoen?]
Dit was die lekkerste tydperk in my lewe, maar skielik begin al die simptome weer in die middel van Januarie 2010.

Simptome: Pyn in die bors, hoofpyne, kort asem, en die doodgaan van linker-arm en vingers en swere enige plek op die liggaam, maar verkieslik naby die weggesteekte sweet organe - onder arms, lieste en net onder-die-naeltjie-lyn.

Medikasie (Medies): Vir mantelvlies = CLOPAMON Tab 10 mg(2xaand en soggens), PURBAC tab 480 mg(1xaand) en ULTAK tab 300 mg vir die sooibrand(1xaand). Vir die swere A LENNON DOXYCCLINE cap 100 mg antibiotika(1xaand) - wat goed werk vir swere.
Die simptome vir die vlies het net vererger en beslis nie verbeter nie.

Medikasie (homopaties)Vlies: BROMELAIN 500mg(1x); PANCREATINE Quadruple strength (1x) en CHAMOMILE druppels.
Wanneer hierdie gebruik word, kan verandering bespeur word binne 48 uur. Die druppels verlaag die spanning effens, maar met langer tydperke bring dit baie hulp in die beheer van asemhalings ens.

Persoonlike notas met 'n aanval:

Beheer asemhaling en MOET NIE paniekerig raak nie. Indien jy kan, staan regop. Staan met die rug teen die muur en stamp saggies die rug teen die muur totdat winde opgebring kan word. RENNIES en ENO's werk nie altyd nie, en moet versigtig gebruik word anders werk medikasie nie soos dit moet nie. Moenie buk nie. Moenie vinnige bewegings maak nie. Bly weg van die volgende kosse:

* Bye bye alkohol (ek drink natuurlik niks nie - rêrig!)
* Sigarette (ingeslote e-sig) - skuldig
* Suur kosse - tamaties, tamatie-basis souse, sitrus vrugte, nog-nie-ryp vrugte, asyn en asyn-agurkies en uitjies
* Gebakte en olierige kosse: shokolade (agge nee), suiglekkers, botter, mayonaise, weense worsies, salami, deeg en pasteie, volroom kaas
* Speserye soos swart peper, rissies, kerrie, mosterd, rou uie en knoffel en enige ander "wilde" speserye
* Carbonated (Uh?) dranke - dit sluit in fontein water met gas, coke en ander met gas.
** Hierdie help met die terug-vloei van gasse: kokao, koffie, lemoen sap (lemoensap help nie by my nie!)
** Eet meer veselkosse soos oats, appels, pere, gedroogte appelkose en ander groente.
* Vermy witbrood
* Vermy groot etes
* Hou op eet 3-4 ure voor slaaptyd

Indien jy nóg oorgewig is ná hierdie, verloor asseblief - maer mense kry minder pyn (uh?)

Groetnis
Jan

13.4.10

Hartsiektes

Die hart versprei lewensbelangrike suurstof en voedingstowwe deur die liggaam.

Om reg te funksioneer het die hart suurstof nodig. Die hart kry hierdie suurstof vanaf die koronêre arterieë (kroonslagare).

Daar is verskeie hartsiektes wat wissel van abnormaliteite van die hart tot die aanpak van die kroonslagare.

Die grootste oorsaak van sterftes veroorsaak deur hartsiektes in die Westerse wêreld is die aanpak van weefsel in die koronêre arterieë. Die arterieë vernou in die proses en die hart ontvang nie meer die nodige suurstof nie. Pyn en hartaanvalle is die gevolg van die vernouing van die are.

Daar is verskillende soorte medikasie om hartsiektes te behandel. Ander behandelings sluit in chirurgie.

Kontak dadelik jou dokter indien jy vermoed jy ly aan 'n hartsiekte.

9.4.10

Stuipe

My seuntjie kry stuipe as hy koors kry.

My dokter het vir my gesê dat as daai koors begin dan trek jy alles uit ... tot die doek en as jy lugversorging het dan sit jy dit aan of in die kar of ´n waaier al is dit in die middel van die winter want longontsteking kan hulle behandel maar nie breinskade nie ... stuipe is baie gevaarlik, dit versper die suurstof na die brein wat dan breinskade veroorsaak.

Sterkte ek weet wat dit is om ´n hele nag so by hulle onder lugversorging te sit en waak.

bydrae: Charnelle

14.3.10

Pleister wat kanker stop

'n Pleister wat velkanker stop is onlangs in Brittanje onthul. Die pleister skei chemikalieë af wat dodelik is vir die velkankerselle.

Die Ambulight-pleister se sukseskoers is 90% sover.

18.2.10

Galblaas

Die galblaas is 'n blaas aan die lewer waarin gal, wat nie dadelik benodig word vir spysvertering nie, opgeberg word.

14.1.10

Dismenoree

Ons ontvang heelwat vrae in verband met pynlike maandstonde. Hier volg 'n kort opsomming. Raadpleeg jou dokter vir 'n diagnose.

Meeste vroue ervaar een of ander pyn of krampe as gevolg van hul maandstonde in hul leeftyd. Erge pyn gaan soms gepaard met diarree, hardlywigheid of naarheid.

Ligte krampe is gewoonlik as gevolg van 'n chemiese wanbalans. Erge pyn kan egter die gevolg wees van endometriose, siste, bekken infeksie of fibroïed tumore.

Pynpille is gewoonlik die oplossing vir ligte pyn en krampe. Daar is medikasie spesifiek vir menstruele pyn. 'n Warm bad of oefening help ook. Gaan onmiddellik dokter toe indien die pyn baie erg is.



(foto: Polina Zimmerman)