Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

7.1.10

Rook

Mense geniet tabakrook deur dit in te asem en uit te blaas. Rook is uiters nadelig vir jou gesondheid.

Boereraat:

Piesangs kan jou help om op te hou rook. Dit bevat Vitamine B6, B12, magnesium en kalium, wat help met onttrekkingsimptome.

♦♦♦

Verwyder nikotienvlekke van jou hande met suurlemoensap.

30.12.09

16.12.09

Bly gesond oor Kersfees

Hoe hou jy jou gesondheid in stand oor Kersfees met al die versoekings in die rondte? Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen om jou deur die feesseisoen te help en die slegte spysvertering en hoofpyne te verminder.

Sê nee vir suiker! 'n "Nee dankie" een of twee keer wanneer die koekbord verby kom sal wondere verrig vir jou middellyf se mate.

Probeer om nie te veel af te wyk van wat jy normaalweg eet nie. Moet nie oorweldig word deur al die lekkernye nie. Probeer hou by wat jy altyd eet en drink. Soek tussen die lekkernye vir iets wat jy altyd sou eet daardie tyd van die dag.

In plaas van aartappelskyfies en sjokolade kan jy aan vrugte en neute peusel. Wanneer jy lus raak vir sjokolade kan jy 'n goeie kwaliteit donker sjokolade geniet, dit bevat minder suiker en is ryk aan yster.

Indien jy baie alkohol gebruik moet jy probeer om 'n glas water vir elke glas alkohol te drink. Neem ook elke dag 'n ekstra 2 000 mg vitamiene C.

Oefen! Vakansie is 'n ideale tyd om te begin oefen. Gaan stap op die strand of verken jou buurt saam met die honde tydens sonsopkoms.

Maak seker dat jy elke dag jou dosis groente en vrugte kry! Dit hou jou gesond en maak jou minder lus vir die versoekings.

25.11.09

Geboorte skenk


Indien jy binnekort geboorte skenk en nog nie besluit het oor hoe jy dit wil doen nie, hier is die opsies:

Natuurlike geboorte

Geboorte met pynverligting
Normaalweg met behulp van 'n epiduraal (wanneer medikasie in die limfruimte tussen die twee blaaie van die harde rugmurgvlies ingespuit word om die geboortepyne te verlig)

Keisersnee
Wanneer die baba onder lokale verdowing deur 'n sny in die buikholte- en baarmoederwand uitgehaal word.

Watergeboorte
Waar die moeder geboorte skenk aan die baba in 'n bad vol warm water.

18.11.09

Geboortebeperking

BufferGel is ´n geboortebeperkingsmiddel wat ontwerp is om seksueel oordraagbare siektes te bestry. Die jel is ontwikkel deur navorsers van The Johns Hopkins University en ReProtect LLC. BufferGel word vaginaal toegedien.

11.11.09

Oggendnaarheid

BOERERAATS

* Eet 'n piesang vir oggendnaarheid (morning sickness) wat met swangerskap gepaard gaan.

23.10.09

Ontsnap van depressie

Ontsnap van depressie is die eerste Afrikaanse titel sedert die 1980's wat omvattende inligting bied oor die simptome, oorsake en uitwerking van depressie. Dit werp lig op die jongste navorsing, asook maniere om depressie te beheer en dit uiteindelik te oorkom.