Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Geboortebeperking. Show all posts
Showing posts with label Geboortebeperking. Show all posts

5.12.11

Vrae oor geboortebeperking


Natashia skryf: "Goeie dag! Ek voel eintlik baie skaam om so iets te vrae maar laat ek maar my trots in my sak steek. Ek is 23 jaar oud en het 'n probleem. Ek't omtrent so 'n week terug my maanlikse menstruasie siklus gehad en dit het so week geduur toe's dit verby en 3 dae het verby gegaan toe begin ek weer van vooraf te menstrueer en dis nou alweer 'n week wat dit voortduur en het nog nie opghou nie. Ek's baie bekommerd want ek 's die heletyd moeg en naar. Ek't self 'n swangerskap toets gedoen maar dit wys negatief. Ek was op die voorbehoed pil Triphasil maar dit was net vir omtrent 'n maand gewees so ek weet nie of dit enigsins 'n invloed het nie. Hoop jy't vir my raad."
Antwoord: Dit kan as gevolg van die Triphasil wees. Dit behoort egter na 'n maand of twee op te hou. Jy sê ongelukkig nie hoe lank terug jy op Triphasil was nie. Indien jou simptome nie verbeter nie moet jy 'n dokter gaan spreek.

Juls skryf:
"Ek is 20 jaar oud en nou so 2 of 3 weke op die 3 maande inspuiting. Is dit moontlik dat ek nog kan swanger word?"
Antwoord:
Nee, die inspuiting werk onmiddelik.

Onseker skryf:
"Ek wil graag weet of daar enige moontlikheid is dat jy nog kan swanger raak sodra jy met die inspuiting begin? Ek het al vir 2 inspuitings gegaan vandat ek begin het daarmee en is net 'n bietjie onseker of daar nog moontlik eierselle kan geproduseer word?
Antwoord:
Die inspuiting werk beter as die pil. Net sowat 2 uit elke 1000 vroue wat die inspuiting gebruik raak verwagtend. Dit werk onmiddelik.

Karen skryf:
"Ek is 35 jaar, en het 2 pragtige dogtertjies. My geboorte-beperking geskiedenis is as volg. Ek was omtrent 8 jaar op Trivasil, en het omtrent 1 - 2 jaar gelede 'n geneesheer besoek omrede ek moeg en "af" gevoel het. Hy het aan my gese dat Trivasil wel 'n hormoon bevat wat soms vroue se gemoed kan beinvloed; en voorgestel dat ek 'n intra-apperaat moet kry, wat minder hormoon vrystelling sal he. Ek kan wel die verskil op my gemoed voel, nadat ek van die pil af is en die apparaat gekry het, maar daar-in-teen is my menstuasie siklus swaar, met baie ongemak en pyn. Ek ervaar selfs tydens ovulasie ongemak, en ervaar die grootste deel van die maand 'n afskeiding. My vel word ook daardeur geaffekteerd en tydens ovaluasie en menstruasie kry ek op my ouderdom steeds puisies! Ek is op 'n plaas, en die gemak vir my om egter op hierdie manier "veilig" te wees, het my maar tot dusver laat uithou. Ek is ook versigtig vir die inspuiting; - uit stories wat ek al gehoor het. Ek is nog nie gereed vir steralisasie nie, aangesien ek nog nie seker is of ek klaar is met my gesin nie. Ek weet ook agv my ouderdom dat ek binnekort hieroor ook 'n besluit moet neem, maar is nog onseker. Watter ander vorm van geboortebeperking kan jy aanbeveel. Hoe beinvloed die ouderdom van 'n vrou 'n swangerskap, en wanneer is dit wys om nie meer swanger te raak nie. Ek weet dat vrouens 40+ al pragtige babas in die wereld gebring het, maar wat is veilig?"
Antwoord:
Soos reeds genoem is geboortebeperking 'n persoonlike keuse. Elkeeen van ons se liggame is anders en het ander behoeftes. Hierdie is 'n besluit wat jy saam met jou dokter moet neem na gelang van jou persoonlike gesondheid en daar is geen rede hoekom jy hoef bang te wees om die inspuiting te probeer nie.
Dit is so dat hoe ouer 'n vrou is hoe groter is die kans dat daar fout kan gaan met swangerskap. Gelukkig het die mediese wetenskap ook so gevorder dat "ouer" vroue nou suksesvol geboorte skenk. Maar dit bly 'n geval van eerder vroeër as later.

Annaliza skryf:
"Ek wil weet watter een is die beste die pil of die inspuiting."
Antwoord:Dit hang van persoon tot persoon. Jy kan vir 'n algemene ondersoek gaan en jou dokter vra om 'n aanbeveling te doen. Indien jy baie vergeetagtig is sal ek dink jy moet eerder die inspuiting gebruik.

Michelle vra:
"Ek is op die pil nou al 4 maande lank en wil weet of 'n swangerskap toets effektief is as ek nog op die pil is. Ek doen self een elke maand want ek is baie vrugbaar en wil weet of ek nog dit die hcl inhoud in my uriene nog steeds wys as ek op die pil is?"
Suster:
As mens swanger raak, verander dit die hormoonvlakke in die bloed. Die sal dan wys in jou uriene. Al is jy op die pil, sal dit steeds wys.

Anoniem vra:
"As jy die pil vergeet vir hoe lank is jy onveilig en hoe maak die kleur pilletjie ´n verskil?"
Suster:
Jy sal onveilig wees totdat jy weer ´n normale menstruasiesiklus gehad het. Tot dan is dit beter om ander voorsorg te tref. Die enigste tyd wat dit nie saak maak dat jy die pilletjie vergeet nie is die tyd wat jy in die rooi van die pakkie is m.a.w. wanneer jy menstrueer.

Mara skryf:
"Ek het twee maande terug ´n pil gemis - dit was omtrent a week voor my menstruasie - ek het heeltemal vergeet - het dit heel uitgelos en aangegaan met die res van die pille - ek het toe a kort menstruasie gehad. Ek het die menstruasie pille toe geskip en geen gewone menstrusie weer gehad nie. Daarna het ek ´n nuwe pakkie begin - nie op die rooi nie waar mens met ´n nuwe pakkie gewoonlik begin nie maar op die eerste pil na die rooi... ek dink ek het nou alles deurmekaar gemaak - ek is nou aan die einde van die pakkie en het nog steeds geen menstruasie. Kan ek begin swangerskap toetse doen of het ek nou weereens my menstruasie geskip met die deurmekaat pil drinkery? Ek gebruik Minesse omtrent 10 maande lank al."
Suster:
Daar is ´n moontlikheid dat jy swanger kan wees. Voordat jy aangaan met die pille, stel ek voor dat jy eers ´n swangerskapstoets doen aangesien dit wel probleme kan veroorsaak as jy aangaan met die pil en reeds swanger is. Om een pilletjie te vergeet sal gewoonlik nie jou hele siklus omver gooi nie. Indien jy negatief toets vir swangerskap, gaan net normaalweg aan met die pil en jou siklus sal regkom. Dalk moet jy eerder die inspuiting oorweeg as jy geneig is om te vergeet om die pil te neem. Dit is belangrik dat die pil op min of meer dieselfde tyd elke dag geneem word.

Anoniem skryf:
"Ek het twee keer swanger geraak op Trivasil. Ek het ook gesukkel met Loette, Nordette en Yasmine. Ek het al die newe-effekte van die pille opgedoen. Kan jy vir my raad gee vir enige ander voorbehoeding of voorbehoedpil?"
Suster:
Dit is baie moeilik om jou raad te gee, aangesien jy nie noem wat die newe-effekte is wat jy ervaar nie. Wat die Triphasil betref: geen pil is 100% veilig nie en dit is ook baie belangrik dat jy dit reg gebruik. Het jy al een van die inspuitings probeer? Dit sal dalk beter wees as jy ´n doter gaan sien en eers jou hormoonvlakke laat nagaan voordat jy weer op ´n ander pil gaan. Onthou ook dat jy vir ten minste 3 maande op een tipe pil moet wees voordat jou hormone aangepas sal wees. Kan dit dalk wees dat jy nie geduldig genoeg is nie en van die een pil na die ander verander sonder om genoeg kans te gee?

Anoniem skryf:
"Ek het die pil Maart 2003 gelos. My siklus was so 30/31 dae, maar Augustus/September was dit 23/24 dae. Hierdie maand is ek reeds by my 27ste dag en menstueer nog nie. Ek het ´n swangerskap toets gedoen wat negatief was. Is dit moontlik dat ek die toets te vroeg gedoen het? Kan daar steeds ´n moontlikheid wees dat ek swanger is? Of moet ek maar eers wag en kyk wat gebeur na 31/32 dae?"
Suster:
Dit lyk asof jy die toets dalk te vroeg gedoen het. Wag tot die tyd om is vir jou normale siklus 30/31 dae. Indien jy dan ten minste 10 dae laat is kan jy die toets herhaal.

Susan skryf:
"Hoe lank bly antibiotika in jou sisteem, en hoe lank werk dit teen die pil, m.a.w. hoe lank is ´n vrou nie "veilig" nie."
Suster:
Jy sal eers weer veilig wees na jou volgende menstruasie. Gebruik dus ander metodes van voorbehoeding as jy nie wil swanger raak nie.

Anoniem skryf:
"Ek is nou al amper 2 maande op die voorbehoed pil. Ek weet so ´n paar dinge maar sal egter meer wil weet. Onder andere sal ek wil weet wat die kanse op swangerskap is. My kêrel geniet dit om binne in my te ontlaai. Gee my asseblief raad."
Suster:
Die pil is 98% veilig, indien dit reg geneem word en ´n paar reëls nagekom word.
1. Neem dit gereeld op min of meer dieselfde tyd elke dag.
2. Gebruik kondome of ander voorbehoeding as jy antibiotika gebruik, tot jou volgende normale menstruasie.
3, As jy diarree of braking het, doen dieselfde as in nr. 2.
4. As jy EEN pil oorslaan, neem dit so gou as wat jy onthou, al is dit saam met die volgende dag s´n. Neem aan dat jy NIE dan veilig is nie, en tref voorsorg.

Belinda skryf:
"Ek neem reeds vir 6 jaar die Voorbehoed Pil, en gaan trou aan die einde van volgende jaar. Natuurlik, is kinders een van die onderwerpe van bespreking. Sal die feit dat ek reeds so lank op die pil is, my kanse van swangerskap beinvloed? En wanneer ek ophou om die Pil te neem, hoelank sal dit min of meer vat voor die effek daarvan uitgewerk is?"
Suster:
Die tydperk wat jy op die pil was behoort nie enige effek te hê op jou kanse om swanger te raak nie. Dit kan egter drie tot ses maande neem vir jou hormone om na "normaal" terug te keer. Onthou dat die pil jou hormone op ´n sekere vlak gebring en gehandhaaf het. Die oomblik as jy die pil los, sal daar ´n verandering wees in die hormoonvlak en moet dit weer terugkeer na die staat waarin dit verkeer het voor die pil. Dit kan ongereelde menstruasie, bloeding tussen menstruasie en pyn tydens menstruasie meebring. Hou egter moed: dit sal wel weer regkom. Sterkte.

Suster het die volgende vraag gekry:
"Ek wil net weet, ek gebruik die inspuiting,en ek het nogal baie gewig aangesit. Na hoe lank nadat ek die inspuiting nie meer gebruik nie sal ek begin gewig verloor?"
Suster:
Die effekte van die inspuiting werk uit na 3 tot 6 maande. Jy behoort dan makliker gewig te verloor. Sterkte!

Thia vra:
"Hoe lank na die Pil gelos is sal jou maandeliks periode terugkeer na normaal?"
Suster:
Ek neem aan dat jy probleme gehad het met die pil. Dit maak nie ´n verskil nie. Omdat die pil ´n sekere vlak van hormone handhaaf, word dit versteur as jy die pil los. Dit kan tot 3 maande neem vir die hormone om terug te keer na normaal.

18.11.09

Geboortebeperking

BufferGel is ´n geboortebeperkingsmiddel wat ontwerp is om seksueel oordraagbare siektes te bestry. Die jel is ontwikkel deur navorsers van The Johns Hopkins University en ReProtect LLC. BufferGel word vaginaal toegedien.