Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.12.09

Bly gesond oor Kersfees

Hoe hou jy jou gesondheid in stand oor Kersfees met al die versoekings in die rondte? Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen om jou deur die feesseisoen te help en die slegte spysvertering en hoofpyne te verminder.

Sê nee vir suiker! 'n "Nee dankie" een of twee keer wanneer die koekbord verby kom sal wondere verrig vir jou middellyf se mate.

Probeer om nie te veel af te wyk van wat jy normaalweg eet nie. Moet nie oorweldig word deur al die lekkernye nie. Probeer hou by wat jy altyd eet en drink. Soek tussen die lekkernye vir iets wat jy altyd sou eet daardie tyd van die dag.

In plaas van aartappelskyfies en sjokolade kan jy aan vrugte en neute peusel. Wanneer jy lus raak vir sjokolade kan jy 'n goeie kwaliteit donker sjokolade geniet, dit bevat minder suiker en is ryk aan yster.

Indien jy baie alkohol gebruik moet jy probeer om 'n glas water vir elke glas alkohol te drink. Neem ook elke dag 'n ekstra 2 000 mg vitamiene C.

Oefen! Vakansie is 'n ideale tyd om te begin oefen. Gaan stap op die strand of verken jou buurt saam met die honde tydens sonopkoms.

Maak seker dat jy elke dag jou dosis groente en vrugte kry! Dit hou jou gesond en maak jou minder lus vir die versoekings.

No comments :

Post a Comment