Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.7.19

Follikulitis

Dit kom algemeen voor en is as gevolg van die haarsakkie wat ontsteek, gewoonlik as gevolg van ’n bakteriële of fungus infeksie. Dit is nie lewensgevaarlik nie, maar dit kan soms lelike sere veroorsaak. Ingroei hare is een tipe.

Simptome
Klein rooi knoppies of wit puisies rondom haartjies. Dit kan later blasies vorm wat oopbars en rowe vorm. Vel jeuk.
Vel wat pyn.
Dit kan ook ’n groot knop vorm.

Behandeling
Mens kan dit probeer verhoed deur nie vreeslike stywe klere te dra nie. Deur minder te skeer, indien jy dit doen en wanneer jy skeer baie versigtig te werk te gaan. Was jou ook met warm water en antibakteriële seep voor jy skeer. Skeer in die rigting wat die hare groei. Spoel die skeermes tussendeur af met warm water. Sorg ook dat jy nie vuil baddens of swembaddens gebruik nie.
Besoek ’n dokter indien dit nie verdwyn na ’n paar dae nie. Behandeling bestaan gewoonlik uit ’n antibiotiese room of ’n anti-fungus room.

Boereraat:

'n Boereraat is 'n koppie appelasyn by jou badwater. Dit help om die vel te beskerm teen infeksie en daai puisies op die boude.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.7.19

Die nuwe robot verpleegster

Hospitale in Texas, Amerika het ’n robot-assistent vir verpleegsters getoets en dit blyk ’n baie gewilde besluit te wees. Die ontwikkelaars van dié tegnologie het nou saam met verpleegsters en ander mediese personeel gewerk voor hulle die robot, Moxi, begin bou het. Die robotte verrig soveel roetinetake as moontlik, byvoorbeeld die vervoer van monsters na laboratoriums, die aanvulling van medisyne voorraad en die voorbereiding van kamers vir nuwe pasiënte.

Niemand hoef vir die robot ’n opdrag gegee nie. Hulle is verbind aan die hospitaal se netwerk en weet outomaties daar is werk, soos die status van pasiënte op die stelsel verander.

Die nuwe verpleeghulp verlig die druk op die reeds oorwerkte verpleegsters om beter te fokus op die versorging van pasiënte.

Die robotte sal later vanjaar by ’n paar hospitale in Texas in diens geneem word.



18.7.19

Kruie vir kwale: Skilfers

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Vir olierige hare met skilfers kan jy roosmaryn-olie gebruik. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Kruisement-olie help ook teen skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Laventel-olie help ook teen skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Olie van die malvaplant kan ook gebruik word as 'n teenvoeter vir skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Vir olierige hare met skilfers kan jy bergamot-olie gebruik. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

15.7.19

Wil jy jou drome onthou?

Nuwe navorsing aan die Universiteit van Adelaide het bevind dat vitamien B6 mense kan help om hul drome te onthou.

Vitamien B6 beïnvloed nie die helderheid, kleur of ander aspekte van drome of slaappatrone nie.

Dit kom natuurlik voor in verskillende kosse, insluitende graan, peulgewasse, vrugte (soos piesang en avokado), groente (soos spinasie en aartappel), melk, kaas, eiers, rooivleis, lewer en vis.

8.7.19

’n Seer tong

’n Seer tong kan verskeie oorsake hê. ’n Baie algemene oorsaak is ’n voedingstekort, byvoorbeeld ’n gebrek aan vitamien B en yster. Gaan vir ’n bloedtoets om vas te stel watter tekorte jy het. Dit sal ook toon of jy diabetes onder lede het, nog ’n moontlike oorsaak.

Maar dan is daar nog talle moontlikhede, byvoorbeeld jou medikasie, veral bloeddruk medikasie en waterpille, ’n droë mond, sproei, sooibrand, tandvleis infeksie, rook, en ’n allergie vir tandepasta of mondspoelmiddels.

’n Mediese diagnose is dus nodig om uit te vind wat jou probleem veroorsaak.

24.6.19

Vis jou vriend teen Parkinson se siekte

Navorsing aan die Chalmers Universiteit van Tegnologie in Swede het ’n moontlike verband gevind tussen ’n proteïen wat in groot hoeveelhede in verskeie verskillende visspesies aangetref word en langtermyn-neurologiese gesondheid. Meer spesifiek het dit getoon dat dié proteïen die vorming van sekere proteïenstrukture voorkom, die strukture hou nou verband met Parkinson se siekte.

Vis word lank reeds beskou as gesonde voedsel, veral met betrekking tot verbeterde langtermyn kognitiewe gesondheid, maar die redes hiervoor is onduidelik. Omega-3 en -6, vetsure, wat algemeen in vis voorkom, word dikwels die erkenning hiervoor gegee en dan ook so wyd bemark. Die wetenskaplike navorsing hieroor kom egter tot gemengde gevolgtrekkings. Die nuwe navorsing van Chalmers toon nou dat die proteïen, wat baie by baie visspesies voorkom, ’n groot bydrae lewer tot die gesondheidsvoordele van vis.

Parkinson se siekte kan dus nou ook beveg word met vis, veral haring, kabeljou, karp en salm.



(foto: Johan Bodell / Chalmers Universiteit van Tegnologie)

10.6.19

Respiratoriese sinsitiale virus

Respiratoriese sinsitiale virus (RSV) is die hoofoorsaak van akute respiratoriese infeksie (ARI) by kinders en dit is verantwoordelik vir ernstige probleme wat jonger kinders se dood kan veroorsaak.

Die virus veroorsaak normaalweg infeksies in die winter en dit manifesteer gewoonlik in babas tussen die ouderdomme van 2 en 6 maande. Teen die ouderdom van 2 jaar het meeste kinders al die virus onder lede gehad. Die virus versprei gewoonlik van persoon tot persoon, en daar is bevind dat kinders van ouers wat rook meer vatbaar is. Die voorkoms van die virus is laer onder babas wat borsmelk drink.

Infeksie deur RSV lei tot siektes soos brongitis en longontsteking.

Simptome en tekens
• Longe wat hoorbaar sukkel om te funksioneer.
• Moeisame asemhaling.
• Die kind word gou moeg en tam.
• Hoes.