’n Seer tong kan verskeie oorsake hê. ’n Baie algemene oorsaak is ’n voedingstekort, byvoorbeeld ’n gebrek aan vitamien B en yster. Gaan vir ’n bloedtoets om vas te stel watter tekorte jy het. Dit sal ook toon of jy diabetes onder lede het, nog ’n moontlike oorsaak.
Maar dan is daar nog talle moontlikhede, byvoorbeeld jou medikasie, veral bloeddruk medikasie en waterpille, ’n droë mond, sproei, sooibrand, tandvleis infeksie, rook, en ’n allergie vir tandepasta of mondspoelmiddels.
’n Mediese diagnose is dus nodig om uit te vind wat jou probleem veroorsaak.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 149 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment