Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.12.16

Maak só tydens ‘n noodgeval in die water

Indien iemand in die water in die moeilikheid beland:

1) Kry die persoon onmiddellik uit die water.
2) Ontbied hulp deur bv. 084 124 te skakel.

14.12.16

Vlakke van bewusteloosheid

Bewusteloosheid is die gevolg van die versteuring van breinfunksies. Die erns van die toestand word gewoonlik bepaal deur die persoon se reaksie op sekere stimuli, soos byvoorbeeld klank en aanraking.

Bewustelose persone moet so gou as moontlik by ’n hospitaal kom.

Daar is verskillende vlakke van bewusteloosheid. Die eerste vlak is ’n persoon wat nog volle bewussyn toon:

1. Normaal op vrae en ’n gesprek reageer.

2. Beantwoord slegs regstreekse vrae.

3. Beantwoord vrae vaagweg.

4. Kan bevele gehoorsaam, byvoorbeeld: “Beweeg jou vingers.”

5. Reageer slegs op pyn.

6. Reageer glad nie.

(skildery: “Flaming June” deur Frederic Lord Leighton, 1895)

7.12.16

Dagga toe nie so skadelik vir volwassenes nie

Selfs na baie gereelde gebruik blyk dit dat die impak van dagga op die liggaam minimaal is vir iemand onder 40 jarige ouderdom.

Dit is die bevinding van ’n studie wat onlangs gepubliseer is in die joernaal JAMA Psychiatry. Meer as ’n duisend mense tussen die ouderdomme van 18 en 38 is betrek by die navorsing. Nie net is die plant nie so skadelik nie, dit toon klein gesondheidsvoordele soos laer cholesterol. Die enigste negatiewe effek is aanpksels en verkleuring van tande wat soms voorkom.

Dieselfde groep navorsers het voorheen navorsing gedoen oor die gebruik van die plant onder tieners. Hulle het bevind dat dit die intelligensie koëffisiënt van ’n tiener met tot 8 punte kan verminder. Dieselfde gebeur egter nie met volwassenes nie.

30.11.16

Die outonome senuweestelsel

Die outonome senuweestelsel is ’n netwerk van senuwees wat onwillekeurige spiere beheer. Dit is spiere wat noodsaaklike funksies van die liggaam soos sirkulasie, asemhaling en spysvertering reguleer. Die stelsel werk aanhoudend, of die persoon nou wakker is of slaap. Dit hou selfs aan wanneer die res van die brein doodgaan.

25.11.16

8 feite oor die nuwe Christiaan Barnard-gedenkhospitaal

“Dit is ’n hospitaal van eerstes,” sê dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van die Netcare-hospitaalgroep, oor die nuwe hospitaalgebou wat langs die N1 in die Strandgebied van die stad geleë is. Die hospitaal open op 5 Desember.

23.11.16

Die senustelsel

Die senuweestelsel bestaan uit die brein, die rugmurg en senuwees.

Die brein bestaan uit ’n massa senuweeselle. Hierdie selle ontleed sensasies en gee bevele aan die spiere. Die brein dryf in ’n vloeistof en is omring deur die skedel. Dit beskerm die brein teen beskadiging.

Die rugmurg bestaan uit ’n massa senuweevesels wat aan die brein verbind is deur ’n opening aan die basis van die skedel. Hierdie vesels loop deur die nek en die ruggraat.

Laastens is daardie randsenuwees. Dit kom voor in pare, ’n motoriese senuwee en ’n sensoriese senuwee. Die sensoriese senuwee vervoer sensasies na die brein en die motoriese senuwee bring bevele vanaf die brein.

(grafika: Blausen Medical Communications, Inc)